Pa en dogter jagnaweek
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Pa en dogter jagnaweek
Middag manne.
Die post van die pa en seun jag met die mooi vark het my laat dink.
Ek is bevoreg om net 1 dogter te he, en gelukkig hou sy ook van jag. Toe wonder ek, wat van n paar van ons manne met ons dogters op n jagnaweek? Dit is maar altyd n gesukkel om jou dogter saam te vat as dit n manne jag is, maar as ons as n paar pa's nou n plek boek, en ons dogters saamvat en bietjie tyd saam met jou dogter in die bos spandeer, sal dit mos baie meer aanvaarbaar wees vir die jong dames ook.
Dan het hulle immers ook geselsskap onder mekaar, en sal ek nou daarvan hou om na HULLE jagstories te sit en luister om die vlamme van n lekker bosveld vuurtjie!!
Wie van julle sal in so iets belangstel?
Kom ons kyk uit vir die pa's wat jagter dogters het!!
Groetnis.

Jaktrap
- Sr. Member

- Posts: 294
- Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Ek het nou nie self n dogter nie maar het op die show AMERICAN HUNTRESS gesien hoe lyk daai gesiggie na die
eerste bok. As dit nie n verantwoordelikheid sin skep in kinders nie sal baie min ander dinge dit regkry.
Klink na iets wat ek sal wil bywoon as n toeskouer en n baie goeie idee.
Lekker dag.
eerste bok. As dit nie n verantwoordelikheid sin skep in kinders nie sal baie min ander dinge dit regkry.
Klink na iets wat ek sal wil bywoon as n toeskouer en n baie goeie idee.
Lekker dag.
- Musgrave
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Robbie, ek sal eendag so iets wil doen. My enigste is ook `n meisiekind. Sy is nou eers vier jaar oud, so ek moet nog wag...
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
.45, daais nie n probleem nie, ons leer haar solank met die windbuks man, hahahha.
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Klink vir my reg jong.My oudste is 11 en die ander dogtertjie is nou 6.Altwee jag natuurlik 
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4242
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Klink my ook gaaf..Danielle is nou 12..
Cheers
Cheers
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Wat sal julle se wanneer? Ek dink dalk so einde Augustus, dan dit nie meer so erg koud vir ons ou bloedjies nie?
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Venue?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Tyd en plek maak nie vir my saak nie, ek ken ook so paar plekke, maar kom met voorstelle, altyd lus vir n nuwe plek!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Robbie
Dit is n goeie idee ek het al gedoen met my dogter ek het ook net een. Jy kan nie glo hoe geniet die meisies dit nie. En hulle kan jag met die lang naels en al. Hulle sal party van die seuns skaam maak met hulle veld kennis en skiet vernuf
Beretta
Dit is n goeie idee ek het al gedoen met my dogter ek het ook net een. Jy kan nie glo hoe geniet die meisies dit nie. En hulle kan jag met die lang naels en al. Hulle sal party van die seuns skaam maak met hulle veld kennis en skiet vernuf
Beretta
- Musgrave
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Klink na 'n blink plan!ROBBIE1 wrote:.45, daais nie n probleem nie, ons leer haar solank met die windbuks man, hahahha.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Ek het nou die skool kalender gekyk, wat van die naweek van 20 Sept. Die skool sluit die vrydag 20 Sept, as ons dan die vrydag middag ry, kan ons die dinsdag terug kom, dit is die 24ste en n vakansie dag, dan vat mens net die maandag verlof.
My meisiekind is vuur en vlam, haar die naweek gese ons probeer so ding aanmekaar sit, sy wil net weet wanneer!!
Hoe voel julle manne oor die datum, en as daar iemand is waar julle weet ons kan gaan met die kinders waar die wild nie te wild is nie, kry solank vir ons pryse ens, ons sal dan seker moet begin bespreek.

jamalley
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Ek sal ook graag myne wil saambring
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
ROBBIE1 wrote:Ek het nou die skool kalender gekyk, wat van die naweek van 20 Sept. Die skool sluit die vrydag 20 Sept, as ons dan die vrydag middag ry, kan ons die dinsdag terug kom, dit is die 24ste en n vakansie dag, dan vat mens net die maandag verlof.
My meisiekind is vuur en vlam, haar die naweek gese ons probeer so ding aanmekaar sit, sy wil net weet wanneer!!
Hoe voel julle manne oor die datum, en as daar iemand is waar julle weet ons kan gaan met die kinders waar die wild nie te wild is nie, kry solank vir ons pryse ens, ons sal dan seker moet begin bespreek.
Ai-ai-ai Robbie hoe wens ek nou ek het nader aan julle manne gebly. My blou-oog word 12 die jaar en ek vat haar gewoonlik op een jagtrip per jaar saam. (want sy nagg my daartoe)
Man sy sal dit darem so wardeer het oms so tussen n klomp meisiekinders en pa's op n jagtrippie te gaan.
Geniet julle dit terdee!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
FHM dis wat my die idee gegee het, myne gaan ook saam, maar dans dit maar altyd n klomp manne, seuns ens, die meisiekinners voel sommer uit, en ons manne sit en "suip" om die vuur, en gee nie aandag aan hulle nie, en en en en, en dan gaan le sy maar in die kamer en hou haarself besig op die laptop of BBM.
Ja ek gaan verseker nog steeds n ietsie vat om die vuur, maar met my dogter langs my!! Ekt haar bv nog nooit op n voetslaan trip gevat nie, dis maar hide of van die bakkie af. Ek wil haar bietjie ook die bos in vat laat sy daar iets skiet n slag. Ek dink dit gaan n gevaarlikke lekker ondervinding vir hulle wees om saam pa te stap, dalk n bietjie bloed te vat na die skoot ens.

