308win Subsonies-Subsonic

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Naand almal, die is my eerste tweede (na intro) post op Jaracal  ;)

Hier is so n bietjie "subsonic" lading wat ek in my 308win gemeet het. 

Ek deel dit maar want ek het my alie af gesoek na so n bietjie info met SA poeiers:

Punt = Frontier CS Gameranger 220gr
Dop = Highland
1. Kruit MP200 @ 14.5gr = 1425fps
2. Kruit MP200 @ 12.0gr = 1250fps
3. Kruit MP200 @ 10.0gr = 920fps --> Daar is hy!!!
4. Kruit MP200 @ 9.0gr = ???? fps --> sit 2/3 in loop vas !! n Baie duur patroon teen R500/rondte....

Die doel was om onder 1000fps te kom.  Ek was opsoek na n lading wat my laaitie (5jr) ook kan skiet.
Ek het die kruit vasgedruk teen die primer met die "filling" (dacron??) van een ex-olifant wat in n kombuismes vasgeloop het... maar dis n storie vir n ander tyd.

Geen groepering was geskiet nie en die temperatuur was so 25.  Ek het net spoed gejaag!!!!

Hoop dit help, se maar as ek iets katastofies aangevang het!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by tripodmvr »

Jy moes net gevra het of gesearch het - die' saak is baie onlangs deeglik deurgetrap.

Jammer om van 9gr se pyne te hoor. Hoop nie die groewe is beskadig met die uithaal nie. Die resep is gewoonlik 9gr as beginpunt. Wys jou nie alles bly dieselfde nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Jip, ek het eers baie onlangs van die forum te hore gekom.  Waar was julle al die jare?
JY sou nie dalk n link hier kan post nie?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4242
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Cobus(Cobb) »

Net 'n vragie...hoekom met 'n 308W begin op 5??
Wat van windbuks of .22?

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Hier is nog n link wat ek kon kry:
http://jaracal.com/index.php/topic,5517 ... l#msg83564

Ek het eerste die 14.5gr begin en toe afbeweeg en die spoed met die kronograaf gemeet.  Presies waarvoor ek bang was het toe gebeur... koel wat in die loop sit... Lekker stupid ne, maar ek het gereken die 10gr het heel goed gevoel en het daar anderkant op 200m stof laat spat!!! so die volgende laer lading sal "fine" wees...

Dis maar skool geld, ek het nie iemand gehad wat my hand kon vashou en my die dinge leer nie, betaal maar my eie skoolgeld.  Dis deels van hoekom ek die forum opgesoek het.  Dit lyk of hier n paar Ooms is wat ken van!
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Die laaitie laai die 308 self, maar kan nie die windbuks gedoen kry nie.
Maar die eintlike rede is dat hy my elke keer pes dat hy ook met so n groot geweer wil skiet soos sy pa!
Nou hoe se jy nee vir dit?    ;D
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Hy het sy eerste een al afgetrek op 5maande  :o
Baie "flack" daaroor gekry, maar ek maak hom groot op S321!!!  :-X

Hy skiet die Rossi 357mag met vol ladings oor sandsakke en die recoil pla hom niks nie.  Ons sukkel nog met die korrel ding :'(
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Armand Steenkamp »

Thermal,

Dankie dat jy jou bevindinge geplaas het! Ek wil dit ook traai! Hoe het jy toe die koel uit die loop gekry??

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Ek het hom na n geweersmit geneem: Ritchie Gunsmith in Florida
Die wat ek gedink het:
- Neem skoom maak stok en hammer --> blykbaar n BAIEslegte idee want ek kan die loopbeskadig as hy buig en onder die koel se punt inbuig... as dit enigsins sin maak.
- Neem n dop met sê maar 50% lading en n pluisie van was vooraan en "skiet" hom so uit --> Ook nie n goeie idee nie, want dit sal glo die loop blykbaar bars!!! Groter skade.

