More manne
Het een van julle dalk al ladings vir hierdie kombinasie?
Dankie
Alvar
225gr Hornady vir 375 Ruger
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 225gr Hornady vir 375 Ruger
Die beste dryfmiddel is S355 en begin by 74gr wat jou naby aan 2700vps behoort te gee. Ek sal nie sommer 2900vps oorskry nie.
Hierdie koeëls is nie van die hardste nie en sal heelwaarskynlik die afslag en maal proses in een felle slag doen wanneer jy iets soos 'n rooibok sou skiet. Teikenskiet is moontlik die beste toepassing.

-
Alvar
- Full Member

- Posts: 160
- Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm
Re: 225gr Hornady vir 375 Ruger
Baie dankie Tripod.
Dit is vir 'n vriend van my en hulle wil gaan blesbokke skiet. Skote gaan glo nie nader as 200m wees nie.
Dit is vir 'n vriend van my en hulle wil gaan blesbokke skiet. Skote gaan glo nie nader as 200m wees nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 225gr Hornady vir 375 Ruger
My aanbeveling sou 'n bonded koeël of 'n mono wees van 200-250gr. Teen R25 'n kilo is die koeël die goedkoopste manier om vleisskade te vermy.