Page 1 of 1

ken iemand die super lanber ?

Posted: Fri Jan 03, 2014 6:56 am
by varkjagter
more manne ,
wil somer met die intrapslag vir almal n mooi 2014 toewens en mag julle korrels tref waar julle korrel.

graag wou ek meer uitvind oor die super lanber haelgeweer wat uit spanje kom.ek kan n baie mooi tweedehandse een optel vir R12500 . geweer kom ook met vyf "chokes" (wat is dit in afrikaans )
hoor graag van julle wat die gewere ken.

groete varkjagter

Re: ken iemand die super lanber ?

Posted: Fri Jan 03, 2014 7:49 am
by tripodmvr
Sien daar is Lanber haelgeweer 2de hands in Engeland vir 545 pond beskikbaar. Dink nie ek sal meer as R10 000 uithaal vir so geweer. Hoop die ander manne kan meer inligting vir jou gee.