DONKIES

Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

DONKIES

Post by Freek »

Wie het gisteraand 50/50 gekyk? Daar is 'n ou tannie daar in die Oos Kaap wat besig is met 'n nuwe projek vir omgewings vriendelike jakkals beheer. Sy ly donkies op om die skaap op te pas en die ongediertes van hulle af te hou. Ek ken 'n donkie as 'n pak dier en om donkie kar mee te sleep maar EISH! ek weet darrem nie so mooi nie, 'n donkie vir 'n waghond? HOU BANNA... ???
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: DONKIES

Post by jaracal »

Freek
Donkies werk wel in sekere omstandighede, 'n donkie kan nie 'n hond verdra nie en sal jakkalse weghou. Die probleem soos met enige nie dodelike metode is dat die jakkalse dit later uitoorl?.

Hingste raak ook moeilik en is daar gevalle gevind dat hulle meer lammers doodbyt as die jakkals.

Wat die meeste mense nie weet nie is dat alle nie-dodelike metodes van beheer een of ander stadium deur amper alle kleinveeboere gebruik is. As 'n jakkals jou lammers vang dat jy moedeloos word gryp jy na elke strooihelm wat 'n uitkoms kan bied. In die begin bied dit wel verligting maar die aanpasbaarheid van die jakkals is van so 'n aard dat dit hom net vir 'n tydperk afsit.

Ek het een van Bool Smuts se "verwysings/voorbeelde" ontmoet in Jansenville en het die ou genoem dat hy in 3 jaar amper niks verloor het nie, hy gebruik net Anatoliese herdershonde. Nou in Desember het hy 43 lammers in een kamp verloor maw meer as een lam per nag! Wat en hoe nou gemaak? Blykbaar 'n pak jakkalse ingekom wat sy honde nie kon beheer nie. Ongeag die verskonings wat gegee word bewys dit een ding, die gebruik van net nie-dodelike metodes is nie die alpha en omega nie en moet alle metodes gebruik word.

Soos ek s? 'n jakkals stel jou nooit teleur nie.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: DONKIES

Post by Freek »

Hein ek is bevrees jy slaan die spyker klip hard op sy kop, hierdie is 'n skril koue pynlike reguit feit. Hoe graag ook al ons almal hier 'n meer omgewings vriendelike manier soek om beheer toe te pas, bly die werklikheid soos 'n paal bo water staan - 'n jakkals is nie 'n ROBOT nie, hy kan vir homself dink.

En ongelukig lyk dit of mense hulle eie sterte jaag deur ou tegnieke weer te probeer om maar net weer agter te kom dit wat oom SAREL 30 jaaar terug al probeer het nogsteeds die selfde resultate vandag lewer as destyds.

Soos die ring koppe en grys koppe alreeds vroer op die forum aangedui het, die beste sukses is slegs moontlik deur hierdie veskilende tegnieke te inkorporeer en nie staat te maak op slegs een metode van probleem dier bekamping nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: DONKIES

Post by Caller »

Freek

Hien is reg. Die donkies sal wel net vir 'n ruk lank werk, dan raak jakkie se getalle so hoog, dat een donkie nie oral kan keer nie. Sit jy twee donkies in, loop hulle saam en vergeet van die skapies. Die jakkies gaan later die donkies teiken as hulle (die jakkies) getalle te groot raak. Ek weet van 'n geval by Clocolan in die Oos- Vrystaat, waar 'n perde merrie se vul opgevreet is terwyl sy ful, en dat sy ook agter gevreet is terwyl sy gel? het met die vullery, nes nou al meer met beeste die geval is. Daar is die volgende aand daar geroep en 13 jakkies in die omgewing gedood. 'n Sebra kan ook soos 'n donkie gebruik word.

Die donkies is al 'n ou tegniek en glad nie nuut nie. Maar het julle gehoor (50/50 gisteraand) dat 'n groot deel van die w?reld AL slageisters verbied het en ons (S.A.)kwansuis nog agter is, omdat ons dit nog nie verbied het nie. Shame, ons mag nie uit die mode wees nie, hoor. ::)

Probleempie is dat ons in Afrika bly en die ander lande het nie ROOIJAKKALSE nie!!!. As hulle rooijakkies gehad het, het hulle tien teen een nou nog slagysters gebruik.


