Page 1 of 3

Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoor

Posted: Wed Sep 18, 2013 7:39 am
by immelmanw
More Manne en Dames

Die tyd is amper hier vir Huntex Kaap, in die agtergrong werk ons hard om vir die jagterspubliek n klas jagskou aan te bied. Ek glo die sukses kom van beide kante, ons as handelaars moet vir julle "regte" specials gee en julle moet die skou bywoon! Saam kan ons dan bou aan n groot volhoudbare jagskou in die Wes Kaap.

Ek sal oor die volgende paar dae so paar "teasers" opsit, dalk oortuig dit die manne wat nog getwyfel het oor die skou om dit wel by te woon!

Uit die aard van die saak wil n man nie 3 dae voor die skou al die specials verkondig nie.......
maar kom ons begin met die "old faithfull" Zeiss Duralyt 3-12x50 weer teen R8500. Ek het gister so bietjie rondgebel, ons normale prys is op R9500. Meeste handelaars is oor die R10000.00. Daar is so een of twee wat dit goedkoper adverteer as R9500 maar het nie voorraad nie! Ons neem 80 Zeiss Duralyt 3-12x50 teleskope skou toe teen R8500.00. Ek kan met redelike sekerheid se, ek dink nie die mark sal gou weer die prys sien nie.

Tot later.....

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 8:55 am
by JTM
Ek is mal oor specials :D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 9:04 am
by PWV
Ons sal verseker kom kyk!!

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 12:43 pm
by birklec
Enige specials op gewere? ;D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 3:22 pm
by Marc
Prentjies Willem, prentjies >:D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 4:04 pm
by Matt
Manne, dis nie lekker nie, ek kan nie by Huntex uitkom nie. Ek sit nog by die werk.

Die voordeel is nou hoef ek nie vir Mamma te verduidelik waar die maand se salaris heen is nie.

Almal wat daar gaan draai, geniet Huntex 2013.

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:44 pm
by RV
Kom kyk bietjie by Die Kooperasie se stalletjie no 7 wat kos die Zeiss scopes daar

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 5:52 pm
by mariusr
"Specials" is ook my doodsteek!!!! Bly die Huntex is te ver vir my!!??

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 6:03 pm
by immelmanw
RV wrote:Kom kyk bietjie by Die Kooperasie se stalletjie no 7 wat kos die Zeiss scopes daar
Se maar.......die mense kom van ver.......

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 6:50 pm
by immelmanw
Right Manne.........net vir julle.

Swarovski Z3 3-9x36 R9000
Swarovski Z3 4-12x50 BRX R11500
Schmidt & Bender Zenith 3-12x50 R13000
Bushnell Elite 6500 2.5-16x42 R8000
Nikon Fieldmaster 3-9x40 (selfde klas as VX2 Leupold) R1900......(yip, dit is korrek)

Bushnell 1 Mile Arc 10x42 Rangefinder Binocular R12500.00

Maar dan hou ons die beste tot laaste....................to be continued.

Tikka T3 Hunter 30-06 Springfield R13..............
Tikka T3 Guerilla Laminated Stock 243 Win R13............
CZ P07 Duty Pistool R6300
CZ 550 30-06 Springfield De Lux R11000

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 6:57 pm
by mariusr
Dis nou wat mens "specials" noem! Ek hipper venteleer nou sommer! Nee my magtig sal nie vanaand kan slaap nie!!??

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 8:06 pm
by Marc
Dis mos nou hoe n special moet lyk, manne kan maar note vat :o

Toe ek CZ 550 en R11k sien het ek amper in my koffie verstik, dankie tog dis nie die 416 Rigby nie >:D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 8:22 pm
by cassie_calvinia
Marc wrote:Dis mos nou hoe n special moet lyk, manne kan maar note vat :o

Toe ek CZ 550 en R11k sien het ek amper in my koffie verstik, dankie tog dis nie die 416 Rigby nie >:D
maat, dan was my naam al op hom! al moes ek huistoe stap!

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 8:24 pm
by Chevvy SS
Mag ons nie bie nie? ;D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 9:14 pm
by RV
Die Kooperasie

CZ 550 6.5x55 R9555
CZ 550 7x64 net meer as R10000

Sabatti 9.3x62 R7850
Sabatti 458 win R7850 (slegs een beskikbaar)

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 9:16 pm
by immelmanw
RV wrote:Die Kooperasie

CZ 550 6.5x55 R9555
CZ 550 7x64 net meer as R10000

Sabatti 9.3x62 R7850
Sabatti 458 win R7850 (slegs een beskikbaar)
Die manne like maar die 30-06 en 243 gewere hier in die Kaap!
Wat is die Sabatti?

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 9:21 pm
by RV
Het 243 CZ ook, 30-06 ongelukkig klaar uitverkoop was R10500.
Kom kyk maar by stal 7 hoe lyk n Sabatti ;D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 10:13 pm
by immelmanw
RV wrote:Het 243 CZ ook, 30-06 ongelukkig klaar uitverkoop was R10500.
Kom kyk maar by stal 7 hoe lyk n Sabatti ;D
Is dit n sort motor....?
Ek spot net, sal kom bladskud! Sien uit na Huntex!

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 10:16 pm
by RV
Ek hoop almal voldoen aan jou versoek dat ons vir die manne specials kan gee om die Kaapse Huntex volhoubaar te maak.

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 10:28 pm
by immelmanw
RV wrote:Ek hoop almal voldoen aan jou versoek dat ons vir die manne specials kan gee om die Kaapse Huntex volhoubaar te maak.
Met Humansdorp Ko-op op die skou sal die manne verseker specials kry! Hulle kan vir n kort rukkie goed teen cost koop......
Gaan julle dam genoeg Howas he? Wat is die prys R5999? of R5500?
Kom maak n draai, sal graag julle manne wil ontmoet.
Groete
Willem Immelman

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Wed Sep 18, 2013 10:31 pm
by immelmanw
OK, die laaste een, die res hou ons maar vir Huntex Kaap. Stalletjie 49, SAAL 3

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Thu Sep 19, 2013 6:59 am
by Marc
cassie_calvinia wrote:
Marc wrote:Dis mos nou hoe n special moet lyk, manne kan maar note vat :o

Toe ek CZ 550 en R11k sien het ek amper in my koffie verstik, dankie tog dis nie die 416 Rigby nie >:D
maat, dan was my naam al op hom! al moes ek huistoe stap!
Jy ook ;D ;D ;D

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Thu Sep 19, 2013 7:08 am
by Arnold
Wanneer begin en eindig Huntex?
Willem, gaan die winkel ook oop wees en die specials aanbied?

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Thu Sep 19, 2013 7:33 am
by Hilux01
RV

Daai is sommer baie goeie pryse
Ek een van daai 9.3 Sabatti Rover 870 en ek dink dis groot waarde vir geld, ruil myne vir niks

Geniet dit manne net jammer die skou is so veeeeeeeer

Re: Huntex Kaap 2013 - The Final Countdown - Safari & Outdoo

Posted: Thu Sep 19, 2013 8:09 am
by LUAN
Google huntex Kaap. Dis vanaf die 21ste tot 24ste van 9:00-17:00. Eks amper daar sal saterdag daar aankom, het al my bankaarte saamgebring. :)