"Groen" Slagysters

Post Reply
Fraserburg

"Groen" Slagysters

Post by Fraserburg »

Hi

Het enige iemand vir my 'n kontak waar ek die "groen" slagyster kan koop?
Die tipe slagyster breek nie been as dit toe slaan nie....

Ek is dringend opsoek na 'n paar stelle.
Dankie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: "Groen" Slagysters

Post by tafjak »

Fraser

Alle ysters met off set en waar die trapgewig gestel kan word,is "groen". Oom Peter Schneekluth s'n is groen.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Spice
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Mon Mar 23, 2009 10:30 pm

Re: "Groen" Slagysters

Post by Spice »

Geen slagyster is "groen" nie. Dit moet egter voldoen aan die standaard wat vereis word deur die Norms & Standards van omgewingsake. (Dit is volgens die ISO 9000 vir slagysters saamgestel.) Trapplaat moet kan stel , die ketting moet in die middel onder aanheg met ten minste twee swiwels en ook n veer. Kake moet n 5mm gleuf he.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Post Reply