- evdberg
- Sr. Member

- Posts: 285
- Joined: Tue Apr 16, 2013 2:49 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Die klink tog te lekker, my blouoog is nou eers 1 ... so ek sal hoop die Pa en Dogter trippie vat vlam en groei van krag tot krag.
Ek is baie bevoorreg om n "pigeon pair" te he - boeta is nou 2.5.
Ek wil het eers sien na wie aard hulle - want ma kannie eers n vlieg seermaak nie....
Ek is baie bevoorreg om n "pigeon pair" te he - boeta is nou 2.5.
Ek wil het eers sien na wie aard hulle - want ma kannie eers n vlieg seermaak nie....
Veiligheid begin by jou !
.308 HOWA
9mm Glock 19
.308 HOWA
9mm Glock 19
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Manne ek het met my een pel gesels wat n plaas het naby sentrum (Thaba Rooiberg omgewing). Dit is 240km van Pta af. Hy kan vir ons die volgende doen:
Verblyf vir pa en dogter R400/nag.
Slag, koelgeriewe ens is alles ingesluit, n tip vir die gidse volgens wat jy besluit, is welkom, maar nie verpligtend nie.
Daar is slaapplek vir 21 mense en 3 afsonderlike kamers, 3 hides en die plaas is 1300ha groot. Julle kan www.kalabaspanSafari.co.za google om n idee te kry. Vir my is die lodge baie luuks, die boma en kombuis toegerus met alles wat nodig is. Jy vat jou geweer, klere en kos en drinkgoed, bedegoed ens is alles daar.
Bok pryse:
Rooibok Ram R950-00 Ooi R650-00
Kudu Bul R 7500-00 Koei R 2800-00
Bwb Bul R3000-00 Koei R 2500-00
Waterbok Bul R7000-00 Koei R3000-00
RHB Bul R 4000-00 Koei R 3000-00
VVark Beer R 500-00 Sog R 450-00
Daar is nie verskil in pryse vir horing lengte nie, knypkop of roland, selfde prys.
As een van julle manne n ander plek wil voorstel, gooi hom laat ons sien. ek het nie n problem nie.
Hoor van julle.

Hoe is almal nou so stil, kom pa's, gooi n voorstel op die post van ander jagplek en wanneer julle dink, laat ons nou nie die ding n stil dood laat sterf nie kerels!!
-
bush hat
- Full Member

- Posts: 186
- Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Is julle naweek nou vasgemaak ?
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Robbie
Het jy bietjie al n update. Ek sal ook belangstel.
Groete
Het jy bietjie al n update. Ek sal ook belangstel.
Groete
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Middag manne.
Ek is nog reg vir die ding, Eugene het ook gese hy's in, al is sy dogter nog klein, ons leer haar windbuks skiet!
Ek sal net graag wil he daar moet nog voorstelle kom vir n jagplek waarheen ons kan gaan, of is almal tevrede met die plek wat ek bo die pryse van gegee het?
Dan moet ons net n datum vasmaak met die plaas, en daar laai ons die roerre, dogters en vat die groot trek!!

- Gert Odendaal
- Hero Member

- Posts: 984
- Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm
Re: Pa en dogter jagnaweek
Robbie, wat is die heel nuutste inligting rakende die Pa en dogter jag? Ek wil my dogter ook saamvat? Sy sien regtig uit daarna, sy is 17 jaar oud maar sal jag met `n glimlag. Laat weet asb.
Groete
Gert
Groete
Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
-
stan man
Re: Pa en dogter jagnaweek
robbie. ek sal kyk hoe lyk my dinge. ek gaan dalk nog n bokkie of so oor he wat ek graag sal vil afhaal. stuur my jou epos adres en ek stuur jou my pryslys.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Manne kom ons begin die bal aan die rol sit.
Gee asb voorstelle vir n datum. Die skool sluit die 20ste Sept, en begin weer 1 Okt. Ons kan die naweek van 21 ste gaan, en dan die maandag trug kom, of die naweek van 28ste, dan kan ons die donderdag middag ry en sondag trug kom. Dit hoef seker nie in die vakansie te wees nie, so enige datum, gooi manne!!
Gee asb voorstelle vir n datum. Die skool sluit die 20ste Sept, en begin weer 1 Okt. Ons kan die naweek van 21 ste gaan, en dan die maandag trug kom, of die naweek van 28ste, dan kan ons die donderdag middag ry en sondag trug kom. Dit hoef seker nie in die vakansie te wees nie, so enige datum, gooi manne!!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Pa en dogter jagnaweek
Stan man, soos ons telefonies bespreek het, sit sommer dit wat jy vir ons kan aanbied hier op die post, dan kan almal sien.
Dankie, ons kyk uit vir mooi pryse!
Dankie, ons kyk uit vir mooi pryse!