Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Aan die lede wat belangstel: as Johan Greyling dit oorweeg om op aanvraag .404 Jeffery (.423) jag gewere te bou, sou daar belangstelling wees?

Ek wil dit duidelik stel dat dit `n jag/werks geweer sal wees, kolf sal dan Okkerneut hout wees , tot en met `n graad 3 hout. Nie vertoon hout nie. Dit sal `n standaard Amerikaanse modern klassieke kolf met `n dubbel skadulyn wees, reguit kolf vir die hantering van terugskop. Swart ivoor punt op die russtuk. Afwerking sal "True oil " wees.

Visiere: Eiland visier :een staan ,twee platslaan/korrel wat by die visiere pas.
Ghostring visier kan op aanvraag gebou word, klein Rigby tipe visier.

Die gewone prosesse soos om die kolf te "bed", blou van metaal dele, checkkering is deel van die bou proses.

Kostes kan eers bereken word as dit blyk dat daar belangstelling is.

Dit sal goed wees om `n aanduiding te kry van moontlike belangstellende kopers, sien dit as `n peiling/opname.

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Silent Hunting »

Gert,

Jy kan my naam op sit vir "moontlik". Hier kom alweer huis moeles....

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by vriell »

As die prys vir my reg is sal ek ook belangstel.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by DWB »

Gee bietjie ñ idee van prys asb
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by ANDRIES »

Ek stel ook belang as die prys reg is.My klong vra al vir jare vir 'n 404.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Ek sien daar is moontlike belangstelling, ek sal `n prys uiteensetting kry in die verloop van volgende week. Die .404 Jeffery kaliber het nogal `n groot ondersteunings groep. Ek is mal oor die kaliber, seker maar omdat ek so ene in my kluis het .... ;D ;D Hy skiet so lekker omdat hy so lekker laai... :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Francois Marais »

Gert

Watse aksies gaan gebruik word????

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Ralph Badenhorst »

Plaas bietjie fotos van sy werk. Glo die manne sal dit waardeur
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Dankie vir die belangstelling, sal die antwoorde kry en terugvoer gee. Johan dink egter dit is beter om eers die .404 Jeffery te bou en dan die geweer te verkoop aan `n koper wat belangstel om die eienaar te word van `n .404 Jeffery jaggeweer. Dit sal enige druk uit die bouproses haal, so die geweer sal dan soos enige geweer verkoop word soos byvoorbeeld waar jy `n geweer by Classic Arms sal koop oor die toonbank. Die verskil is dan net die geweer is deur Johan gebou met al sy kennis en vaardighede waarvan daar baie is. Johan moet ook intussen sy normale wapensmit werk doen wat baie wapenwinkels se werk insluit in die Witbank/Middelburg streek.

Ralph dankie vir die inset , ek dink egter Johan gaan op die gewone jagter konsentreer wat soos dit blyk daar redelik baie belangstelling is. Soos ek dit in die vorige skrywe uit gelig het, dit gaan `n werks/jag geweer wees, wat dus nie "exibition grade "Okkerneut kolf sal dra nie, ook nie enige gravering wat goud-inlegwerk en "double square bridge aksie sal he nie . Maar die aspekte sal met die bouwerk in plek val, ek dink dit is `n kwessie van daar is `n mark vir die tipe jag geweer in `n .404 Jeffery kaliber.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Johan Greying bou nou drie, .404 Jeffery gewere, die kolf is `n mooi reguit, klassieke Amerikaanse ontwerp met `n dubbele skadulyn, sy inleg werk is regtig baie goed, bedding sal glad nie nodig wees nie, al word elke kolf gebed, net om meer sterkte aan die kolf te gee. Die kolwe is regtig mooi en jy kan dadelik sien dit is vir `n groooot kaliber, vir `n .404 Jeffery..... ;D ;D Ek sien uit daarna om die die bou proses te volg, daar is altyd so baie om van Johan Greyling te leer. Net om hom dop te hou en die kolwe onder sy hande te sien vorm aanneem is regtig `n plesier.
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Kallie404 »

Naand Manne,

Ek lees nou eers hierdie "post". Julle sal nooit spyt wees oor n 404 nie !! N lekker algemene jag kaliber vir enige iets van n duiker tot n olifant. Ek het Vrydag wat verby is hierdie buffel bul se handbriek op-getrek met my 404. Die storie volg.

Groete
Last edited by Kallie404 on Mon Oct 21, 2013 8:46 pm, edited 1 time in total.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by DWB »

Kallie jou wetter! Baie geluk! Mooi buf!

Oom Gert, sit asb vir ons fotos en kostes op.

Fotos spesifiek van die kolwe... My kop raas al te lekker oor die goed.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Kallie404 »

Deon, wens dit was myne.....ek het my beste vriend gevat vir sy eerste buffel bul op Letaba Ranch. Ons het seker oor n duisend deur gekyk voor hierdie bul vir ons alles gegee het waarvoor ons gevra het. Hy is bietjie te hoog geskiet maar die 404 het die handbriek opgetrek!!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by DWB »

Mooi man Kallie. Dit bly ñ voorreg om te kan saam gaan op so jag!

