Dis nie meer snaaks nie!!!!

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by Jakkalsgat »

Ek het hierdie geskryf en vir Weg tydskrif ingestuur maar was dit blykbaar nie vir sensitiewe lesers goeie leesstof nie en het hulle dit net op hulle elektroniese weergawe gelaai. Dis lank maar lees lekker, ek het my verbeel ek het dit al hier geplaas maar ek kry dit nie vanoggend nie. Ek plaas dit onder boereraad vanoggend want snaaks is dit nie vanoggend vir my nie.

Geniet

Gout werk so, of jy het dit al gehad of jy het nie. Daar is nie ?n ding soos ek dink so nie, as jy al gout gehad het weet jy ,jy het gout gehad en vrees jy die volgende aanval. Dit is iets heeltemal erger as enige kindersiekte of ander siekte wat jy al ooit gehad het. Ek vermoed dat dit ?n siekte is wat uitgedink is vir mans omdat hulle nie kan kraam nie. Bowenal het ek al begin dink dat SARS iets hiermee te doen het omdat almal wat kla oor die sogenoemde sondebelasting op alkohol, sigarette en alle ander goed wat lekker is val onder die mees algemene slagoffers van hierdie genadelose verskyning. Verder dink ek dat dit geen toeval is dat gout en outch (uitroep van pyn) drie letters deel nie. Daar is ook ?n afrikaanse woord vir gout, Jig wat heeltemal onvanpas is en eerder beskrywend is van die badkamer van een of ander derderangse vulstasie langs ?n openbare pad. Aanvanklik en wanneer jy gout vir die eerste keer kry is dit gewoonlik in jou toon of enkel en voel dit kompleet of jy jou toon gebreek of enkel geswik het. My bekendstelling aan hierdie onnodige pynlike ervaring het dan ook min of meer op dieselfde manier begin.
Ek staan een oggend na ?n naweek se gekuier by die viswaters saam  met die pelle, die gespuis soos vroulief hul noem, op met ?n seer toon, ek vermoed ek het in my toestand van oorbediening oor iets geval of hom teen iets geskop sodat hy nou gebreek is. My regter groot toon is gevaarlik dik geswel en verskriklik rooi, later begin ek dink my skoonma se dogter het iets hiermee te doen want as sy te vinnig by die bed verby loop voel ek die polsende pyn raak erger maar selfs sy begin my later jammer kry. Ek loop met hierdie pyn of gebrek in my toon vir ?n paar dae voordat ek by die dokter uitkom en ek hom smeek om my te stuur vir x- strale. Hy besluit hy wil eers self kyk en maak my sit/l? op ?n bed wat deur een of ander grapjas gebou is, die bed is te kort, te smal, en te hard en die helfde van my hang iewers tussen die vloer en die bed. Dok begin met sy ondersoek, omtrent die enigste ding in die hele plek wat  reg beskryf word want hy begin onder soek, by my voete, terloops,  Bekkenbeen het niks met jou mond te doen nie, hy druk hier draai daar en vir een of ander duisterre rede luister hy na my hart of longe en moet ek vir hom ?n watermonster passeer  in ?n glas met dieselfde vorm as die waaruit ek  my bier drink by die huis, moet s?, ek het al amper ?n monster gepasseer toe hy aan my toon gedruk het. Hy roer my monster met ?n kartonstrokie, wag ?n oomblik waarin hy na die strokie staar, hmm protein telling is te hoog en dit dui op ontsteking, s? hy. Kyk Dok s? ek, ek is hier vir my toon nie my blaas nie en as my vrou blaasontsteking kry loop sy nie so kruppel nie! Hy ignoreer my opmerking en vra, het jy al gout gehad? Dok jong ek weet nie, ek weet van pampoentjies toe ek al groterig was en ek moes stywe onderbroeke dra en wegbly van water af om te keer vir kalbassies en een of ander siekte wat varke ook kry maar gout, nee Dok, ek sal my Ma moet vra. Nee man, begin hy verduidelik dit is ?n mediese toestand wat terug dateer sowat 2000 jaar en word ook rykmansiekte genoem en hy lag daaroor, nou kyk,  dit is pure nonsens want ryk was ek nog nooit, het miskien al bietjie geruik na so week in die jagveld maar ryk, nie ek nie. Dok sal jy die toon kan red of moet dit geampiteer word, vra ek half vies. Iets wat ek so terloops al self oorweeg het en sommer self sou uitvoer ook as ek net geweet het dit sal werk!  Jong s? hy, ons sal jou suur moet afkry, jou uriensuur is te hoog!  Hy moet tog net nie dat my vrou dit hoor nie, sy s? hoeka ek is party dae so suur sou ek aan ?n suurlemoen byt trek die ?n gesig, dink ek by myself. Verduidelik vir my ek moet  rooivleis vermy en eerder vleis eet wat begin met v klanke naamlik, vis vark en fff wel, hoender (moet seker vo?l wees) en vra wat ek drink, het lus gehad om te vra wat hy het maar bedink my betyds en s? toe maar bier waarop hy toe aanbeveel dat ek dit ook maar moet beperk. Met ?n lam boud van ?n beesspuit wat hy my gegee het en ?n voorskrif en leestof oor jig in my hand hink ek daar weg en voordat ek nog by die apteek kom  voel ek  die ding begin al beter voel. Die apteker verduidelik dat hy nie van die klein wit pilletjies het nie maar dat hy vir my die groter pienkes sal gee en dat ek hulle moet in die helfde breek en gebruik soos die etiket s?, ek moet die pille ook net gebruik totdat die gout opgeklaar is of my maag begin spoel. Met ?n sakkie vol pille en instruksies om dit te gebruik loop ek al makliker daar weg en toe ek buite kom, sien ek die mansapteek is nog oop en koop toe maar vir my ?n paar Millers net vir ingeval die gespuis kom kyk of ek die siekte sal oorleef en ons deur die dors oorval word. By die huis aangekom sluk ek toe vir ?n begin een heel pienk pil, die apteker het ges? ek moet begin met twee van die kleintjies wat dan een grote is, sommer so met ?n Millers. Het iewers gehoor pille werk vyftien persent vinniger as dit saam met alkohol geneem word.
Val toe maar in die Millers in saam met die gespuis wat kom simpatiseer en uitvis oor hierdie siekte, toe dit slaaptyd word vat ek maar nog een heel pienk pil want nou is dit te moeilik om te sien om die pil te breek. Vroeg more skrik ek wakker en voel dat die swelsel nou begin sak en sluk ek maar nog een pil net om seker te maak hierdie siekte raak nou genees en vat sommer twee Panado?s vir die hoofpyn ook. Die oggend aan die ontbyttafel drink ek my koffie terwyl my vrou my aangluur sonder om ?n woord te s?, al die simpatie van die vorige dag nou vergete. Ek besluit om nou maar die laaste maal een pil te drink dan weet ek, ek is genees en doen toe ook so. Die apteker het mos ges? ek moet die goed drink totdat die gout weg is. Op my pad uit b?re ek al my slagmesse en ander gevaarlike wapens, wat golfstokke en koekrollers  insluit en gaan werk toe amper sonder om te hink. Tienuur het ek ?n vergadering met ?n unie en loop net daarna weg om vir my vrou iets te gaan koop om te s? hoe jammer ek is dat ek en my pelle ons weer so sleg  gedra het die vorige aand ek besluit om sommer vir my nuwe bierglase, met ?n ander vorm, ook  te koop. Ek ry ?n begrafnisstoet in die middestad raak en word opgehou in die verkeer, my maag begin draai en ek wonder nog wat ek verkeerd ge?et het toe die drukking skielik te erg word en ek ?n wind moet laat gaan. Ek ervaar onmiddelike verligting maar moet al vier vensters oopmaak om van die reuk ontslae te raak, die gomsnuifer bedelaar staan ook dadelik weg van my bakkie en trek sy gesig op ?n plooi, ek maak die vensters na ?n paar tellings weer toe want nou weet ek nie meer of die stank van binne of van buite die voertuig kom nie.
Die stoet kom verby teen ?n slakkepas en ek voel die drukking begin weer opbou, heelaas kom die laaste voertuig verby en trek ek weg met skreeuende bande om by ?n badkamer uit te kom. Engen se joggie loop en soek eers na die sleutel en ek hardloop verby na McDonalds, Ronald is besig om die kinders te vermaak en hulle staan in ?n bondel en spring rondom hom reg voor die kleedkamer se deur. Koue sweet en hoendervel slaan orals op my lyf uit en ek beur deur die massa kinders en los in die proses om by die badkamer te kom weer ?n wind, met verligting sak ek op die toilet neer en sien dat ek reeds te laat is. My gunsteling blou onderbroek het ?n natkol maar ek is verlig. My stoelgang is so verdun dat sou ek dit moes gebruik vir ?n mondspoel daar niks tussen my tande sou vassit nie. Ek kyk langs my en sien dat daar niks toiletpapier is nie, staan toe maar my onderbroek en albei sokkies af in die plek daarvan en stap daar uit, verlig! Ronald en die kinders staan in die parkeerterrein by ?n patrolliemotor en beduie in my rigting. Party ouers storm by my verby met hul kinders aan die hand, vladerend, lyk soos die pretpark se ontruiming tydens ?n ?disaster movie? en een dame gebruik ?n menu en waai voor haar gesig.
Ek wonder wat ek vir vroulief gaan s? waarom ek sonder my onderbroek by die huis aankom maar bly verlig, my eerste goutaanval is verby! 
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by Lourens Potgieter »

