Page 1 of 1

Herlaai 30-30

Posted: Sat Jan 29, 2011 7:11 pm
by Pvdw
Hi almal.

Ek het nou my 30-30 gekry en speel al te lekker 8) 8) 8)

Wat sou julle voorstel vir herlaai.

170gr teen +-2150ft/s of 150gr teen +-2300ft/sek.

Ek het nog nie spesifieke ladings nie maar bg snelhede behoort heel haalbaar te wees met of S341 of S335.

Ek gaan meestal bosveld skiet. Varke en dalk 'n Rooibok of 2

Ek het die Marlin lever action.

Enige voorstelle welkom.

Dankie

Peet

Re: Herlaai 30-30

Posted: Tue May 31, 2011 10:24 pm
by .::Alwyn-U::.
Hi Peet

Ek kon dit nie mis kyk nie! Ek sien jy het 'n lever action model gekry. Uitstekend, baie bly vir jou part sommer!

Ek is self hard opsoek na 'n .44magnum of 30-30 marlin. As ek mag weet, waar het jy joune raak geloop?

Groete!
Alwyn

Re: Herlaai 30-30

Posted: Wed Jun 01, 2011 7:42 am
by Pvdw
Hi Alwyn, die 30-30 het my Pa vir homself gekoop vir R300 in 1983, ek was is st4 ;D. Hy het hom toe vir my gegee in 1990 maar ek het nooit 'n kluis gehad nie en so het hy by my pa gel? tot so 3 jaar terug.

Ek het reeds lekker lading vir hom en die eerste blesbokke se biltong hang al. El het onder jag 'n post gemaak waar ek en myseun elk met 'n blesbok sit, daar kan jy die Marlin mooi sien.

Peet

Re: Herlaai 30-30

Posted: Sun Sep 01, 2013 11:42 am
by Beer (Christo)
Hallo Peet

Ek het ook nou my 30-30 rossi rio grande gekry en sommer 100 rondtes S&B 150gr ammo gekoop.

Sal die doppe gebruik om te herlaai. Watter koeels herlaai jy? Sal jy jou wenresep deel asb?

Ek het gekyk na die Sierre koeels wat hulle vir die 30-30 maak? Soos ek verstaan moet mens vir die Lever action altyd full size en dan krimp op die krimpgroef?

Dankie

Christo

Re: Herlaai 30-30

Posted: Sun Sep 01, 2013 5:59 pm
by Beer (Christo)
Ek het nog 'n vragie vir al die slim manne

Ek sien die Somchem boekie se data is uit gewerk op 'n 14" loop:
http://www.somchemreload.com/search?c=8&f=117

Die Marlin en die Rossi het 20" lope. Hoe gaan ek dan te werk om die maks lading uittewerk.

Dink daaraan om 150gr Sierra FN en S335 te gebruik.

Re: Herlaai 30-30

Posted: Sun Sep 01, 2013 7:29 pm
by 243Songdaug
Beer.
Ek het met my Mod 94 gelydelik opgelaai tot ek druk tekens gekry het en toe dit as my maksimum spoed aangeteken. As ek reg onthou het ek gemiddeld vir elke duim langer as die 14" so 30fps gewen.

In my 30-30 het ek Speed Hot-Cors geskiet - 150gr oor 30gr S335 en ook Sierra 125gr HP oor 32gr S335. Die outjie het met gemak onder 1" op 100m geskiet en het my selfs so af en toe verras met 'n klawertjie of 2.

Die sneller was net iets om aan gewoond te raak.

Re: Herlaai 30-30

Posted: Sun Sep 01, 2013 8:01 pm
by Beer (Christo)
Dankie 243S

Ek kannie wag om die roer tie by die skietbaan te kry nie. Kon darem so paar weke terug met my vriend sin skiet wat identiese een het.

Kan 'n man doppe in SA kry of moet ons maar ammo uitskiet om doppe te kry?

Re: Herlaai 30-30

Posted: Sun Sep 01, 2013 9:13 pm
by 243Songdaug
Doppe is nogal nie moeilik om te bekom nie, by Safari het ek al doppe gekry, verder het ek by KLK Remington doppe op 'n gereelde basis gekry.

Het tot my spyt die geweertjie aan my swear geskenk met omtrent so 500 doppe en 200+ gelaaide patrone.

My geweertjie het nie baie goed gegroep met PMC gekoopte ammo nie, maar as ek die PMCs uitgeskiet het en die doppe herlaai het het die outjie baie mooi geskiet.