Page 1 of 1

Biltong Voorgereg

Posted: Fri Jun 14, 2013 9:46 am
by Frikkiedbr
Biltong Voorgereg

1/2 kg gekerfde biltong
250ml room
250g gekapte knoppie sampioene
Koppie gerasperde sterk cheder kaas
Olyfolie

Soteer die sampioene
Voeg biltong en room by MOET nie oorverhit nie anders skif die room,warm net op.
Bedek met kaas, VERHIT OOR LAE HITTE bedien op sodra die kaas gesmelt het.

Genoeg vir so 6 - 8 pers.

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Fri Jun 14, 2013 11:12 am
by Zack Benade
Hoekom vir so baie persone?

As dit regtig lekker is maak die 1-2 persone ++>: ++>:

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Fri Jun 14, 2013 1:59 pm
by egenis
Ek hou meer daarvan as Frikkie grappies pos en nie resepe nie. Wan ek dink nou glad nie hy is baie snaaks nie!

Ek is honger...

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Fri Jun 14, 2013 2:02 pm
by Frikkiedbr
Dankie Egenis, moet sĂȘ ek hou ook nie meer van myself nie :-\
Net so honger geword en verwyt myself oor die >:(

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Fri Jun 14, 2013 2:03 pm
by egenis
:laugh:

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Sat Jun 15, 2013 6:35 pm
by Christo
Sit hom nou en alleen opvreet. Frikkie selfs my vrou het haar mind gechange.

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Sat Jun 15, 2013 6:40 pm
by Christo
O ja, nie room gehad toe geimprivise met melk botter en bietjie Mazina en koekmeel.

Seker effe gesonder, toe kon ek amper alles alleen klaarmaak.

Re: Biltong Voorgereg

Posted: Sat Jun 15, 2013 9:24 pm
by mariusr
Ja nee met F rikkie lag jy jou gat af of jou maag grom w eet nie waar kom hy aan al die goeters? :):En dan ken die man sy Bybel ook nog! Mooi Frikkie! :)