BEES BILTONG RESEP

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

BEES BILTONG RESEP

Post by Cobus(Cobb) »

My wildsbiltong se resep is eenvoudig...asyn, woestersous, Freddie H original en Crown National Safari...

Watse ander resep is daar vir BEES BILTONG??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by DWB »

Vervang die wild met bees? :D

Ek kyk ook nou daarna om nou my eie beesbiltong te maak, heelwat goedkoper as in die slaghuise.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Carl »

Ek wil so min as moontlik vreemde smake in my biltong proe, behalwe vleis, hetsy koedoe of bees. So ek hou by dit wat die vleis preserveer soos my ouma dit gedoen het. Ek het eenkeer by Basie Vosloo in Barkley Oos bees biltong geëet wat my nou nog by bly - pure bees.
Die meeste biltong het 'n nasmaak want die meeste ready mix se bestandele het erens "agent... en E598" kodes in. Flavourant en tenderizer is vannie kos duiwel. Goeie vleis het beide nie nodig nie, ek bedoel waarna moet vleis geflavour word!?!?
Ek gooi sommer volgens smaak. Maak baie aan as jy oor het werk dit lekker op skaap ribbetjie;) net die sout effe fyner maal.
Growwe sout, fyn swart peper, bruin suiker en, bruin asyn om te sprinkel. Gebraaide koljander vars gemaal as die mense daarvan hou. Laat lê so 12 ure en dan hang ek.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Cobus(Cobb) »

....ja, die vleis moet ook ordentelik donker/amper swart uitkom...hierdie vaal blou/bruin vleis staan my nie aan nie..
Sal julle reseppies help met dit??

Robbie, kom deel jou geheime...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Skolla »

Soos ek hom maak.

Per 1kg vleis.
15gr sout
2.5gr koljander
1gr wit peper
25ml bruin asyn
5ml worcestershire sous
Laat lê ten minste 6 ure voor ophang, kan langer ook lê.

As jy hom donkerder wil hê, vervang van die asyn met worcestershire sous.

Skolla
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Doomslayer »

Ek het onlangs ook lekker batch beesbiltong gemaak en wou juis nie die kommersiele readymix gebruik nie.

Ek het toe bietjie gaan kyk in Kook en Geniet en nog paar ander plekke en so paar resepte vergelyk.

My uiteindelike resep het so uitgewerk:
1. Begin met goeie vleis! Ek het 'n C5 agterkwart gevat - dit wat nie kon biltong word nie, is opgesny in blokkies vir boerewors saam met wild. Die res is opgesny in biltonge.
2. Die hoeveelhede kan ek nie onthou nie, maar ek het gebruik growwe sout, grofgemaalde swartpeper, grofgemaalde koljander, salpeter (vir pienk kleur binne), bruin suiker (om sag te hou) en koeksoda. Dan ook obviously goeie asyn - nie daardie 5 liter gemors wat hulle by Crown, Freddy et al. verkoop nie - goeie kwaliteit druiwe asyn.
3. Laat le in spices oornag, doop vinnig in kookwater volgende oggend, druk vol koljander en hang op.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by HennieC »

Hi Cobus
My Biltong resep is al jare in die boere familie en ek gebruik dit vir bees en wilds biltong.
Indien daar spesery oor bly gooi ek dit in 'n sakkie en knop toe en bere in die yskas tot volgende keer.

250 ml Koljander (fyn)
500 ml sout (fyn)
200 ml bruin suiker
25ml koeksoda
12.5 ml salpeter
12.5 ml peper
asyn
worchestersous.
meng die speserye in 'n bakkie en gooi oor die biltong en maak goed nat met die asyn en worchestersous.
laat vir 2 dae staan en draai die biltong 3keer per dag op die 2dag word dit op gehang om te droog.

lekker man lekker
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Carl »

Hennie en manne, versigtig met die gebruik van salpeter of natrium nitraat NaNO3 of nitriet NaNO2. Dis 'n preserveer middel en verbeter die kleur van vleis. Maar dit is bekend dat dit kanker veroorsaak.

In nie kommersiële aanwending is dit nie nodig nie. As jy biltong in klam of warm toestande maak is dit 'n goeie idee maar gebruik klein hoeveelhede.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Riaan Beeslaar »

My biltong bees of wild het nie baie tierlanteintjies nie.
Net growwe sout, fyn swartpeper en vars gemaalde geskroeide koljander. Ek gooi sommer so met die hand en besprinkel elke laag met bruin asyn. Laat le oornag en hang dan op.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Foxcreek »

Doomslayer, as die bruin suiker die biltong sag hou en die salpeter hom kleur(en ons kanker) gee, wat sal die doel van die koeksoda wees?
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by ROBBIE1 »

Cobus, n slagter gee mos nooit sy geheime weg nie jong!!

Dit is nogal iets om almal se onderseie smake te sien. Persoonlik stem ek vir growwe sout, crushed swart peper, fyn wit peper en gedraaide heel koljander wat dan met die koekroller gerol word, druiwe asyn, en holbrooks worchestersous. Ek het nie n resep van gr/kg nie, ek gooi met die oog. Ek glo ook dat die biltong 12h moet le voor dit gehang word, en dan net 50% droog moet wees (ons praat mos nou van bees).

Elke man moet maar speel, neerskryf, weer verander, proe, ens, tot jy jou smaak het!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Carl »

Foxcreek wrote:Doomslayer, as die bruin suiker die biltong sag hou en die salpeter hom kleur(en ons kanker) gee, wat sal die doel van die koeksoda wees?
Dis 'n preserveer middel en verhoed die groei van muf in die klammer dele. Weet egter nie hoe effektief dit saam met die asyn is nie, want die 2 veroorsaak 'n chemies reaksie.
As jou deodorant op is kan jy koeksoda gebruik, dit hou die bak-en-terie in toom ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: BEES BILTONG RESEP

Post by Foxcreek »

Dankie Carl, nou leer ek weer iets nuuts.
Post Reply