Vlakvarkbredie

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Vlakvarkbredie

Post by Frikkiedbr »

Vlakvarkbredie

2 kg vlakvark, in blokkies gesny
250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemaalde, droë kruie)
45 ml olie
45 ml botter
1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
2 groot uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
500 ml wildsaftreksel
10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
250 ml port
2 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
1 pak (250 g) knopiesampejoene, grof gesnipper
125 ml – 250 ml suurroom
Vars pietersielie, vars gerasperde suurlemoenskil, sout en peper na smaak.

Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel. Verhit die botter en olie saam in ‘n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin. Skep uit met ‘n gaatjielepel en hou eenkant. Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter-en-olie mengsel tot die sag is. Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en vrhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 1½ uur of tot die vleis sag is. Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 – 40 minute. Voeg die sampioene by en prut tot gaar. Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by. Sit voor op krummelpap. Genoeg vir 10 mense.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Vlakvarkbredie

Post by LUAN »

Dit klink net lekker dankie vir die een Frikkie gaan hom defnitief probeer, ek moet nou net vir Pumba opspoor.
Post Reply