Gevries of ontdooi..??

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Gevries of ontdooi..??

Post by Cobus(Cobb) »

Ek koop meestal my vleis net voor braaidag of braaityd, maar soms moet 'n ou maar van die maand se vleis uit die vrieskas gryp.
Hoe maak julle manne met ontdooi??
1)Microgolf is totaal uit want vleis trek vrek taai
2)Vinnig ontdooi in 'n bak water?
3)Stadiger ontdooi in die son?
4)Braai dit van gevries af?
5)Baie stadige ontdooi in die yskas?

Ek luister
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Kalahari »

Ek ontdooi ook maar by kamertemp, (wat in die somer partydae draai diep in die 30 grde), dan word Saterdagaand se vleisie middag uitgehaal en so by 6uur "reggemaak" en 7-8 op die kole. Wintertyd sommer die oggend vroeg al uitgehaal om te ontdooi.
Ek het maar so grootgeword.
Warm water en mic voel ook nie vir my reg nie en nog minder gevries op die kole.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by FCLoretz »

Ek haal die vleis uit om teen kamewr temperatuur te ontdooi, maar indien ek haastig is verkies ek warm water.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Jakkalsgat »

Manne

Laat hierdie meid nou vir julle vertel. Enige vleis wat jy braai of andersins gaar maak is beter as dit nie gevries was nie. As jy egter vleis moet ontdooi, laat dit gebeur by kamertemperatuur deur die dag. Warmwater werk nie, dit is geneig om vleis wit te maak en vesels te laat uitsit wat veroorsaak dat sappe ontsnap en vleis taai word. Vleis ontdooi beter in kouewater as warmwater en behou die vleis sy sappe en tekstuur beter.

Groete
Jaco 
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by MJK »

Jaco +1 maar ek gebruik warm (nie kook nie) water SLEGS as die vleis goed ge- vacuumpack is. Maak net seker dat plastiek nie gaatjie in het nie. Dan ontdooi vleis baie vinnig en geen effek op die kwaliteit van vleis nie. Maar oo wee as daar gaatjie in is - daai wit vleis sit my sommer af!  :'( Ontdooi in kamer is die beste. Yskas vat te lank, veral as dik vleis is
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by johnny »

Kamer temperatuur is die beste , as dit steak is wat verpak is dan yskas as daar tyd is tot so 5 dae lank,

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
User avatar
Darrylth
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Tue Jun 25, 2013 9:43 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Darrylth »

Wanner ek vleis koop dan koop ek grootmaat en laat alles vacuum pack. As on vanaand gaan braai dan haal ek die sak met die tjoppies of steak uit en sit hom in 'n bak koue water. Half uur of so draai ek hom om in die water, veral as dit 'n staal bak is, want hy maak ys op die bodem.
Ek sit dit nooit in die microgolf, al kom daar nou iemand bietjie laat daaraan wat nie vleis gebring het, die process bly die selle. gee jou ook dan kans vir 'n verversing of twee voor jy braai
Dus kant die boerewors gordyn..
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Sarel »

As jy die volgende aand die vleis wil gaar maak en dis gevries, haal dit die vorige aand uit en sit dit in die yskas. Die minste bloed word getrek.

Dis my ondervinding.
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Johnnie De Wet »

Van gevries tot op die vuur laat jou chops opkrul. Microwave maak jou vleis grys, dit kook, dit braai nie, die maillard effek is afwesig. Ek "dab" die oppervlakte van my vleis met handoek rol om goudbruin te braai. gebruik warm kole dat die vleis nog lekker sappig binne is.

En waar ek ek met Jan-Braai, Jamie Oliver en Gordon Ramsey verskil..... HYS DIE LEKKERSTE VAN DIE ROOSTER AF, daars geen rede dat vleis eers moet rus nie. As jy gril vir n rooi steakie eet eerder rooiworsie, dis sonde om vleis te lank te braai.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by BLOK »

Destyds toe ons nog die Saddles Steak Ranch gehad het was ons geleer dat as steaks gevries is jy dit nie moet ontdooi en dan braai nie. Vat die steak netso gevries en smeer hom goed olie en sit op die kole. Rede daarvoor is as jy steak ontdooi le daar altyd die bloed onder in die bord of bak nou daai is tog die steak se smaak en sappigheid wat nou weg is. Deur olie om te smeer seel jy die steak en as hy aan die buitekand dan gaar word behou die steak die smaak en sappe binne.

Weet nie is maar soos Spur Saddles ens ens. dit doen
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Frikkiedbr »

Ja nee vars is altyd beter, maar as mens nie kan nie moet mens plan maak.

Blok moet sê daai raad klink reg. Al die bloed wat jou steak in lê is die steak se goedheid :)

Mens moet dit probeer, en sien, proof in the poeding.
Nog nooit probeer nie.

Altyd dit ondooi op kamer temp.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by Frikkiedbr »

Jakkalsgat wrote:Manne

Laat hierdie meid nou vir julle vertel. Enige vleis wat jy braai of andersins gaar maak is beter as dit nie gevries was nie. As jy egter vleis moet ontdooi, laat dit gebeur by kamertemperatuur deur die dag. Warmwater werk nie, dit is geneig om vleis wit te maak en vesels te laat uitsit wat veroorsaak dat sappe ontsnap en vleis taai word. Vleis ontdooi beter in kouewater as warmwater en behou die vleis sy sappe en tekstuur beter.

Groete
Jaco 
Jaco die laat my dink oor die grappie
Die agent sê aan die Boer: “Meneer, ek soek ’n naamlys van jou werkers en hoeveel jy elkeen van hulle betaal.”

Die Boer sê: “Wel, daar’s my voorman wat al 30 jaar lank vir my werk: Ek betaal hom R1 400 ’n week, plus gratis verblyf.”

“Dan is daar ’n verstandelik vertraagde ('mentally challenged') werker :
Hy werk so wat 18 uur ’n dag. 7 dae ’n week en doen omtrent 90% van al die werk hier rond.
“Hy verdien sowat R100 ’n week, maar betaal vir sy eie verblyf. Ek koop darem elke Saterdagaand vir hom ’n bottel Brandewyn sodat hy kan byhou ('cope') met die boerdery. My vrou laat hom ook soms toe om by haar te slaap.”

Die agent sê: “Daai’s die ou met wie ek wil praat!”

Sê die Boer: “Dáái ou sal ekke wees, meneer.”
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Gevries of ontdooi..??

Post by vriell »

BLOK wrote:Destyds toe ons nog die Saddles Steak Ranch gehad het was ons geleer dat as steaks gevries is jy dit nie moet ontdooi en dan braai nie. Vat die steak netso gevries en smeer hom goed olie en sit op die kole. Rede daarvoor is as jy steak ontdooi le daar altyd die bloed onder in die bord of bak nou daai is tog die steak se smaak en sappigheid wat nou weg is. Deur olie om te smeer seel jy die steak en as hy aan die buitekand dan gaar word behou die steak die smaak en sappe binne.

Weet nie is maar soos Spur Saddles ens ens. dit doen
Blok jy is reg.As ek haastig is dan braai ek skaap,steaks en hoender so van gevries af en was nog altyd smaaklik vir my.

Het eendag by die spur 3 keer my medium tot rare steak terug gestuur .Lieflik gaar buite maar gevries binne...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Post Reply