Page 1 of 1
P14
Posted: Fri Jul 12, 2013 9:36 pm
by Landy
Hi manne help my asb wat is die verskil tussen n P14 en n mk vier 303. Die bulldog mk 3 weet ek is die een wat glad nie n loop het wat uitsteek.
Re: P14
Posted: Sat Jul 13, 2013 7:28 am
by Armand Steenkamp
Die P14 is gebsseer op n K98 en is n baie sterk aksie. Jy ken hom uit deur sy "ore" en krom bolt handle.
Groetnis
Re: P14
Posted: Sat Jul 13, 2013 8:24 am
by Jakkalsgat
More
Daar is paar verskille tussen P14 en die ander en die 1ste is sekerlik die aanmekaar kolf m.a.w die voorste gedeelde onder die loop en die agterste gedeelte (kolf gedeelte) is aaneen by P14 terwyl al die ander se kolf in 2 gedeel is met 'n staal ring wat hulle verbind.
P14 se slot se agterkant is rond terwyl die ander sin plat en regop is.
Die verskil le in die aksie want soos reeds gese is die P14 se aksie basseer op die K98 en is dit werklik 'n baie sterk aksie waarop jy groot kalibers kan bou. Die enigste nadeel wat van hierdie 'n lui en redelik stadige aksie maak is dat hy "cock on closing" is terwyl jy eerder by 'n swaerder kaliber 'n "cock on opening" aksie wil he wat hom dan vinniger maak vir die gevaarliker wild maar ek moet se ek jag al 20+ jaar met so .303 en dit het my nog nooit gepla nie.
Ek maak huidiglik paar rand bymekaar vir die koop van nog so P14 aksie maar in .243 kaliber as hy nog beskikbaar is, sal ek hom seker in 'n week of so. Na die 243 soek ek weer een wat ek 9.3 x 62 op wil laat bou.
Groete
Jaco
Re: P14
Posted: Sat Jul 13, 2013 1:03 pm
by Landy
Baie dankie vir die inligting, so die P14 het ook 'n magesyn
Re: P14
Posted: Sat Jul 13, 2013 2:48 pm
by Jakkalsgat
P14 het 'n magesyn maar anders as ander 303's kan syne nie uitgehaal word nie en moet van bo gelaai word
Re: P14
Posted: Sat Jul 13, 2013 6:27 pm
by Landy
Baie baie dankie manne ek wardeer dit baie
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 8:48 am
by dawiec
ek het my P14 wat bietjie bont geskiet het om laat bou in 'n 375 H&H....man nou skiet hy lekker!!
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 9:07 am
by cassie_calvinia
die p14 is mos die sterk aksie. waste kalibers kan ek laat bou, as ek so aksie het. 404jeff? 416? gee daar 'n paar samples asb.
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 9:55 am
by cassie_calvinia
wat is 'n P14 aksie werd?
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 10:41 am
by dawiec
Cassie kontak vir Johan Morkel by safari en outdoor Stellenbosch. Hy het my ombouing gedoen. Hy sal kan inligting gee oor hoe groot kaliber jy kan bou op die aksie.
Mooiloop!
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 3:50 pm
by Chris Swart
cassie_calvinia wrote:die p14 is mos die sterk aksie. waste kalibers kan ek laat bou, as ek so aksie het. 404jeff? 416? gee daar 'n paar samples asb.
Ek weet van manne wat 505 Gibbs op P14 aksies het sonder probleme.
Jy kan maar GROOT gaan
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 3:59 pm
by cassie_calvinia
ek sal maar eerder 'n rak geweer koop.
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 3:59 pm
by Chris Swart
Het jy 'n P14 aksie wat rondlê?
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 4:09 pm
by cassie_calvinia
Chris Swart wrote:Het jy 'n P14 aksie wat rondlê?
dit is die grap...ek weet nie.
die geweer by hugo van zyl. het hom jare laas gesien. maar, ek vermoet dit is 'n gewone aksie.
dit is 'n gaaitjie visier, met full stock. maar, ek weet dit se nie veel nie.
ding op my ma se naam
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 4:16 pm
by Chris Swart
Cassie
Die P14 aksies was baie skaarser as die "gewone" Mk4 aksies.
Kan die man nie vir jou 'n foto neem wat jy kan post nie?
Dan kan die slim manne hier op die forum vir jou kyk en sê watter aksie dit is.
Re: P14
Posted: Mon Sep 02, 2013 4:20 pm
by cassie_calvinia
Chris Swart wrote:Cassie
Die P14 aksies was baie skaarser as die "gewone" Mk4 aksies.
Kan die man nie vir jou 'n foto neem wat jy kan post nie?
Dan kan die slim manne hier op die forum vir jou kyk en sê watter aksie dit is.
dit is die plan, maar, hul weet nie waar die geweer is nie. hul soek hom
Re: P14
Posted: Thu Sep 12, 2013 10:30 am
by Jan Thuynsma
cassie_calvinia wrote:Chris Swart wrote:Het jy 'n P14 aksie wat rondlê?
dit is die grap...ek weet nie.
die geweer by hugo van zyl. het hom jare laas gesien. maar, ek vermoet dit is 'n gewone aksie.
dit is 'n gaaitjie visier, met full stock. maar, ek weet dit se nie veel nie.
ding op my ma se naam
Ek soek so ene met die oorspronklike gaaitjie visier, as jy inligting het en dalk van dit wil ontslae raak.
Re: P14
Posted: Tue Oct 01, 2013 3:23 pm
by tau
Toevallig die naweek die eerstekeer een vasgehou. Daai krom handle is nogals mooi op 'n lelike manier.