Page 1 of 2
My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Nov 29, 2013 6:56 am
by sako 30-06
Sny ekstra vet van stertjies af,maak kaiings met vet of meng vet in droewors of boerewors.
Sit stertjies in n pressure cooker.
Gooi een ui,twee tamaties,n wortel,celery,knoffel,paprika,peper,coriander,worcester sous en water by net totdat stertjies bedek is.
Kook vir so 45min.
Dreineer die stock en hou vir wanneer jy sous maak vir pap of as n basis vir n potjie.
Gooi bbq six gun spice en bbq with garlic op stertjies,los vir so 30min.
Braai stertjies op kole en smeer met bbq sous of sweet en sour net voor jy dit afhaal.
My vrou se gunsteling!
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Nov 29, 2013 7:21 am
by vriell
Klink asof dit maklik ook my gunsteling kan word....het pakkie stertjies en sal dit beslis probeer.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Nov 29, 2013 10:27 am
by sako 30-06
vriell wrote:Klink asof dit maklik ook my gunsteling kan word....het pakkie stertjies en sal dit beslis probeer.
Daar is min goed wat so lekker is soos skaapstertjies!
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Nov 29, 2013 11:19 am
by cassie_calvinia
skaapstertjie vir my moet net so met sout en peper gebraai word.
die heel beste is as jy lammers merk, steek 'n bos brand, gooi hom meet wol en al in die vuur. trek net die wol doppie af, en eet!
ek persoonlik kom nie met souse naby karoo skaap nie! dalk miskien 'n rib
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Nov 29, 2013 11:22 am
by sako 30-06
cassie_calvinia wrote:skaapstertjie vir my moet net so met sout en peper gebraai word.
die heel beste is as jy lammers merk, steek 'n bos brand, gooi hom meet wol en al in die vuur. trek net die wol doppie af, en eet!
ek persoonlik kom nie met souse naby karoo skaap nie! dalk miskien 'n rib
Ek het al gehoor van die stertjie so met wol in die vuur gooi,maar was nog nooit so gelukkig om hom te proe nie.
Ek verkies self die stertjies sonder sous,maar my vrou verkies hom weer met sous.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Nov 29, 2013 12:18 pm
by ROBBIE1
Probeer hom bietjie in baksakkie in die oond, 160grade vir so 3 ure, man dan val hy amper van die been af, dis my gusteling manier van kalaharie prawn eet.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Sun Dec 01, 2013 4:21 pm
by Naas1
Ek sit hulle in die elektriese drukkoker met bietjie sout, peper en koljander vir 20min haal uit, laat afkoel en dan braai met nog sout en koljander "Koningskos"
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Sun Dec 01, 2013 8:36 pm
by Stefan764
Cassie jy het hom spot on. Ek kroek egter bietjie, ipv gewone sout en peper laat loop ek met Marina Braaisout
Gaan nerens sonder dit nie. As die Cruiser start laai ek eers die Marina in en dan klim ek in.
Gooi ook niks op skaap nie. Net olyfolie vir ekstra colestrol en op n rib suurlemoensap
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 9:47 am
by Rooster1089
Hallo,
Ek wil graag bietjie skaapstertjies braai.
Waar kan ek koop ( ek bly in pretoria noord) ?
Kan ek dit net so op ligte warm kole braai? of moet mens dit eers in die "pressure cooker" sit?
Dankie
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 10:15 am
by Wouter Roets
Manne
Ons het oor die 100kg nou gekoop op Aranos toe ons in Nam was. Die goed is verdomp verslawend! Ons het so bietjie ge-eksperimenteer deur die jaar en het toe Dirkie sous aan die einde op een poging oorgegooi oor die stertjies. Kon nie glo hoe komplimenteer die twee mekaar nie.
Groetnis
Wouter
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 10:17 am
by Capt. Yoda
Ek dink nou net ek het dit nog nooit geeet nie

. Al n skaap se kop geeet ma nie sy stert nie
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 11:14 am
by sako 30-06
Wouter Roets wrote:Manne
Ons het oor die 100kg nou gekoop op Aranos toe ons in Nam was. Die goed is verdomp verslawend! Ons het so bietjie ge-eksperimenteer deur die jaar en het toe Dirkie sous aan die einde op een poging oorgegooi oor die stertjies. Kon nie glo hoe komplimenteer die twee mekaar nie.
Groetnis
Wouter
Wouter ek is so bietjie moeg vir die Jimmy's sous.Het toe sommer nou die aand buffalo wings en skaapstertjies gemaak met durkey sous,dit was baie lekker.
Net jammer my tong was dood van al die asyn

Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 11:15 am
by sako 30-06
Rooster1089 wrote:Hallo,
Ek wil graag bietjie skaapstertjies braai.
Waar kan ek koop ( ek bly in pretoria noord) ?
Kan ek dit net so op ligte warm kole braai? of moet mens dit eers in die "pressure cooker" sit?
Dankie
Jy sal maar jou slaghuis,spar of pick en pay moet bel en hoor.
Nie so maklik om dit in die hande te kry nie.
Maar as jy eers n kontak het met jy hom soos goud bewaar.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 11:22 am
by win270
Cassie se advies hierbo werk uitstekend! Ek ken dit ook so. As jy die skaapstertjies bietjie kleur wil gee, sit net dan vir kort rukkie in oond op "grill" nadat die velletjies verwyder is.
Mense, dis koningskos!!
Waar kan mens skaapstertjies in die stad koop? Meeste slagters gaan my dalk net skeef aankyk . . .
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 11:55 am
by Robin
Daar is darem min dinge wat naby skaapstertjies kom.Ek self gooi hom lekker duk met aromat en suurlemoen sap en maak dan die rooster staan langs die vuur soos jy sou doen met n ribbetjie. Dan kan jy hom op sy eie tyd laat aangaan en die vet wat uit braai maak hom lekker crispy. Dink ek moet sommer vanaand dit weer doen,raak so lus as ek na almal se resepte luister.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 12:40 pm
by Wouter Roets
Sako
Dink jy nie die sous wat jy saam met die ys drink het dalk iets daarmee te make gehad nie?

Ja die Dirky sous saam met die stertjies was ook vir my n baie aangename verrassing. Ons stertjies le ongelukkig in Vereeniging en ek is nou so lus daarvoor ek ry sommer deur!
Groetnis
Wouter
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 12:44 pm
by Dolf014
Ek maak hulle maar gewoonlik so; gooi baie aeromat en braai hom op warm kole, dan eet jy hom hanne en tanne!!
Al probleem is net; jou glas wil later deur jou vingers glip van al die vetterigheid.
Het lank terug een aand 'n Vrystaat gesin genooi vir braai. Ook toe skaapstertjies vir voorgereg gebraai. Hulle was eers baie skepties, maar toe hulle die eerste een proe, toe laat loop hulle. Ek het toe maar vir my familie gesĂȘ hulle moet terug staan van die rooster af.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 12:59 pm
by sako 30-06
Wouter Roets wrote:Sako
Dink jy nie die sous wat jy saam met die ys drink het dalk iets daarmee te make gehad nie?

Ja die Dirky sous saam met die stertjies was ook vir my n baie aangename verrassing. Ons stertjies le ongelukkig in Vereeniging en ek is nou so lus daarvoor ek ry sommer deur!
Groetnis
Wouter
Nou dat jy noem,ek het die ys vergeet so dis dalk hoekom.

Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Fri Sep 26, 2014 7:56 pm
by wlm
Daar is 2 soorte stertjie. Die een is die gedeelte wat by die jong lammetjie af gesny word wanneer die lammers gemerk word. Dis van hom wat Cassie praat. Merino of dan wolskape se sterte braai lekker in 'n vuur soos Cassie beskryf. (Veral as dit 'n harpuisbos-vuur is, ou Cassie). Die braaiery gebeur gewoonlik sommer langs die kraal waar die merkery plaasvind.
Die stertjie wat in die slaghuise beskikbaar is, is die gedeelte wat van die geslagte karkas verkry word. M.a.w. die gedeelte van die stert wat na merk agterbly.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Tue Nov 04, 2014 1:58 pm
by Rooster1089
Ok, ek het toe my stertjies gekry en dis hoe ek dit toe gebraai het.
Kook die strertjies op die stoof vir so 25-35 min tot amper gaar.
Sit stertjies in tupperbak en gou braai speserye oor en Wellingtons se "Steak house sous marinade", laat le vir dag in yskas.
Volgende dag oor medium hitte kole gebraai in toeknyp rooster!
Dit was ongelooflik lekker!!!!
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Tue Nov 04, 2014 3:45 pm
by ROBBIE1
Rooster sien nou eers jyt al Sept gesoek. Bel my vrou, Elize by die slaghuis as jy weer soek hoor, 0125466807. Bel maar n week voor die tyd ons kry net n boks of 2 elke week, maar taamlik skaars.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Wed Nov 05, 2014 8:54 am
by Rooster1089
@ Robbie, baie dankie ek sal defnitief 'n luitjie gee.
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Tue Mar 31, 2015 1:41 pm
by Joeoilsa
Jou vrou het goeie smaak, seker hoekom sy jou getrou het.
Gaan die resep nou probeer boeta. Dankie, Ek koop altyd so 10kg sterte op 'n slag.
Jy is reg daar is niks lekkerder as skaapstert potjie nie.
sako 30-06 wrote:Sny ekstra vet van stertjies af,maak kaiings met vet of meng vet in droewors of boerewors.
Sit stertjies in n pressure cooker.
Gooi een ui,twee tamaties,n wortel,celery,knoffel,paprika,peper,coriander,worcester sous en water by net totdat stertjies bedek is.
Kook vir so 45min.
Dreineer die stock en hou vir wanneer jy sous maak vir pap of as n basis vir n potjie.
Gooi bbq six gun spice en bbq with garlic op stertjies,los vir so 30min.
Braai stertjies op kole en smeer met bbq sous of sweet en sour net voor jy dit afhaal.
My vrou se gunsteling!
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Tue Mar 31, 2015 2:59 pm
by cassie_calvinia
daai harpuis loop mooi. sousie se moer
Re: My Skaapstertjies resep
Posted: Tue Mar 31, 2015 3:19 pm
by Heinz Petersen
Skaapstertjie soos Cassie dit doen, maar die vet moet nie te veel afgesny word nie vir voorgereg.
Dan n morsige pot avfal.