Dit is al oor en oor bewys. Daar is geen tegniek wat di? beste is nie. Jy moet maar afwissel.

Donkies se dinges man.

Caller  
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
rednat

Re: DONKIES

Post by rednat »

Hou lank genoeg donkies aan en dan kyk jy hoe jou plantesamestelling verander het  --- jou langbeen vye verdwyn eenvoudig en jy het later net bosse wat 'n donkie nie vreet nie.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: DONKIES

Post by jaracal »

Caller
Ek heg hierby aan 'n e-pos wat ek van Amerika Wyoming ontvang het. Ek dink regtig 50/50 is agter die klip en het nie die nodige deurdagte navorsing gedoen nie.
"Hello Hein, This is Cal Taylor. I work for  
our US Dept of Agriculture Wildlife Services. That is our Federal  
animal damage control agency. I mostly work on coyote problems with  
sheep producers in my area, but in different parts of the state they  
work on whatever the problem animals are. Wolves, Grizzlies, black  
bears and mountain lions are also an issue depending on the area.  
Anyway, in answer to your question, we are pretty much limited to  
whatever the state laws happen to be in the state we are working in,  
and that varies alot. Here in Wyoming, we can still use almost any  
method. We use foothold traps, snares, hunting and denning, and aerial  
hunting with both planes and helicopters.
Let me know if you have any  
more specific questions and I will be glad to try and help.

So daar waar skape is word slagysters gebruik. Ek dink dit is net in Engeland en Europa waar die gebruik van slagysters verban is.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo almal

Ja, ook weer na die donkie storie gekyk - verlede jaar ook uitgesaai. Reeds sowat 81 donkies is uitgeplaas. Groot bydra word gelewer deur die donkes uit haglike en wrede (skawende toue en tuie van conveyor belt) lewensomstandighede te verlos.

Ja, solank daar uitwyk kans is vir die jakkalse (op buurplase of selfs kampe) sal hulle waarskynlik nie te erg pla nie. Kort voor lank sal die nuutjie afwerk en die jakkalse weer andere maniere bedink om die donkie (of elke ander nie-dodelike metode) te uitoorle!

Nietemin, moet boere elke geleentheid soos hierdie aangryp om hulle vee te beskerm solank dit positiewe resultate lewer.

Ambessa
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: DONKIES

Post by jaracal »

Ambessa
Wat gaan van die donkies word as dit nie werk nie, leeukos?

Projag
Is daar 'n moontlikheid van 'n foto, nie dat ek die bewys soek nie maar dit sal goed wees om die effek te sien. Die langtermyn effekte word gewoonlik nie geweet of ontdek voordat dit te laat is nie.

Groete

Heinrich
Last edited by jaracal on Tue Feb 24, 2009 9:18 am, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: DONKIES

Post by Caller »

Hein

Ag jy weet mos, die media kleur die prentjie in soos dit hulle pas en probeer reaksie uitlok deur sensasie. As jy reageer het hulle weer iets om oor te berig en so speel hulle partye teenoor mekaar af en doen hulle kwansuis hulle jop en kry elke maand hulle salarisse.

Moet jou nou nie te feel aan hulle ou storietjies steur nie man, dit sal jou net onnodiglik ontstel. Probleem is net dat die on-ingeligte publiek 'n skewe boodskap kry.

Ons ou jakkalsjagters wat die waarheid weet, moet maar so 'n bietjie dikvellig wees vir die storietjies en maar die ware veite gee, waar ons gaan.

Caller  
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: DONKIES

Post by Caller »

Hein

Nee jong, hoe kan jy nou so wreed wees.  ::) Die greenies werk op die leeus ook, so een van die dae sal daar nie leeus wees om die donkies te eet nie.

Wat van "PET MINCE" vir die greenies se troeteldiere. ;D Hulle behoort nie 'n probleem daarmee te h? nie, of hoe?

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: DONKIES

Post by Freek »

So mens moet hier besluit wat is vir jou meer werd, haal die jakkalse uit met donkies ten koste van jou wyveld - wat jy nie oornag gaan herstel nie. Mens kan seker die donkie voer om die wyveld skade te probeer oor kom maar voer kos geld, defenitief baie meer geld as om jakkals jagter in te bring wat die probleem in 'n aand of 2 kan uitsorteer.

