Page 1 of 2
Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 3:45 pm
by Gert Odendaal
Aan die lede wat belangstel: as Johan Greyling dit oorweeg om op aanvraag .404 Jeffery (.423) jag gewere te bou, sou daar belangstelling wees?
Ek wil dit duidelik stel dat dit `n jag/werks geweer sal wees, kolf sal dan Okkerneut hout wees , tot en met `n graad 3 hout. Nie vertoon hout nie. Dit sal `n standaard Amerikaanse modern klassieke kolf met `n dubbel skadulyn wees, reguit kolf vir die hantering van terugskop. Swart ivoor punt op die russtuk. Afwerking sal "True oil " wees.
Visiere: Eiland visier :een staan ,twee platslaan/korrel wat by die visiere pas.
Ghostring visier kan op aanvraag gebou word, klein Rigby tipe visier.
Die gewone prosesse soos om die kolf te "bed", blou van metaal dele, checkkering is deel van die bou proses.
Kostes kan eers bereken word as dit blyk dat daar belangstelling is.
Dit sal goed wees om `n aanduiding te kry van moontlike belangstellende kopers, sien dit as `n peiling/opname.
Groete
Gert
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 4:00 pm
by Silent Hunting
Gert,
Jy kan my naam op sit vir "moontlik". Hier kom alweer huis moeles....
Henk
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 4:11 pm
by vriell
As die prys vir my reg is sal ek ook belangstel.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 4:21 pm
by DWB
Gee bietjie ñ idee van prys asb
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 4:33 pm
by ANDRIES
Ek stel ook belang as die prys reg is.My klong vra al vir jare vir 'n 404.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 6:45 pm
by Gert Odendaal
Ek sien daar is moontlike belangstelling, ek sal `n prys uiteensetting kry in die verloop van volgende week. Die .404 Jeffery kaliber het nogal `n groot ondersteunings groep. Ek is mal oor die kaliber, seker maar omdat ek so ene in my kluis het ....

Hy skiet so lekker omdat hy so lekker laai...

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 7:02 pm
by Francois Marais
Gert
Watse aksies gaan gebruik word????
Mooi loop
Francois
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 7:53 pm
by Ralph Badenhorst
Plaas bietjie fotos van sy werk. Glo die manne sal dit waardeur
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Fri Oct 18, 2013 8:42 pm
by Gert Odendaal
Dankie vir die belangstelling, sal die antwoorde kry en terugvoer gee. Johan dink egter dit is beter om eers die .404 Jeffery te bou en dan die geweer te verkoop aan `n koper wat belangstel om die eienaar te word van `n .404 Jeffery jaggeweer. Dit sal enige druk uit die bouproses haal, so die geweer sal dan soos enige geweer verkoop word soos byvoorbeeld waar jy `n geweer by Classic Arms sal koop oor die toonbank. Die verskil is dan net die geweer is deur Johan gebou met al sy kennis en vaardighede waarvan daar baie is. Johan moet ook intussen sy normale wapensmit werk doen wat baie wapenwinkels se werk insluit in die Witbank/Middelburg streek.
Ralph dankie vir die inset , ek dink egter Johan gaan op die gewone jagter konsentreer wat soos dit blyk daar redelik baie belangstelling is. Soos ek dit in die vorige skrywe uit gelig het, dit gaan `n werks/jag geweer wees, wat dus nie "exibition grade "Okkerneut kolf sal dra nie, ook nie enige gravering wat goud-inlegwerk en "double square bridge aksie sal he nie . Maar die aspekte sal met die bouwerk in plek val, ek dink dit is `n kwessie van daar is `n mark vir die tipe jag geweer in `n .404 Jeffery kaliber.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 7:55 pm
by Gert Odendaal
Johan Greying bou nou drie, .404 Jeffery gewere, die kolf is `n mooi reguit, klassieke Amerikaanse ontwerp met `n dubbele skadulyn, sy inleg werk is regtig baie goed, bedding sal glad nie nodig wees nie, al word elke kolf gebed, net om meer sterkte aan die kolf te gee. Die kolwe is regtig mooi en jy kan dadelik sien dit is vir `n groooot kaliber, vir `n .404 Jeffery.....

