As iemand my kan help.Eks opsoek na Herlaai data vir n .375 Weatherby Mag met 300gr punt op Somchem poeiers asb.Dis seker S335.
Ek sal dit baie wardeer want ek kry nerens data nie.
groete Gerhardu
Herlaai data vir n .375 Weatherby Mag met 300gr punt op Somc
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Herlaai data vir n .375 Weatherby Mag met 300gr punt op
Gerhardu
Ek het die 375 Ackley Improved wat basies identies is aan die Wheatherby. Die poeier van keuse is S365 met 300gr koeels. S355 werk ook, maar is so raps te vinnig. Indien jy bietjie meer inligting kan verskaf oor die roer sal n mens jou mooi kan help met n lading. Inligting wat sal help is looplengte, Dopkapasiteit van n gevuurvormde dop en koeel wat jy ingedagte het. Kyk ook sommer wat die maksimum TPL is wat jou magesynkas kan vat.
Groetnis
Wouter

More Wouter.Dis n Winchester Pre 64 met n 25 duim loop.Sy dop kapasiteit is so 103.5gr water.Die koeel keuse is Woodleigh 300gr RN softs.Die maksimum TPL het ek nie n idee nie.Ek vermoed die roer is seker maklik 30jaar oud.Wouter Roets wrote:Gerhardu
Ek het die 375 Ackley Improved wat basies identies is aan die Wheatherby. Die poeier van keuse is S365 met 300gr koeels. S355 werk ook, maar is so raps te vinnig. Indien jy bietjie meer inligting kan verskaf oor die roer sal n mens jou mooi kan help met n lading. Inligting wat sal help is looplengte, Dopkapasiteit van n gevuurvormde dop en koeel wat jy ingedagte het. Kyk ook sommer wat die maksimum TPL is wat jou magesynkas kan vat.
Groetnis
Wouter
Groete Gerhardu
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Herlaai data vir n .375 Weatherby Mag met 300gr punt op
Gerhardu
Kyk of jy nie vir my n kode kan kry op daai Woodleigh nie. Woodleigh vaar oor die algemeen nie goed as hy hy aangejaag word nie. Die koeels is vervaardig met die 375 H&H se spoed ingedagte so ek dink nie dit sal baie wys wees om hulle teen die Wheatherby se spoedvlakke te hardloop nie.
Hier volg die nodespoed; 2574ft/sek en 2680ft/sek. Ek sal eersgenoemde sterk oorweeg. Begin op 75gr S365 met n magnum primer en werk op na hierdie spoedlesings. Ek het op n TPL gewerk van 92mm.
Groetnis
Wouter
Kyk of jy nie vir my n kode kan kry op daai Woodleigh nie. Woodleigh vaar oor die algemeen nie goed as hy hy aangejaag word nie. Die koeels is vervaardig met die 375 H&H se spoed ingedagte so ek dink nie dit sal baie wys wees om hulle teen die Wheatherby se spoedvlakke te hardloop nie.
Hier volg die nodespoed; 2574ft/sek en 2680ft/sek. Ek sal eersgenoemde sterk oorweeg. Begin op 75gr S365 met n magnum primer en werk op na hierdie spoedlesings. Ek het op n TPL gewerk van 92mm.
Groetnis
Wouter
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Herlaai data vir n .375 Weatherby Mag met 300gr punt op
Watse koeel sal jy aanbeveel?Dalk Hornady se DGX.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Herlaai data vir n .375 Weatherby Mag met 300gr punt op
Gerhardu
Met hierdie kaliber beveel ek net koeels van die sterkste konstruksie aan. Ek gebruik huidig Frontier se Spartan 300gr koeels in myne wat deel maak van n toets vir hulle. My normale koeel van keuse is n Barnes TSX 270gr in die geweer. Die spesifieke koeel is n baie goeie keuse indien jy die geweer wil aanwend as n all rounder. Looplengte is die bepalende faktor met die kies van koeelgewigte. Ek sal vir jou loer as jy wil.
Ek het op n staduim Nosler Partition 260gr geskiet teen 2900ft/sek. Vleisskade was masief en gewigsretensie was nie veel meer as 55% nie. Penetrasie was ook bitter teleurstellend maar wat te wagte was agv die gewigsverlies. Deur die Woodleighs teen hoer spoed te skiet as waarvoor hulle ontwerp is kan ek jou n brief gee jy gaan dieselfde beleef. Die Hornady DGX en DGS beeindruk my geensins nie. Die DGX breek geheel en al te veel op selfs teen die 375 H&H se snelhede. Die DGS is n outdated soliede ontwerp. Daar is baie beter solids daar buite. Probeer by die volgende koeels vervaardigers hou nl; Barnes, Rhino, Dzumbo, Norfork, Frontier Spartan, Peregriene, Hornady GMX ens.

Dankie Wouter.Op die oomblik skiet ek die Rhinos 500gr op my .458lott en is baie gelukkig my hulle maar een ding wat my pla van sulke harde punte is die mense se die geweer se loop gaan nie hou nie.Of dit waar is of nie,ek weet nie.Eks baie lus vir die Rhinos op my 375 of selfs Peregriene.Die Dzumbo, Norfork soek ek met n seer hart maar is baie skaars.Ekt al so baie goeie goed gehoor van Norfork in die African Gazzette.