Page 1 of 1

R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 9:25 am
by immelmanw
Hi Manne, koop n nuwe Hilux DC of n Fortuner en ontvang n R20000 S&O geskenkbewys.
https://www.facebook.com/photo.php?fbid ... =1&theater

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 9:45 am
by BRNO (Pierre)
Die jag en skiet ding raak ook by die dag duurder!!!

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 10:42 am
by Arnold
Ek het hierdie ander dag in 'n tydskrif gesien en toe gedink dit is tyd vir 'n nuwe bakkie ;)

Daai is darem 'n paar moerse honde agter op daai bakkie, of die nuwe bakkies is kleiner ...

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 11:49 am
by mr rey
Die honde is standaard.

Dit is die nuwe technology bakkies- bonsai bakkies (ligter op brandstof)

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 12:28 pm
by blaser
dis maar seker by die prys gesit of jy kry nie afslag nie
die hartseer is as jy finansier dan betaal jy rente op daardie bedrag

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 12:55 pm
by immelmanw
remington wrote:dis maar seker by die prys gesit of jy kry nie afslag nie
die hartseer is as jy finansier dan betaal jy rente op daardie bedrag
As jy n motor teen prima of prima minus koop is dit dam baie minder as kredietkaart kommisie!

Daar is seker mense wat dit nie nodig het nie......

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 1:50 pm
by blaser
gewoonlik die wat dit nodig het is nie die prima klient by die bank nie
teen se 12.5% koers gaan daai R20000 jou oor 72 maande R28528.10 kos wat jy terug betaal

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 1:57 pm
by Alwyn
Daar is baie "specials" op Hilux en Fortuners die laaste week....... Kan nie help om tewonder of daar niewes oppad is nie..........

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 2:34 pm
by JuanVE
Hulle sal dit ontken totdat die nuwes op die vloer is. Kan ook maar net wonder of daar nie nuwe model oppad is nie.

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 3:42 pm
by Pappabeer
Ek wens dit het anders gewerk...

Spandeer 20K by Willem en kry 'n nuwe Hilux. Dis n deal wat ek sal vat...

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Fri Aug 30, 2013 4:16 pm
by GERT vd M
Wat van koop vir R20000 by S&O en kry n HI LUX verniet. Sit my naam op asb.
GROETNIS
GERT

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Mon Sep 02, 2013 3:17 pm
by JamesK
Hule steel so baie Hilux'e jy kry nou daai 2 kar wagte verniet by...

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Wed Sep 04, 2013 8:22 am
by cassie_calvinia
ek het so bietjie voelers uitgesteek. ek soek mas 'n bakkie.
maar, nee wat. op imperial Toyota se kwotasie, kan jy of, die geskenk bewys kry, of, jy kry R20 000 afslag. met die afslag is die kwotasie op 'n 2.7 dc, 330 000. ceres Toyota se kwotasie is 225 000.
ek kannie 25 000 meer vir 'n bakkie betaal, en 20 000 se koop bewys kry nie.

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Wed Sep 04, 2013 8:24 am
by Chevvy SS
Cassie, wil jy alweer 'n petroldief koop?

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Wed Sep 04, 2013 8:33 am
by cassie_calvinia
ek het nie nou geld vir die 3l nie!

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Wed Sep 04, 2013 8:49 am
by VdWalt
cassie_calvinia wrote: met die afslag is die kwotasie op 'n 2.7 dc, 330 000. ceres Toyota se kwotasie is 225 000.
ek kannie 25 000 meer vir 'n bakkie betaal, en 20 000 se koop bewys kry nie.
Dit verskil tussen R330 000.00 en R225 000.00 is meer as R25000.00 ++>:

Re: R20 000 S&O voucher

Posted: Wed Sep 04, 2013 9:07 am
by cassie_calvinia
VdWalt wrote:
cassie_calvinia wrote: met die afslag is die kwotasie op 'n 2.7 dc, 330 000. ceres Toyota se kwotasie is 225 000.
ek kannie 25 000 meer vir 'n bakkie betaal, en 20 000 se koop bewys kry nie.
Dit verskil tussen R330 000.00 en R225 000.00 is meer as R25000.00 ++>:
ag man, 325 bedoel ek!