Page 1 of 1
My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Thu Jan 20, 2011 9:55 pm
by Nico de Jager
My seuntjie het hierdie pragtige roman die afgelope Desember by Jongensfontein gevang. Hy is baie trots!
[img width=800 height=600]
http://i864.photobucket.com/albums/ab20 ... age083.jpg[/img]
Ek het hierdie mosselkraker gevang
[img width=800 height=600]
http://i864.photobucket.com/albums/ab20 ... age103.jpg[/img]
Groete
Ribbok
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 5:55 am
by whisper
Baie mooi gedoen julle altwee! Twee pragtige visse, jy moes n baie trotse pa gewees het!

Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 7:28 am
by Geno
Ribbok,
Mooi visse!
Baie geluk!
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 7:30 am
by 300Winmag
Netjies -baie geluk.
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 7:34 am
by BLOK
Ribbok
Mooi visse, kon net lekker wees, nou so lus vir varsvisbraai is net nie waar nie.
Blok.
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 7:35 am
by JOHANNIC
Mooi visse daardie

Jongensfontein was darem onder die mis desember,ma ek geniet dit altyd daar lieflike plek om jou kinder heen te vat

Groete johan
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 11:07 am
by Raven
Ribbok,
Geluk,
Mooi visse, trotse seun en Pa
Raves
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 11:21 am
by Ooploop
Jis dis mooi visse,se sommer weer geluk vir Noe
Grte
Ooploop
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Fri Jan 21, 2011 12:39 pm
by PRIVATE RYAN
Jis dis 'n mooi Cracker
daai!
Siffie?
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Sat Jan 22, 2011 8:39 am
by theedge
Dit is mos een vir die boeke - mooi
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Sat Jan 22, 2011 9:15 am
by Biker
Vertel bietjie oor daai CRACKER aas en die gespook alles. Daai manne laat hulle nie sommer kant toe bring nie.
Biker
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Sat Jan 22, 2011 9:25 am
by Rooies
Biker
Maar duik af en sit langs langs die rif en gou hoor jy daai "goefgoef" soos hulle kom loer wie die nuwe kuiermense is.
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Sat Jan 22, 2011 10:04 am
by Biker
Ou Rooies
Daai was die dae my ou mater en hoe verlang ek nie terug nie, maar ai die jare loop

Groete Biker
Re: My seuntjie se eerste "GROOT" vis.
Posted: Sun Feb 06, 2011 8:20 pm
by Nico de Jager
Jis Manne,
jammer ek antwoord nou eers. Biker, dit was omtrent n gespook. My seuntjie vang al lank vissies. Eers kurpertjies met n handlyntjie en later met n stokkie en toe "blink vissies" soos strepies en kolsterte. Einde laasjaar sy hy hy wil saam met my begin vang, ek het toe al lank my oog op n lekker ligte kit vir elwe en galjoene- Franklin& Loomis 10 vt stok en Daiwa 30 met .40mm (25 Lbs) lyn. Sommer die eerste aand vang hy die mooi roman. n Paar aande later sien ek die toestande is baie gunstig vir n kraker en vat ek toe genoemde kit om dit self uit te toets. Sommer met my eerste gooi tel die knaap my op. Ek het eers gedink dis n pylstert en toe ek eindelik sien dis n vis was my nerwe dun want die lyntjie is nog dunnner en daai vis loop tussen die riwwe deur asof hy betaal word. Ek was alleen en moes hom dood speel voor ek hom na seker 20 min kon gaff. Ek het hom nie geweeg nie maar volgens sy lengte behoort hy 16.4kg te weeg. Ek twyfel of hy so swaar was en skat hom so 12kg.
Groete
Ribbok.
Dis onwettig om siffies uit te haal, blykbaar gebruik die perlemoensmokkelaars siffies as verskoning om ondermaat perlemoen in hul besit te he. Ek het (ontwetend) die vis egter aan n siffie gevang.