Page 1 of 1

Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Tue Mar 04, 2014 8:53 pm
by deserthuntr
Hallo al die manne. Hoop julle kan my help. Het my eerste bok met 'n 6mm (Musgrave loop op 'n P14 aksie) geskiet. Het toe onlangs vir my so 'n soortgelyke geweer aangeskaf, ook 'n 6mm met 'n P14 aksie en 'n musgrave loop. Die holf lyk soos die oorspronklike P14 kolf wat net afgewerk is. OP die loop staan nog: "Musgrave & Seuns" en die serial nommer is OB 4**93. Nou ek het verneem dat Musgrave se rekords en datums van vervaardiging nie meer beskikbaar is nie, maar kan iemand my dalk 'n ongeveer-datum gee van waneer die geweer so omgebou was? Dink die "Musgrave & seuns" op die loop maak dit nogal 'n ou geweer? Blykbaar is die geweer baie akkuraat, sal uitvind sodra ek my lisensie kry ;D

Enige hulp en inligting sal waardeer word. Dankie

Re: Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Tue Mar 04, 2014 9:12 pm
by tripodmvr
Vra vir Daan Els wat daar gewerk het. Hy het so post waar jy kan vrae vra.

Re: Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Wed Mar 05, 2014 12:00 pm
by swys
Beslis n ou geweer, post n foto dat ons kan sien hoe lyk hy

Re: Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Wed Mar 05, 2014 1:13 pm
by deserthuntr
Ja Swys, jy is nog jonk, vir jou is alles oud..... he he.

Re: Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Mon Oct 13, 2014 11:09 am
by Bees
Ek het ook presies daai P14 aksie op my 7mm Rem Mag. Ek hoor dis van die beste aksies wat jy kry...myne is ook al so mooi blink gevat...

Geweer by my pa ge erf maar ek wil eintlik n 308. Ek het gewonder wat ek vir die 7mm RM sal kry as ek hom moet verkoop eendag.

Re: Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Mon Oct 13, 2014 4:40 pm
by ruaanb
Ek dink die 6mm moet lekker skiet met daai aksie. Hoe akkuraat is hy?

Re: Musgrave 6mm met P14 aksie

Posted: Tue Oct 14, 2014 9:24 pm
by Alwin
Die naam sĂȘ vir my hy is nog gebou, voor die "Krygkor" oorname van Musgrave, waarskynlik nog onder Oom Ben Musgrave se hand. En ek verwag dat daai geweer uiters akkuraat moet wees. Die 6mm Mus op 'n P14 aksie, leen hom ook uitstekend to warmer ladings, as wat met 'n Lee-Enfield ombouing moontlik is. Hy kan verrigting gee, wat gaan grens aan die 6mm Rem. Laat weet tog asb hoe hy skiet.