Wat die geweersmit gese het:
- Neem n aluminium "rod" 7mm dik (308 is 7.62) en slaan hom uit.  --> ek dink die een het hy gedoen.
- As dit nie werk nie boor hom uit --> maar dit raak n groot operasie klink vir my!

Hoop dit help
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Hein M. »

Thermal wrote: Ek het hom na n geweersmit geneem: Ritchie Gunsmith in Florida
Die wat ek gedink het:
- Neem skoom maak stok en hammer --> blykbaar n BAIEslegte idee want ek kan die loopbeskadig as hy buig en onder die koel se punt inbuig... as dit enigsins sin maak.
- Neem n dop met sê maar 50% lading en n pluisie van was vooraan en "skiet" hom so uit --> Ook nie n goeie idee nie, want dit sal glo die loop blykbaar bars!!! Groter skade.

Wat die geweersmit gese het:
- Neem n aluminium "rod" 7mm dik (308 is 7.62) en slaan hom uit.  --> ek dink die een het hy gedoen.
- As dit nie werk nie boor hom uit --> maar dit raak n groot operasie klink vir my!

Hoop dit help
Met ander woorde:

Gebruik maar die geweer met patrone waarvoor dit bedoel is :angel:

Hein M
Last edited by Hein M. on Fri Jan 18, 2013 10:16 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Hein, ek dink as mens altyd veilig speel sal jy nooit weet waar die "limits" is nie --> ons kan nie almal engeltjies wees nie!!! :-X
Ons sou nooit karre van +400km/h gehad het nie die woord vliegtuig so nooit bestaan het nie.

Stel jou voor die ou wat die eerste skoot geskiet het... wat het hy gedink, sy vrou gedoen en die "priester" gesê (hulle praat mos maar net altyd)?

Maar ja, van nou af is dit 10gr en niks minder nie.... Dar is nog altyd die spoed van lig wat lê en wag!

PS: daar was ook engele gewees wat nie so mooi gemaak het nie.... :'(
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Jacquesb »

Thermal +1
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by James Wilson »

Thermal, gebruik jy n silencer saam met die ladings?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Hein M. »

Thermal wrote: Hein, ek dink as mens altyd veilig speel sal jy nooit weet waar die "limits" is nie --> ons kan nie almal engeltjies wees nie!!! :-X
Ons sou nooit karre van +400km/h gehad het nie die woord vliegtuig so nooit bestaan het nie.

Stel jou voor die ou wat die eerste skoot geskiet het... wat het hy gedink, sy vrou gedoen en die "priester" gesê (hulle praat mos maar net altyd)?

Maar ja, van nou af is dit 10gr en niks minder nie.... Dar is nog altyd die spoed van lig wat lê en wag!

PS: daar was ook engele gewees wat nie so mooi gemaak het nie.... :'(
:police:

Ja, maar ek wil nie koeels uit my geweer laat haal nie.  PUNT :angel:

Ek het 'n .22 vir die naby skote ;)

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Hein M. »

Thermal wrote: Hein, ek dink as mens altyd veilig speel sal jy nooit weet waar die "limits" is nie --> ons kan nie almal engeltjies wees nie!!! :-X
Ons sou nooit karre van +400km/h gehad het nie die woord vliegtuig so nooit bestaan het nie.

Stel jou voor die ou wat die eerste skoot geskiet het... wat het hy gedink, sy vrou gedoen en die "priester" gesê (hulle praat mos maar net altyd)?

Maar ja, van nou af is dit 10gr en niks minder nie.... Dar is nog altyd die spoed van lig wat lê en wag!

PS: daar was ook engele gewees wat nie so mooi gemaak het nie.... :'(
Ja, maar ek ek het nie die geld  vir hierdie eksperimente nie. 

Die eerste skoot is deur 'n Chinees geskiet en daar was nie 'n vrou of priester naby nie...

Ek het 'n .22 en 223 vir die naby joppies...

