Page 1 of 1

Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 07, 2014 9:20 am
by Bloues
Hi

Ons is 5 vriende wat baie graag in die Kalahari wil gaan springbokke en gemsbokke skiet vanjaar.

Indien iemand van n plek weet wat bietjie duine en grasvelde het naby Askam/Van Zylsrus laat weet asb.

Vriendelike groete

Edward

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 07, 2014 9:24 am
by BRNO (Pierre)
Edward. Hierdie area wat jy nou noem is ook nog een van my begeertes om in te gaan jag.

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 07, 2014 9:37 am
by WILLEBEES
Het jou ge PM

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 07, 2014 9:49 am
by Geno
Kan iemand my ook PM met info asb. Pel van my soek jagplek.

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 07, 2014 12:29 pm
by DawieKotze
Geno wrote:Kan iemand my ook PM met info asb. Pel van my soek jagplek.
Ditto asseblief....ek soek ook jagplek vir die familie.

Dankie

Dawie

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 07, 2014 4:38 pm
by lechwe
Menere

Kyk na Vischgat Lodge. Dit is op die grondpad tussen van Zyls rust en Askam, so 90 km vanaf van Zyls rust. Baie mooi plek met goeie akkomodasie. Kan maar vir Ma saam neem, sy sal ook vd plek hou

Groete
Helgaard

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Jan 09, 2014 11:01 am
by Gerharddb
Geno wrote:Kan iemand my ook PM met info asb. Pel van my soek jagplek.
+1 asseblief?

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Jan 09, 2014 6:25 pm
by jenn
Geno wrote:Kan iemand my ook PM met info asb. Pel van my soek jagplek.

asseblief :)

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 21, 2014 2:25 pm
by Boskettie
Vir my ook asb.

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Tue Jan 21, 2014 9:57 pm
by Bulvegter
Klink my dis nog baie droog in daai wereld.

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Jan 22, 2015 3:53 pm
by Shaker
Hi Almal, Het enigeen dalk kontakte vir jag in die Van Zylsrus Askham area?

Soek plek vir 'n paar naweke.

Groete

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Feb 19, 2015 11:56 am
by gary-t
Hi

Kan jy asb. ook vir my n pryslys stuur.

Groete
Gary

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Feb 19, 2015 12:33 pm
by win270
Bloues, stel jou gerus voor aan die forum en vertel waarin jy alles belangstel. Vertel sommer ook van die vriende wat saam met jou jag en hulle ervaring tot nou toe. Ek is seker hier sal heelwat manne wees wat wil help.

Groete

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Feb 19, 2015 9:16 pm
by Flip Fouche
Naand Manne

Ons het al baie jare in die gebied gejag.Ek het vandag met ons kontak op Caledonia gepraat.Die manne wat in die teel van kleur variasie wild is,is besig om omtrent al die Kalahari Springbok ooie en ramme op te koop vir astronomiese bedrae.Die afleiding wat ons maak is dat jag in hierdie gebied en ook by ons hier in die Noordwes gebied baie moeilik gaan wees vir ons biltongjagters die volgende twee jaar. n Voorbeeld: Dinsdag op Tosca is rooibok ooie verkoop vir R5000.00 tot R5800.00 per ooi. Wat die "bank "was op jagplase , Blesbokke, word die ooie dan nou vir R3200.00 verkoop.So die slegte nuus is: Omtrent geen jag in die bogenoemde gebied nie.Die jagplase hier in ons gebied wat vir JARE laat jag het, het dan nog geen pryslyste beskikbaar nie.Die vroulike diere se teelwaarde is te hoog.Jagplek hier gaan baie skaars wees.

Groete

Flip

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Mon Nov 16, 2015 8:23 am
by Henna308
Goeie more almal

Ek stel ook belang in jag in die Kalahari vir volgende jaar. Ook Van Zylsrus omgewing.

Groete

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Jan 21, 2016 11:00 am
by JPS
Maane eerder as m nuwe draad te begin en pyne soos die hit enrun ouens te vat vra ek maar hier:

Is daar niemand wat weet van plase in die van Zyls rus area wat nog jag aan het vir jag groep van so 6-8 manne nie. Ons jag vir ons onspanning en die manne wat saam gaan kuier nie te veel nie en van ons drink glad nie. Ons jag al baie jare saam in die bosveld maar het hunkering om bietjie paar springbokke te skiet en ook paar gemsbokke. Indien daar kans is vir Lang afstand skiet soveel te beter.

So as iemand weet van plase in die area wat dalk oop is vir jag die jaar laat weet asb. Dit kan per
PM of op die draad wees.

Dankie by voorbaat.

Groete
Jan

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Wed Mar 02, 2016 2:29 pm
by Jacques Duckitt
Middag Menere,

ek sal ook graag as daar iemand is wat bereid is om n groep van +-6 mense te help in die Askham/van zyls rus area vir n paar springbokke en gemsbokke die detail wil he asb?

groete
Jacques
duckittj@gmail.com

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Wed Mar 02, 2016 3:53 pm
by Gernie
Ek weet van plek in Namibia anderkant Rietfontein?

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Wed Mar 02, 2016 4:23 pm
by PWV

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Mar 03, 2016 10:48 am
by kopskoot
JPS wrote: en die manne wat saam gaan kuier nie te veel nie en van ons drink glad nie.

Hekel julle dan so om die vuur of doen julle kruisie steek?
;D
Jan

Ek wil graag eenkeer saam julle kom jag, my jagmaats, soos Stefan en Oom Flip..... Wel hulle is baie anders :D ;D ;D...... veral in die Kalahari!!! :o

Re: Opsoek na n lekker plek om te gaan jag naby van Zylsrus

Posted: Thu Mar 03, 2016 10:57 am
by kopskoot
JPS wrote:Maane eerder as m nuwe draad te begin en pyne soos die hit enrun ouens te vat vra ek maar hier:

Is daar niemand wat weet van plase in die van Zyls rus area wat nog jag aan het vir jag groep van so 6-8 manne nie. Ons jag vir ons onspanning en die manne wat saam gaan kuier nie te veel nie en van ons drink glad nie. Ons jag al baie jare saam in die bosveld maar het hunkering om bietjie paar springbokke te skiet en ook paar gemsbokke. Indien daar kans is vir Lang afstand skiet soveel te beter.

So as iemand weet van plase in die area wat dalk oop is vir jag die jaar laat weet asb. Dit kan per
PM of op die draad wees.

Dankie by voorbaat.

Groete
Jan
Jan

Op n ernstiger noot. Gesels met Willem oor "Meteor" . As jy lus is vir vêrskiet... daar is dit n noodsaak! en daai duine en rooisand is iets anders!

Groete
Ronald