Dis seker maar elke boer se reg om sy eie keuse uit te oefen.  ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
tafjak

Re: DONKIES

Post by tafjak »

Hein
Ek het een van Bool Smuts se "verwysings/voorbeelde" ontmoet in Jansenville en het die ou genoem dat hy in 3 jaar amper niks verloor het nie, hy gebruik net Anatoliese herdershonde. Nou in Desember het hy 43 lammers in een kamp verloor maw meer as een lam per nag! Wat en hoe nou gemaak? Blykbaar 'n pak jakkalse ingekom wat sy honde nie kon beheer nie. Ongeag die verskonings wat gegee word bewys dit een ding, die gebruik van net nie-dodelike metodes is nie die alpha en omega nie en moet alle metodes gebruik word.
Ek reken die ou van Jansenville is Roy Heydenrych van die plaas Angora. As dit hy is of nie wil ek die volgende noem, ek het bietjie meer as 2jaar gelede by hom gejag en kon net een stel skiet in die winter. Honde die hele wereld vol en het vreeslik gesukkel. Nou jag ek by sy buurman en het die laaste 3nagte daar ( 2 nagte Julie 2008 en 1 nag Jan 2009) 18 geskiet en nog 2 katte oor die draad gepoach. Dit klink soos die Serengeti en 'n Hondeskool as jy daar roep. So ek dink hy vat 'n kans as hy se dat jakkalse ingekom het. Daar is meer as genoeg.

DONKIES vreet baie en trap 'n plek plat en raak byterig. Een donkie vreet net soveel as 9 dorperooie en as jy een donkie op 100 ooie het begin jy klaar met 'n verlies in lampresentasie (100 +9 =109 ooie en net 100 kan en mag lam).

Manne op die ou end moet die probleem onder beheer gebring word en net deur jakkalsgetalle laag te hou!!!

Groetnis

Taffie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: DONKIES

Post by Dawie »

In sensetiewe veld omstandighede soos in die Karoo waar skade meer as 30 vat of nooit herstel nie is dit vir my altyd wonderlik hoe mense dink hulle doen die natuur 'n guns om wild en donkies aan te hou wat nooit van kamp versit word nie.

Die slim geleerde profesionele(nie PH nie,  Dokters,  prokkies ens.) ou wat vir hom 'n plasie kom koop in die Karoo, tot die ergernis van sy bure, het gewoonlik 'n  arme ou donkie of 2 ook wat jaar na jaar om die huis loop en die w?reld snuif trap later en van die dors vrek want die jong wat die niks verkeerd kan doen nie en in charge is van alles en as landbou konsultant optree.  Het "per ongeluk" na all-pay vir meer as 'n week gesuip gel? het vergeet om te kyk of daar water is.  Of hulle vrek van ouderdom dan het die kinders net een naweek met die donkie gespeel.  Ek en my broer het nou al so 'n spottery aan oor die murse naambord van die plase en die donkie van die buiteperde,  die naam van die plaas word verander gewoonlik van bv. "Elendeskraal na 'Ju de la Yoir Fuaix' of so iets? " met die kinders se name ook op die bordjie en 'n skaapkop.  En moet tog nie vergeet nie....en natuuuuurlik word daar nie rooikatte en jakkalse geskiet nie want hulle lyk en klink so mooi!!

Ek het nou bietjie afgedwaal,  maar die punt is jy kan nie jou bron  permanent verwoes om iets te probeer "bewaar" wat nie bedreig is nie en binne 'n paar jaar op getal of oorbevolk sal wees.

Dawie
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo alle donkie-maters en nie-donkie-maters

Altyd geglo die donkie is 'n wonderlike ding ... boetie van die muil ... staan en dink waar die muishonf stink...?

Wie ken al die woorde (dink dit is 'n Jan Pohl liedjie?).

Nogal 'n groot storie gewees op TV. Die vorige aand was dit 'n "rooi jakkals" (eintlik 'n vos) wat iewers in Engeland in 'n winkel bly. Mense vrek oor sulke stories.

Terug by die donkie. Stem saam, gee fotos wat 'n gebalanseerde beeld skep van die voor- en nadele van donkies (merries) op die plaas (veld) en skape/bokke.

Wag in groot afwagting om sulke fotos te sien.

Caller
Jaaaa, oom leeu sal beslis nie by 'n donkiekiekie of twee verbyloop nie. Weet net nie of oom leeu toegelaat sal of mag word om 'n ander dier seer te maak deur dit te eet nie? Dit is mos nie in sy natuur om mak goeters te vreet nie?

