hin warm groete uit yskoue bethlehem!
Werk het my vir n lang ruk so besig gehou dat ek nog geen posts hierdie jaar gestuur het nie, maar darem so n ogie op die nagjag portaal gehou sedert laas jaar. Ek het toe uiteindelik besluit om die "no name brand " skietlig wat baie goeie diens so ver gelewer het te vervang met n ordentlike skietlig en besluit op die light force 240mm. sover hoogs beindruk, alhoewel ek moet wonder of mens nou ooit al daai kerse sal moet aansteek om jak te sien. ek moet ook soos ander vra hoe post ek fotos op forum met photo bucket?
Dankie
