herlaaidata vir 8x57 JS
Posted: Sun Aug 01, 2010 7:40 pm
Naand Almal, kan iemand help asb. Ek het tot 'n tyd gelede vir my 8x57 JS 175gr Sierra SP voor 46 gr S341 gelaai. Toe nog nie 'n chrony besit nie, kan dus nie trompsnelheid gee nie. Het nou besluit om S335 te gebruik omdat ek dieselfde kruit gebruik vir 308 en 375 magnum. Het enige iemand dalk herlaai data vir die kaliber met S335 wat spruit uit ondervinding? Ek gebruik CCI Large Rifle BR slagdoppies. Dankie by voorbaat. Frinam