Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Hi Alwyn, die 30-30 het my Pa vir homself gekoop vir R300 in 1983, ek was is st4 . Hy het hom toe vir my gegee in 1990 maar ek het nooit 'n kluis gehad nie en so het hy by my pa gel? tot so 3 jaar terug.
Ek het reeds lekker lading vir hom en die eerste blesbokke se biltong hang al. El het onder jag 'n post gemaak waar ek en myseun elk met 'n blesbok sit, daar kan jy die Marlin mooi sien.
Ek het ook nou my 30-30 rossi rio grande gekry en sommer 100 rondtes S&B 150gr ammo gekoop.
Sal die doppe gebruik om te herlaai. Watter koeels herlaai jy? Sal jy jou wenresep deel asb?
Ek het gekyk na die Sierre koeels wat hulle vir die 30-30 maak? Soos ek verstaan moet mens vir die Lever action altyd full size en dan krimp op die krimpgroef?
Beer.
Ek het met my Mod 94 gelydelik opgelaai tot ek druk tekens gekry het en toe dit as my maksimum spoed aangeteken. As ek reg onthou het ek gemiddeld vir elke duim langer as die 14" so 30fps gewen.
In my 30-30 het ek Speed Hot-Cors geskiet - 150gr oor 30gr S335 en ook Sierra 125gr HP oor 32gr S335. Die outjie het met gemak onder 1" op 100m geskiet en het my selfs so af en toe verras met 'n klawertjie of 2.
Doppe is nogal nie moeilik om te bekom nie, by Safari het ek al doppe gekry, verder het ek by KLK Remington doppe op 'n gereelde basis gekry.
Het tot my spyt die geweertjie aan my swear geskenk met omtrent so 500 doppe en 200+ gelaaide patrone.
My geweertjie het nie baie goed gegroep met PMC gekoopte ammo nie, maar as ek die PMCs uitgeskiet het en die doppe herlaai het het die outjie baie mooi geskiet.