Ambessa
Pieter E

Re: DONKIES

Post by Pieter E »

Hein en almal

Ek sien julle s? iemand moet op skewe artikels/beriggewing van bv 50/50 reageer op openbare forum. Soos julle seker al weet is ek nie bang om dit te doen nie en sal ek met plesier 'n lang berig stuur vir LBW of wie ookal hieroor. Ek moet net genoeg skietgoed h?, maar ek reken 'n skrywe van jou (Hein) af sal sekerlik meer gewig dra as myne.

Het LBW se ouens toe al aangesluit, Hein? (Jan Bezuidenhout seker). Daarvan gepraat, die SAUK het nooit eers gereageer op my e-pos oor hulle nuusberig nie. Klaarblyklik dood neergeslaan by die lees daarvan?

Hiervan gepraat, ek sien Petrus de Wet (NWKV en Probleemdierforum se voorsitter) het hom nou ordentlik gewip vir Bool Smuts. Hopelik kom hier ook nou iets van. Ek dink nogal hy is die regte man om saam voor te staan met hierdie tipe onderhandelinge.

Groete

Pieter E
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo Pieter E / almal

Lyk my almal ken van ou BS se dinge?

Eish.

Ambessa
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: DONKIES

Post by Caller »

Ambessa/ Pieter E/ Almal

Julle weet mos; Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou. ::) Ek verwys na BS se dinge.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: DONKIES

Post by JACQUES BOTHA »

PROJAG..
BAIE BAIE DANKIE EK GAAN JOU FOTO'S NOU GEBRUIK VIR MOTIVEERING OM DIE DONKIES TE VOER MET SAGTE 55GR VMAX PUNTE...DIE DIERETUIN SKIET SO NOU EN DAN WILD, SPRINGBOK  WILLEBEES EN ELAND VIR LEEUKOS,  DALK KAN EK N RUILTRANSAKSIE BEKLINK....TWEE DONIESS VIR N ELAND, HALWE DONKIE VIR 2 SPRINGBOKKE OF SO IETS..LAG LAG LAG 
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo Projag

Kan nie jou foto sien nie?

Ambessa
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo Projag

Dankie, nou sien ek die foto's. gaar ne!

Hoe lank het dit geneem en hoeveel donkies was daar?

Ambessa
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo projag

En hy bly 'n wonderlike ding...

Ambessa
Ambessa

Re: DONKIES

Post by Ambessa »

Hallo al die donkie-maters (vir of teen)

Is dit 'n wonderlike ding/ Die ouens is darem nou baie stil.

Sien in die koerant dit is nie oraait as oom leeu 'n donke (of perd?) eet nie maar dit is oraait as 'n jong welpie 'n hoendertjie eet? Hoe is die mensdom?

Wat van die Alpakkas? Werk hulle?

Ambessa
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: DONKIES

Post by Yalair »

Ja dis darem te erg vir my, het jy al gesien hoe lyk dit as 'n jakals 'n lam vreet  >:(
tafjak

Re: DONKIES

Post by tafjak »

Ambessa
Wat van die Alpakkas? Werk hulle?
Hulle sal hul spoeg moet ken om jakkie bang te maak. Nee, ek weet nie of die goed werk nie. Al wat ek weet is dat hulle darem kan vreet.

Taffie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: DONKIES

Post by Caller »

Projag

Jong, nee ek het dit weer dat dit net donkie merries moet wees. Die hingste raak aggresief as die man se luste nie bevredig word nie, en dan byt of skop hy skape of lammers dood. Soos ek dit het is jou spaanse donkies die beter ras en dan moet jy ook maar kyk vir een met 'n goeie temprament. In die 50/50 program van laas maandag sal hulle mos nooit die geslag wat werk, vir jou s? nie, want onthou hulle soek 'n mark vir die donkies wat hulle gered het van mishandeling. As hulle dus s? dit is net merries wat werk, sit hulle met die hingste opgeskeep. En dit wil hulle mos nou nie h? nie. ::)

Ek weet van een geval wat die boer beweer het dat as hy sy skape in die wildkamp jaag (met sebra's) het hy geen verliese gely het nie en hy beweer dit is die sebra's wat die jakkalse uit die wildkamp hou.

Caller   
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Post Reply