Ek sien uit daarna om die die bou proses te volg, daar is altyd so baie om van Johan Greyling te leer. Net om hom dop te hou en die kolwe onder sy hande te sien vorm aanneem is regtig `n plesier.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:07 pm
by Kallie404
Naand Manne,
Ek lees nou eers hierdie "post". Julle sal nooit spyt wees oor n 404 nie !! N lekker algemene jag kaliber vir enige iets van n duiker tot n olifant. Ek het Vrydag wat verby is hierdie buffel bul se handbriek op-getrek met my 404. Die storie volg.
Groete
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:08 pm
by DWB
Kallie jou wetter! Baie geluk! Mooi buf!
Oom Gert, sit asb vir ons fotos en kostes op.
Fotos spesifiek van die kolwe... My kop raas al te lekker oor die goed.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:12 pm
by Kallie404
Deon, wens dit was myne.....ek het my beste vriend gevat vir sy eerste buffel bul op Letaba Ranch. Ons het seker oor n duisend deur gekyk voor hierdie bul vir ons alles gegee het waarvoor ons gevra het. Hy is bietjie te hoog geskiet maar die 404 het die handbriek opgetrek!!
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:17 pm
by DWB
Mooi man Kallie. Dit bly ñ voorreg om te kan saam gaan op so jag!
Daar is soveel keuses met so geweer dat my kop al lekker draai!!!
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:52 pm
by BRNO (Pierre)
Kallie404 wrote:Deon, wens dit was myne.....ek het my beste vriend gevat vir sy eerste buffel bul op Letaba Ranch. Ons het seker oor n duisend deur gekyk voor hierdie bul vir ons alles gegee het waarvoor ons gevra het. Hy is bietjie te hoog geskiet maar die 404 het die handbriek opgetrek!!
Skuus die high-jack, maar kallie, daai is seker een van die mooiste, indien nie die mooiste, buffels wat iemand op die forum geplaas het. Tweedens is die foto ook perfek geneem. Baie geluk daarmee.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 8:57 pm
by Gert Odendaal
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 9:06 pm
by Gert Odendaal
Hallo Deon
Johan het die lope bestel, die aksie wat ek vanmiddag gesien het gaan hy waarskynlik gebruik, is `n Obendorf aksie, hy maak al drie kolwe op een slag saam klaar, hy kan net tot op `n punt die inle werk doen want die lope wat hy bestel het het hulle eie profiele. hy het solank die aksies ingele en die meeste van die loop gedeeltes. Hy sal die afwerking binnekort begin. Johan voel hy wil die gewere eers klaar bou en dan verkoop. So daar sal 3x .404 Jeffery jag gewere binnekort wees, lyk my as hy so aangaan gaan die .404 Jeffery gewere net soveel eienaars he as die .303 ...

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 9:11 pm
by Gert Odendaal
BRNO .06 (Pierre) wrote:Kallie404 wrote:Deon, wens dit was myne.....ek het my beste vriend gevat vir sy eerste buffel bul op Letaba Ranch. Ons het seker oor n duisend deur gekyk voor hierdie bul vir ons alles gegee het waarvoor ons gevra het. Hy is bietjie te hoog geskiet maar die 404 het die handbriek opgetrek!!
Skuus die high-jack, maar kallie, daai is seker een van die mooiste, indien nie die mooiste, buffels wat iemand op die forum geplaas het. Tweedens is die foto ook perfek geneem. Baie geluk daarmee.
Pierre
Ek wil met jou saamstem, die foto is wat ek waardeer, manne mag maar met my verskil maar die geweer saam met die bul, rond die pragtige foto baie mooi af, dit pas meer vir my as jy die geweer en die dier in die foto plaas, daar is ook nie onnodige bloed nie, dankie Kallie, dit is hoe ek graag my buffle vorentoe wil afneem....
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Mon Oct 21, 2013 9:47 pm
by Kallie404
Dankie Pierre en Gert
Dit bly n voorreg om sulke groot wild te jag. Ek sal binnekort n beskrywing vd jag opsit met n hele klomp fotos van buffels,renosters en olifante wat ons pad gekruis het tydens hierdie jag.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Tue Oct 22, 2013 6:32 am
by DWB
Kan nie wag nie Kallie!
Oom Gert,
Gooi daar vir ons 'n foto van die kolf vorm op asb.
Ek dink dit is 'n goeie idee waarmee julle besig is.
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:51 pm
by Gert Odendaal
Deon ek maak so gou as moontlik sal die fotos neem as Johan se ek kan begin fotos opsit...
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Sun Nov 17, 2013 2:21 pm
by Gert Odendaal
DWB wrote:Kan nie wag nie Kallie!
Oom Gert,
Gooi daar vir ons 'n foto van die kolf vorm op asb.
Ek dink dit is 'n goeie idee waarmee julle besig is.
Hier is die fotos van die kolwe waarmee Johan besig is Deon, die kolwe is klaar tot voor die stap waar die regte lope ingesit moet word, so dit is nog in `n rowwe vorm maar jy sal dadelik weet of dit die tipe kolf is wat jy graag wil opsit op jou .404 Jeff. Onthou die Buffelhoring voorpunt en grip cap moet nog opkom. Dan sal Johan seker `n patroon magasyn in die kolf insit en die .404 Jeffery sal ook `n klein fyn Rigby tipe ghostring op die cocking piece ingeslot he...of op die brug aangebring word.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011487.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011485.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011483.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011482.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011480.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011479.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011481.jpg
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Sun Nov 17, 2013 2:45 pm
by tripodmvr
Kallie, moet van daardie mooi foto dit sê. Kyk hoe kyk hy vir my!!!! Is jy seker hy is gedooi?
Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Sun Nov 17, 2013 9:12 pm
by Gert Odendaal
Ek wil hier heelhartig saamstem, dit is die mooiste foto wat ek nog ooit gesien het van `n buffel wat gejag is, seker maar omdat die buffel met `n .404 Jeffery geskiet is....

Re: Moontlike bou van verskeie .404 Jeffery jaggewere
Posted: Sun Nov 17, 2013 10:18 pm
by stan man
eina!! my ente.
kallie jy is n bevoorregde man.
ek weet nie of jy die foto werk gedoen het nie ,maar dit is soos die manne se. awwwsome!!
ek sal ook bitter graag n.404 in my kluis wil he,maar ongelukkig het ek nie die pitte om so n roer te kan koop nie.