Hulp rakende 308WIN lading

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Gerharddb
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Wed Aug 28, 2013 7:39 pm

Hulp rakende 308WIN lading

Post by Gerharddb »

Middag Manne,

Ek het bietjie hulp nodig. Ek het nou my eerste keer herlaai. Blerrie lekker storie!

Ek volg toe die sweetspot tegniek om die lading ontwikkeling te doen.

Details van die geweer:

CZ 550 .308Win Full Stock.
Twist is 1/10
Barrel Length 20'

Om te oefen vir die herlaai storie, het ek begin met Pmp doppe met Sierra Matchking 165gram punte. Die dryfmiddel S335. Ek het Lapua doppe gekry maar spaar hulle tot ek meer vertroud is met die hele herlaai storie.
Ek begin toe die ladings op 38gr en werk dit op met met 0.3gr tot by 43gr.

Ek het dit gister gaan skiet. 300m soos voorgestel in die tegniek storie.

Uit al die skote het ek 2 groeperings gekry:

nr 8- 39.5gr(2466f/sec)
nr 9-39.8gr(2514f/sec)
nr 10- 40.1gr(2564f/sec)

En dan
nr 13- 41gr(2600f/sec)
nr 14- 41.3gr(2642f/sec)

Laasgenoemde 2 het feitlik mekaar gesny.

Nou kom my vraag: Watter 1 kies mens? Is die ladings van nr 8-10 genoegsaam? Die spoed ens? Of gaan ek vir die bietjie vinniger spoed?
Thermal
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:55 pm

Re: Hulp rakende 308WIN lading

Post by Thermal »

Hi Gerhard

Ek dink dat jy vir eers nie oor die warm ladings moet worry nie, maar as jy n chrony het en by Somchem se spoed hou behoort jy ok te wees.

In die begin is n mens maar "te versigting", dan raak jy "mak" en eendag skrik jou boeglam as jou eerste dop bars... dan, eendag kom jy agter dat daar n ritme is waarteen jy moet laai, jy sal dan vir jou n prosedure uitwerk waarvan jy hou, as jy daar kom, glo ek kan jy maar poeier gooi!!!

As ek reg onthou het hulle die sweetspot in Wild en Jag die maand bespreek en daar het die ou nommer 14 gekies (dit was alfpad tussen 10 & 18, ek kannie onthou dat daar n spesifieke rede was vir 14 nie, maar ek het dielfde gewonder), met 10-18 wat toe almal bymekaar gele het op 300m. Maar toe skiet hy hulle op op 300m as n groep om the sien hoe groepeer dit.

Daar is net een manier om te sien of "die ladings van nr 8-10 genoegsaam" gaan wees.... dis immers hoekom die wetenskaplike metode daar is!!! Die Wright Brothers het nie in die sitkamer gesit en vlieg nie :), gaan uit en toets dit.

Jy gaan nog sien dat geen formule perfek gaan werk nie en dat daar baie faktore is wat jou dag se skiet kan beinvloed!

Wat was jou max spoed?
Post Reply