Ribbietjie Brood

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Ribbietjie Brood

Post by andre007 »

Die werk lekker in n buite oond, stoof of enige apperaat wat jy as oond kan gebruik en jy het die volgende nodig:

1 lekker vet Rib bv Skaap, Ribbok,vark ens (vetkant se vet liggies in blokkies gesny)
2 pakkies klaargemaakte witbrood deeg van die Supermark
Growwe biltong en braai spesierye

Metode soos volg; Verhit die oond tot op 180 grade, wanneer dit hitte bereik het draai af na so 120, kombineer die 2 sakke deeg en kry n plat oodpan, spuit met spray en kook en druk die deeg met die vuis plat daarop, vryf n mengsel van growwe biltong spesierye en braaisout in albei kante van die ribbietjie deeglik in, veral aan die vet kant.

Neem nou die ribbietjie en druk dit vas bo op die deeg met die vetkant teen die deeg, druk dit so hard as wat jy kan in die deeg "weg". Die deeg gaan lyk of dit so om die ribbietjie wil krul.

Druk die hele gedoente in die ood en bak tot gaar, op n temperatuur van 120 loop hy so 3-4uur. Bedien net so of as bykos en eet tot die mondjies blink van die vet.

Die gaarmaak tyd varieer maar van "oond tot oond" en ook van hoe gaar jy die vleisie wil he'.

Speel maar met die resep tot hy reg is ver jou

Smaaklikke ete
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Post Reply