verskil tussen model 80 en 83 gewere?

Any questions regarding Musgrave, the historyand their hunting rifles here/ Enige vrae aangaand die geskiedenis van Musgrave en hulle jaggewere
Post Reply
standergang
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Mar 19, 2013 8:37 pm

verskil tussen model 80 en 83 gewere?

Post by standergang »

Aan Daan

Goeie dag daar en dankie vir al jou hulp in hierdie forum. Ek het onlangs 'n model 83 musgrave gekoop, wag nog vir liksens. Die geweer is pragtig en van baie hoe gehalte. Die kolf lyk amper na 'n pasmaak kolf.

My vraag is wat is die verskil tussen die model 80 83 en 90? Was dei 90's later gewees? Ek het die forum deursoek maar ek kry nie hierdie spesifieke antwoord nie

Enige hulp sal waardeer word.

Groete Mel
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: verskil tussen model 80 en 83 gewere?

Post by mariusr »

Oom Daan gaan jou help kyk op die forum Musgrave navrae!
Daan Els
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:40 pm

Re: verskil tussen model 80 en 83 gewere?

Post by Daan Els »

Hi Mel,
Bly te kenne!
Die Mod80 was die eerste werklike slotaksie wat Musgrave inhuis ontwerp en gebou het. Uiteraard was daar n paar Klein probleempies wat uiteraard reggestel is in die Mod83, soos bv; magasynkas, veiligheidsknip, uittrekker. Ja, die Mod90 is die laaste in die reeks.
Die 83 sal jou baie plesier verskaf en ek vertrou en weet die akkuraatheid sal ook beindruk!
Hoop jy vra n gesoute wapensmid om die geweer te toets vir veiligheid en algehele funksionering.

Groete,
Daan
standergang
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Tue Mar 19, 2013 8:37 pm

Re: verskil tussen model 80 en 83 gewere?

Post by standergang »

Dankie Daan dit help baie

Iets wat ek ook opmerk oor hierdie spesifieke musgrave
Is dat die slot uiters glad werk eenders aan n vriend se sako finnbear ook uit die
Tagtiger jare. Ek het onlangs met n vriend se brno geskiet ook uit daai tyd en ek moet se hy het glad nie vergelyk nie. Die aksie was uiters grof en die afwerking maar so so. Niks teen brno maar ek voel regtig die musgraves kon baie maklik met die sako's van daai tyd vergelyk.

Aangaande goeie geweersmede ja dit bly maar moeilik hier in gauteng. Ek en baie kenisse al soveel bloutjies geloop manne raak maar sku. Deesdae gebruik ek net vir morkel en crause by safari se winkel. Sal my musgrave daarheen vat vir oorgaan. Die wapen is so te se nuut met minder as 50 skote deur maar sal elk geval vat.

Laaste gedagte wat ek wil laat is oor die gebruik van plastiek op hedendaagse roere. Ek praat nou nie van kolwe nie maar die tendens om magasyne trigger guards en sulke goeters van plastiek te maak. Dis vir my vreemd dat daar 'n mark is vir dit. Net gewonder wat jou gevoel is daaroor.

Elk geval baie groete

Mel
Post Reply