Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Ek het gister batterytjies herlaai toe die vrou my wakker skrou dat die goed aan die brand wou slaan. Manne as ek nie by die huis was nie het my huis gister afgebrand. Die houertjie was opgesmelt en dit was net n rookbol waar hulle staan. Ek herlaai nou al verskillendes van hulle vir seker al die laaste 4 jaar en nou dit . Dit is ook nie oues nie want die 8 is onlangs vervang met nuwes. Ek het dikwels hulle sommer oornag gelaai maar na gister ,nooit weer sonder toesig nie . So maand terug het een in n ander charger ook so warm geword dat sy omhulsel gesmelt het en die rook getrek het en ek was by toe haal ek hom uit en gooi weg maar nou weet ek dit is nie toeval nie.
As iemand dalk nstukkende foxpro het en sy battery houertjie werk nie , ek soek een dringend groot asb.
Groete Biker
As iemand dalk nstukkende foxpro het en sy battery houertjie werk nie , ek soek een dringend groot asb.
Groete Biker
- ruger
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Sat Aug 28, 2010 9:24 am
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Is dit die AA of penlite batterye wat jy in die foxpro se battery houer herlaai? As dit so is is dit jou probleem,4 AA batterye is net oor die 5volt en dit is 'n socket wat 9volt batterye herlaai!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Spanning op 4AA batterye moet (4x1.5) 6V wees. Met herlaaibare batterye is dit slegs 5V (4x1.25). Baie apparate werk baie sleg daarmee of geensins. Veral GPS'e soek 'n volle 6V.
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Biker, probeer by Allen Truter, 041 9229858/041 9922079, een is 'n fax no, kry sommer vir jou die herlaai toestel, ek gebruik myne nou al 5jr sonder probleme.
Groetnis
Groetnis
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Ruger en Tripod
Ek herlaai al vir 4jaar en my setup is reg en luister wat ek oor waarsku . AS DAAI HERLAAIBARE BATTERY DEFEKTIEF RAAK EN JY HERLAAI HOM DAN DAN KAN DAAR MOELIKHEID KOM!
Dankie Pieter het ook gedink aan Allen

- Karooklong
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Biker ek weet dit is al 'n paar maande later maar ek doen die afgelope week baie navorsing oor batterye wat ek in my roeper wil gebruik.
Die batterye wat Jackalpro verkoop is Ellies se 2300mA NiMH - jy moet hulle eers laai voor gebruik en hulle sal afloop in sê maar 7 dae as jy nie jou roeper gebruik nie. Hulle loop dus af sonder dat jy hulle gebruik. Ek het die les geleer met herlaaibare batterye in my kamera.
Ek et nou Camelion 2100mA batterye bestel wat "Always Ready" is. Hulle behou hulle krag as jy nie die toerusting waarin dit is gebruik nie - soos jou kamera of roeper.
Ek weet die meeste manne gebruik die 2700mA batterye maar die gevolgtrekking wat ek maak is dat die gewone batterye jou maklik kan los as jy dink hulle is nog vol gelaai.
Camelion het ook 'n charger wat jy kan verstel en as die batterye vol is triggle charge hy hulle net - 'n battery kan baie gou oppak as hy oorlaai word - soos jou ondervinding.
Jy het moontlik klaar reg gekom, maar ek dink dit kan moontlik iemand 'n kopseer spaar.
Groete

Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
karoo k
Dankie vir die inligting. Kry mens die Camelion batterye in die gewone winkels ? Stem saam dat die GP 2700 ontlaai.
Groete Biker
Dankie vir die inligting. Kry mens die Camelion batterye in die gewone winkels ? Stem saam dat die GP 2700 ontlaai.
Groete Biker
- Karooklong
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Biker ,
Ek het myne bestel by Outeniqua Electrical - hulle is in Mosselbaai en die man daar, Boetie, doen baie moeite en hy sal vir jou kan kry wat jy soek: 044 - 6950154
Waar in die Stormberge is jy - my skoonmense is in Steynsburg.
Groete
Ek het myne bestel by Outeniqua Electrical - hulle is in Mosselbaai en die man daar, Boetie, doen baie moeite en hy sal vir jou kan kry wat jy soek: 044 - 6950154
Waar in die Stormberge is jy - my skoonmense is in Steynsburg.
Groete
Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Die Camelion, is dit ook Ni-Mh ? Wat is die spanning? 1.2v?
