My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Enige groot of klein visvang storie vanuit die groot blou dam hier.
Post Reply
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Nico de Jager »

My seuntjie het hierdie pragtige roman die afgelope Desember by Jongensfontein gevang. Hy is baie trots!
[img width=800 height=600]http://i864.photobucket.com/albums/ab20 ... age083.jpg[/img]
Ek het hierdie mosselkraker gevang
[img width=800 height=600]http://i864.photobucket.com/albums/ab20 ... age103.jpg[/img]
Groete
Ribbok
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by whisper »

Baie mooi gedoen julle altwee! Twee pragtige visse, jy moes n baie trotse pa gewees het! :)
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Geno »

Ribbok,
Mooi visse!
Baie geluk!
Goed, beter, 6millimeter!
300Winmag

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by 300Winmag »

Netjies -baie geluk.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by BLOK »

Ribbok

Mooi visse, kon net lekker wees, nou so lus vir varsvisbraai is net nie waar nie.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by JOHANNIC »

Mooi visse daardie ;)
Jongensfontein was darem onder die mis desember,ma ek geniet dit altyd daar lieflike plek om jou kinder heen te vat ;)
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Raven »

Ribbok,
Geluk,
Mooi visse, trotse seun en Pa  ;)

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Ooploop »

Jis dis mooi visse,se sommer weer geluk vir Noe  :laugh:

Grte
Ooploop
User avatar
PRIVATE RYAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 541
Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by PRIVATE RYAN »

Jis dis 'n mooi Cracker
daai!

Siffie?
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by theedge »

Dit is mos een vir die boeke - mooi
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Biker »

Vertel bietjie oor daai CRACKER  aas en die gespook alles. Daai manne laat hulle nie sommer kant toe bring nie.
Biker
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Rooies »

Biker

Maar duik af en sit langs langs die rif en gou hoor jy daai "goefgoef" soos hulle kom loer wie die nuwe kuiermense is.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Biker »

Ou Rooies
Daai was die dae my ou mater en hoe verlang ek nie terug nie, maar ai die jare loop :'(
Groete Biker
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.

Post by Nico de Jager »

Jis Manne,
jammer ek antwoord nou eers. Biker, dit was omtrent n gespook. My seuntjie vang al lank vissies. Eers kurpertjies met n handlyntjie en later met n stokkie en toe "blink vissies" soos strepies en kolsterte. Einde laasjaar sy hy hy wil saam met my begin vang, ek het toe al lank my oog op n lekker ligte kit vir elwe en galjoene- Franklin& Loomis 10 vt stok en Daiwa 30 met .40mm (25 Lbs) lyn. Sommer die eerste aand vang hy die mooi roman. n Paar aande later sien ek die toestande is baie gunstig vir n kraker en vat ek toe genoemde kit om dit self uit te toets. Sommer met my eerste gooi tel die knaap my op. Ek het eers gedink dis n pylstert en toe ek eindelik sien dis n vis was my nerwe dun want die lyntjie is nog dunnner en daai vis loop tussen die riwwe deur asof hy betaal word. Ek was alleen en moes hom dood speel voor ek hom na seker 20 min kon gaff. Ek het hom nie geweeg nie maar volgens sy lengte behoort hy 16.4kg te weeg. Ek twyfel of hy so swaar was en skat hom so 12kg. 
Groete
Ribbok.
Dis onwettig om siffies uit te haal, blykbaar gebruik die perlemoensmokkelaars siffies as verskoning om ondermaat perlemoen in hul besit te he. Ek het (ontwetend) die vis egter aan n siffie gevang. 
Post Reply