Ek het nou so gelag almal wat my sien vra wat is fout, hoekom huil ek....... ;D
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by JPS »

Jakkals,

Ek het myself nou gebreuk hier soos ek lees.
Vroulief gluur my ook aan asof my gespuis ook kom kuier het.....

Jammer oor die gout ou maat - soos Mark gese het drink meer bier en eet maar rooivleis. Siende dat jy nou in elke geval diegout kry ;D
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by Jakkalsgat »

Ek is bly julle kon bietjie lag.

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by Mars67 »

Uitstekend!!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by THOMAST »

'n Man kan nou seker daaroor lag, maar ek sê julle:
Gout issie vir sissies nie!
Het al verskeie kere my les geleer op die harde , pynlike manier. Sluk nou maar elke oggend my ou Puricossie met 'n dankbare smile.
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by Johan22 »

More Jakkals.

Jy moet na die apteek daar in Willows gaan en vir die apteeker vra vir die kruie pille vir daai gout en hy sal vir jou gee. Ek weet dit gaan maar swaar met manne wat daai ding het.

Hoop dit verbeter

Groete
Johan22 :o 8)
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield) 
.357 (S/Weston) 
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Dis nie meer snaaks nie!!!!

Post by Dawie D »

Ja Jakkals

Nou dink my familie ook ek is mal om so by my self te sit en huil soos ek lag ;D
As ek jou sien gaan jy val
Post Reply