Naand Manne en Dames
Vanaf 3 Februearie 2014 is daar n verandering of twee by S&O se weborder afdeling.
Alle weborders of posbestellings wat na info@so.co.za gestuur word of direk op die internet bestel word sal deur Elizma Immelman of Nel Fourie hanteer word. Elizma se e-pos is elizma@so.co.za of selfoon 071 6855 719 Nel Fourie nel@so.co.za 072 445 2003. Die winkel se nommer is 086 111 4330.
Let wel: Die selfoonontvangs is baie baie swak in die Stellenbosch winkel, dus sal die landlyn of e-pos die beste werk. Julle kan vir ELizma of Nel sms en vra dat hulle vir julle skakel.
Lees asb:
As jy nie die antwoord kry wat jy verwag nie of nie vining genoeg n antwoord kry nie, e-pos asseblief vir my willem@so.co.za 082 854 0804 of vir Sam Kelbrick 083 297 0697 sam@so.co.za Ek antwoord baie min my foon, is redelik besig in die dag, as ek jou moet skakel, stuur asseblief n SMS met jou naam en nommer dan sal ek jou terugskakel.
Beide hierdie persone het ander werk ook, hulle neem nou tydelik weborders oor tot ons die regte skuiwe, aanstellings of besluite gemaak het. Hulle sal verseker hulle uiters bes doen om vir julle die beste moontlike diens te gee, Elizma is my vrou, ek is nie maklik nie.......dus hou my op hoogte!
Vir die mense wat die laaste paar maande slegte diens of hartseer ondervindings gehad het, ek is baie jammer, ek glo dit sal verbeter.
Groete
Willem Immelman
Safari & Outdoor posbestellings / weborders
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Safari & Outdoor posbestellings / weborders
Naand Willem,
Dit is hoekom julle die leier is in die bedryf, en hoekom S&O van krag tot krag gaan.
Ek kan met eerlikheid sê dat ek sedert 2003 toe dit nog Digital Image Warehouse was, nog nooit in enige bedryf sulke vriendelike en flink diens gekry het soos by Elizma nie. Niks is te veel moeite vir haar nie. Dit is 'n wenresep wat julle daar het glo ek.
Laat ek ook sommer hier die geleendheid gebruik om vir jou en Elizma te bedank vir die baie moeite en die goeie prys op die Zeiss HD5 3-15x42 wat ek die naweek by jou gekry het. Ek waardeer dit opreg.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Safari & Outdoor posbestellings / weborders
so ja!
ek hoop die mense verstaan jou die keer!
shame
dankie dat julle die winkel tot binne calvinia toe bring!
hou so voort!
ek hoop die mense verstaan jou die keer!
shame
dankie dat julle die winkel tot binne calvinia toe bring!
hou so voort!
HOU HOM DAAI DIKTE