Ek sou graag Li-ion batterye wou gebruik, hulle is tops. Hulle is 3.7 v elk, so twee behoort te doen, al moet mens die spanning bietjie afbring met 'n serie diode.
Ongelukkig pas die 18650 grootte nie in die Foxpro nie, maar miskien kan mens tog 'n plan maak daarmee.
Die RCR123A groottes is bietjie klein teen 650 Mah.
Groete
Johan Smit
Ek sou graag Li-ion batterye wou gebruik, hulle is tops. Hulle is 3.7 v elk, so twee behoort te doen, al moet mens die spanning bietjie afbring met 'n serie diode.
Ongelukkig pas die 18650 grootte nie in die Foxpro nie, maar miskien kan mens tog 'n plan maak daarmee.
Die RCR123A groottes is bietjie klein teen 650 Mah.
Groete
Johan Smit
- Karooklong
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Jip Johan hulle is 1.2 V - Ni-MH Nickel-Metal Hydride. Camelion het 'n 2500mA Always ready, maar hulle is nog nie hier beskikbaar nie.
http://camelionbattery.com/index.php?op ... 60&lang=en
Die ouens het 1.5V Litium batterye maar ek kan nie sien hoeveel mA hulle is nie.
Groete
http://camelionbattery.com/index.php?op ... 60&lang=en
Die ouens het 1.5V Litium batterye maar ek kan nie sien hoeveel mA hulle is nie.
Groete
Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
- Karooklong
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Sat Jun 08, 2013 4:58 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Ek sien die website het ook van die Camelions - http://www.mantech.co.za/Stock.aspx?Query=camelionand
Die ouens se storie is reg hulle het nog 'n battery wat lekker sal werk in roepers - http://www.mantech.co.za/Datasheets/Pro ... OX_CAM.pdf
"The new Camelion Lockbox battery locks in the energy for up to 6 months after
charging, so you can use it anytime"
En hulle kom in 2700mA, ek is amper nou spyt oor wat ek gekoop het - sal maar 4 van die manne ook moet kry vir standby.
Die ouens se storie is reg hulle het nog 'n battery wat lekker sal werk in roepers - http://www.mantech.co.za/Datasheets/Pro ... OX_CAM.pdf
"The new Camelion Lockbox battery locks in the energy for up to 6 months after
charging, so you can use it anytime"
En hulle kom in 2700mA, ek is amper nou spyt oor wat ek gekoop het - sal maar 4 van die manne ook moet kry vir standby.
Karooklong
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
.22 Oberndorf Mauser dikloop
.243 K98 met Ferlach loop
.308 Howa Varminter
7.62 x 51 RSA Musgrave
9mm CZ P07
12 Boor CBC Pompaksie
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Dankie, ek was nie bewus van Camelion nie.
Groete
Johan Smit
Groete
Johan Smit
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Karoo KKarooklong wrote:Biker ,
Ek het myne bestel by Outeniqua Electrical - hulle is in Mosselbaai en die man daar, Boetie, doen baie moeite en hy sal vir jou kan kry wat jy soek: 044 - 6950154
Waar in die Stormberge is jy - my skoonmense is in Steynsburg.
Groete
Dankie. As ek weer vervang dan weet ek metwat. Ek is oos van burgersdorp ,naby Witkop.
Groete
- .223 JAGTER
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
Wil asb by manne hoor wat RANGER veld kamera het waste herlaaibare battery julle gebruik (hoeveel Ah) en hoe lank kan ek hom in veld los en wat is beste verstelling op kamera bv. elke 30 sec neem hy 2 fotos as daar beweging is.
Baie Dankie
Baie Dankie
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Pasop ! Laai van herlaaibare batterye vir Foxpro
ek het 2 van die rangers en ek gebruik energizer se herlaaibaar.hulle is 2450ah en dan los ek die kamera so 10dae voor ek weer gaan kyk.ek het al enige batterye in in die rangers gehad en nog nooit probleme nie.my kameras is nou nie by my nie maar ek dink hulle setting is op "p.i.r" gestel en 5sek.sal vir jou die settings deurgee as ek hulle weer het.223 JAGTER wrote:Wil asb by manne hoor wat RANGER veld kamera het waste herlaaibare battery julle gebruik (hoeveel Ah) en hoe lank kan ek hom in veld los en wat is beste verstelling op kamera bv. elke 30 sec neem hy 2 fotos as daar beweging is.
Baie Dankie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum