Weet julle ouens van die jaarlikse wildsete wat ons in Tzaneen hou die tyd van die jaar?
Ek weet dit is ver vir baie van julle, maar hier is menige wat nie sal omgee om 'n 100 of 200km na Tzaneen te reis vir die een nie. Dis absoluut vir "Wolwe" en 'n vegetarier sal 'n beroerte kry by die ete.
Ek weet nog nie wat op die jaar se spyskaart is nie maar daar is elke jaar disse van wat die ouens van ons vereneging die pas afgelope jagseisoen geskiet het. Die ou bekendes is gewoonlik altyd daar maar ons het al snaakse goed kon proe as ons wou. Van die snaakse goed uit van die vorige etes was Ystervark en Leeu. Goed soos Krokodil en Seekoei is mos nie meer so 'n vreemde gesig nie. Niemand het dit al gewaag om Aap of Bobbie voor te sit nie en glo ook nie dit sal gou gebeur nie.
Maar nou ja. Laat weet my wie belang stel. Daar is nie baie kaartjies beskikbaar vir die een nie.