Daar is soveel keuses met so geweer dat my kop al lekker draai!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by BRNO (Pierre) »

Kallie404 wrote:Deon, wens dit was myne.....ek het my beste vriend gevat vir sy eerste buffel bul op Letaba Ranch. Ons het seker oor n duisend deur gekyk voor hierdie bul vir ons alles gegee het waarvoor ons gevra het. Hy is bietjie te hoog geskiet maar die 404 het die handbriek opgetrek!!
Skuus die high-jack, maar kallie, daai is seker een van die mooiste, indien nie die mooiste, buffels wat iemand op die forum geplaas het. Tweedens is die foto ook perfek geneem. Baie geluk daarmee.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Kallie, jy maak my nou dinge wens wat my soos `n ondankbare mens sal laat lyk, `n mens het so baie om voor dankbaar te wees, dit sal amper nie reg wees om `n skietgebed op te stuur dat dit ook vorentoe deel van my pad sal wees.... :) :) Maar dit moes regtig `n wonderlike gebeurtenis gewees het om die mooi .404 Jeff van jou in aksie te kon gesien het....jy `is `n bevorregte mens, maar ek gun jou elke mooi belewenis...baie geluk met die mooi ervaring....plaas net meer fotos asb, en vertel die storie so twee keer na mekaar dat ons dit tweekeer kan lees en lekker kry.... ;D :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Hallo Deon
Johan het die lope bestel, die aksie wat ek vanmiddag gesien het gaan hy waarskynlik gebruik, is `n Obendorf aksie, hy maak al drie kolwe op een slag saam klaar, hy kan net tot op `n punt die inle werk doen want die lope wat hy bestel het het hulle eie profiele. hy het solank die aksies ingele en die meeste van die loop gedeeltes. Hy sal die afwerking binnekort begin. Johan voel hy wil die gewere eers klaar bou en dan verkoop. So daar sal 3x .404 Jeffery jag gewere binnekort wees, lyk my as hy so aangaan gaan die .404 Jeffery gewere net soveel eienaars he as die .303 ... :): :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
Kallie404 wrote:Deon, wens dit was myne.....ek het my beste vriend gevat vir sy eerste buffel bul op Letaba Ranch. Ons het seker oor n duisend deur gekyk voor hierdie bul vir ons alles gegee het waarvoor ons gevra het. Hy is bietjie te hoog geskiet maar die 404 het die handbriek opgetrek!!
Skuus die high-jack, maar kallie, daai is seker een van die mooiste, indien nie die mooiste, buffels wat iemand op die forum geplaas het. Tweedens is die foto ook perfek geneem. Baie geluk daarmee.
Pierre
Ek wil met jou saamstem, die foto is wat ek waardeer, manne mag maar met my verskil maar die geweer saam met die bul, rond die pragtige foto baie mooi af, dit pas meer vir my as jy die geweer en die dier in die foto plaas, daar is ook nie onnodige bloed nie, dankie Kallie, dit is hoe ek graag my buffle vorentoe wil afneem....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Kallie404 »

Dankie Pierre en Gert

Dit bly n voorreg om sulke groot wild te jag. Ek sal binnekort n beskrywing vd jag opsit met n hele klomp fotos van buffels,renosters en olifante wat ons pad gekruis het tydens hierdie jag.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by DWB »

Kan nie wag nie Kallie!

Oom Gert,

Gooi daar vir ons 'n foto van die kolf vorm op asb.

Ek dink dit is 'n goeie idee waarmee julle besig is.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Deon ek maak so gou as moontlik sal die fotos neem as Johan se ek kan begin fotos opsit...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

DWB wrote:Kan nie wag nie Kallie!

Oom Gert,

Gooi daar vir ons 'n foto van die kolf vorm op asb.

Ek dink dit is 'n goeie idee waarmee julle besig is.
Hier is die fotos van die kolwe waarmee Johan besig is Deon, die kolwe is klaar tot voor die stap waar die regte lope ingesit moet word, so dit is nog in `n rowwe vorm maar jy sal dadelik weet of dit die tipe kolf is wat jy graag wil opsit op jou .404 Jeff. Onthou die Buffelhoring voorpunt en grip cap moet nog opkom. Dan sal Johan seker `n patroon magasyn in die kolf insit en die .404 Jeffery sal ook `n klein fyn Rigby tipe ghostring op die cocking piece ingeslot he...of op die brug aangebring word.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011487.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011485.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011483.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011482.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011480.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011479.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011481.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by tripodmvr »

Kallie, moet van daardie mooi foto dit sê. Kyk hoe kyk hy vir my!!!! Is jy seker hy is gedooi?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by Gert Odendaal »

Ek wil hier heelhartig saamstem, dit is die mooiste foto wat ek nog ooit gesien het van `n buffel wat gejag is, seker maar omdat die buffel met `n .404 Jeffery geskiet is.... ;D :laugh:
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
stan man

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere

Post by stan man »

eina!! my ente.
kallie jy is n bevoorregde man.
ek weet nie of jy die foto werk gedoen het nie ,maar dit is soos die manne se. awwwsome!!

ek sal ook bitter graag n.404 in my kluis wil he,maar ongelukkig het ek nie die pitte om so n roer te kan koop nie.
Post Reply