Hein  M
Last edited by Hein M. on Sun Jan 20, 2013 1:46 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

james, nee, ek wil nog so maak.
Dit sal lekker werk vir varke as jy naby skote wil doen. 
Maar die hoof rede was om my laaitie n kans te geeom ook die 308 te skiet.

ek het die ander 4 rontdtes getrek.

Ek het so n gevoel gehad dat ek op 8gr gewerk het en nie 9gr soos wat ek in die boek neergeskryg het nie.  Deur die punte te trek en die kruit te weeg het ek 2 goete gesien.
1. Dit was toe 8gr soos wat ek gedink (ek het dus verkeer neergeskryf...)
2. Ek het nie dacron/filler ingesit nie, maar wek in die ander ladings.
Dit is my opinie dat die 2 dinge saam die probleem veroorsaak het.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Hein, sorry man, ek probeer nie n fight pic nie  8).
Nou dat ek die post weer lees sien ek dit kon so gelees kon word.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by smitjs »

Manne daar word goete gemaak wat lyk soos 'n 308 dop dan vat hy 'n 38sp of so iets. Dit klink vir my 'n beter idee as mens dit hier kan kry. Ek het vir my 223 sulke goed wat 'n .22 vat. Dis natuurlik meer kompliseerd want die randslag moet na senterslag verander . Dit het so 'n los stukkie in wat die patroon afslaan. Die goed vir senterslag patrone het nie die komplikasie nie.
Groete
Johna Smit
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by ThinusS »

Manne daar word goete gemaak wat lyk soos 'n 308 dop dan vat hy 'n 38sp of so iets.
Daar word wel chamber inserts gemaak wat jou toelaat om die .32acp (7.65mm) pistool patroon in 'n .308 kaliber geweer te skiet. Daar is inserts vir .308 win  .30-'06 ens maar hier by ons gaan jy so insert moet lisensieër.
As jy 'n .38sp deur 'n .308 loop probeer skiet gaan jy vir jouself 'n redelike groot probleem skep.
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Het julle dalk iets soos n pic van die goete?
As ek reg verstaan kan jy dan pistool ammo in n jaggeweer skiet?
ThinusS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 316
Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by ThinusS »

User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by cassie_calvinia »

kry 'n silencer, skiet 'n patroon waarvoor die kaliber gebou is.
308 met silencer skop amper niks.
nou word al die moeite gedoen, en die geweer kry net seer.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Hein M. »

cassie_calvinia wrote: kry 'n silencer, skiet 'n patroon waarvoor die kaliber gebou is.
308 met silencer skop amper niks.
nou word al die moeite gedoen, en die geweer kry net seer.
+100
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by James Wilson »

cassie_calvinia wrote: kry 'n silencer, skiet 'n patroon waarvoor die kaliber gebou is.
308 met silencer skop amper niks.
nou word al die moeite gedoen, en die geweer kry net seer.
Hein M. wrote: +100
James Wilson wrote: Thermal, gebruik jy n silencer saam met die ladings?
Ons almal dink maar dieselfde. Ek skiet met ky 308 die ligte 110 grn teen net so n raps oor die 3000 fs. Die geweer het n terminator silencer op en ek het n Pachmeyr recoil reducer op. my dogterjie van 6 skiet met die geweer. my seun het onlangs met die combo n vark geskiet. 

Die punt is dat as jy bg in ag neem is sub sonic ammo nie werklik die moeite werd nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: 308win Subsonies-Subsonic

Post by Thermal »

Wat reken julle sal so kneldemper storie met skroefdraad sny en korrelskuif kos? 
Ek "like" die idee nogal, watter tiepe stel julle voor.

'n Tjomma van my het so n kleinkie op sy 30-06 wat die recoil af neem na so 308 toe en maak vol ladings so bietjie sagter as die 308 s'n.  Dis ok, maar ek is nie vreeslik beindruk daarmee nie.... moet hom net nie se nie, hy sal my afslag!!! :-X
Post Reply