INSPUIT TEGNIEKE

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

INSPUIT TEGNIEKE

Post by Yalair »

Voor gebruik moet alle toerusting deeglik gesteriliseer word deur hulle vir 20 minute te
kook.
Dit sou ideaal wees indien elke inspuitingsplek eers ontsmet kon word, maar dit
gebeur selde in die praktyk. Outomatiese spuite word gebruik wanneer groot getalle
vee ingespuit moet word. Alle entstowwe, behalwe Hartwaterbloed,
word onderhuids met kort spuitnaalde toegedien. (Kort naalde- 1 cm, 18G word
verkieslik gebruik).
Die instandhouding van hierdie spuite is belangrik omdat hulle duur is. Dit spreek
vanself dat alle spuite en spuitnaalde higi?nies hanteer word (verkieslik nie meer as
10 tot 20 skape met een naald nie). Die absolute minimum is egter dat die naald vir
elke nuwe drukgang met skape/bokke vervang word.
Maak seker dat die naald deeglik oop is voor gebruik deur steriele water deur te spuit.
Verseker ook dat die naalde nie stomp of gebuig is nie.

A Onderhuidse inspuitings (o/h)
By pasgeskeerde of kortwolskape is die kant van die nek die ideale inspuitingsplek.
Hierdie metode van inspuit word nie vir langwolskape aanbeveel nie, omdat die
entstof maklik verkeerd in die wol of ongesiens dwarsdeur die vel gespuit kan word.
By skape met lang wol, is die aanbevole area die okselarea langs die sternum
(borsbeen). Terwyl die skaap in die drukgang staan, word ?n voorste ledemaat opgelig
en die spuit in die okselarea onder die vel ingedruk. Skape kan ook in die kaal area in
die lies ingespuit word.
Die o/h inspuitplek in die area onder die onderkaak kan gebruik word, maar dit is
riskant aangesien belangrike strukture in die omgewing maklik beskadig kan word.
Dit is egter ?n goeie inspuitingsplek indien die prosedure korrek gedoen word. As daar
egter infeksie ontstaan, mag die skaap ophou vreet.
O/h inspuitings vir skape in ?n sittende posisie, kan op enigeen van bogenoemde
maniere gedoen word. Daar moet te alle tye gewaak word daarteen om nie die
spuitnaald deur albei vellae te druk en so die entstof verlore te laat gaan nie. Vorm ?n
?tent? deur die vel op te trek en spuit die middel in die holte wat so gevorm is, in
Baie belangrik:
Bokke moet nie in die nek ingespuit word nie aangesien sponssiekagtige swelsels mag
ontstaan wat die bok kan laat versmoor. Dit is veral van belang waar miltsiekte entstof
toegedien word. Onderhuidse toediening kan ook onder die vel in die stertvou
toegedien word.
Binnespierse inspuitings (b/s)
Beste inspuitingsplek: Die naald behoort op die boonste deel van die boud in die
gluteus mediusspier (spiere op die kruis), in ?n area nie meer as 3cm agter die tuber
coxa (pelvisrif) nie, ingedruk te word. Vind die heuppunt, die rif van die pelvis en
spuit een derde van die afstand vanaf die rif in.
Ander: Inspuitings word ook toegedien in die semimembraanspier/
halfseningspier,(agterkant van die agterbeen) maar dan word die inspuitnaald met ?n
hoek van ongeveer 30? ingesteek sodat belangrike strukture in die omgewing nie
beskadig word nie. By groot ramme kan die inspuiting aan die kant van die nek
toegedien word.
By individuele diere in ?n sittende posisie, kan die b/s inspuiting in die middel dyspier
gegee word, maar dit word nie aanbeveel nie omdat skade maklik aan nabygele?
strukture berokken word.
C Intraperitoneale inspuitings (i/p)
Maagholte ? by lammers, hou voorpote of agterpote vas en spuit langs die naeltjie in.
- by volwasse skape ? spuit aan die regterkant van die skaap in, in die lies
agter die laaste rib, so hoog op as moontlik. Voor die vloeistof ingespuit
word, moet die suier van die spuit eers teruggetrek word om te verseker dat
die naald tussen die ingewande l? en nie binne in nie!
D Binne aarse inspuiting (b/a)
B/a inspuitings word in die keelaar van die nek of aar van die voorpoot gegee.
Eersgenoemde is veral toepaslik op jong lammers en pasgeskeerde volwassenes of
haarskape en bokke.
Vir b/a inspuitings of bloedmonsters gebruik die keelaar. Die maklikste metode is om
die assistant te vra om die skaap in ?n hoek vas te keer en wydsbeen oor hom te staan
vir goeie beheer. Die kop word gelig en effens weggedraai van die inspuitplek
(linkerkeel vir regterhande en omgekeer). ?n Tou, verkieslik met ?n kurkprop om in
die keelgroef te druk om die aar te laat oplig, word deur die assistant vasgetrek. ?n
Gebalde vuis of duim kan ook gebruik word. Klop liggies om die aar te voel en druk
?n skerp naald ferm en vinnig teen ?n opwaartse hoek met die skuiskant van die naald
na buite. Die naald kan ook effens na die skuinskant gebuig word. Bloed behoort uit
te loop. Indien dit nie gebeur nie, kan die rigting van die naald aangepas word.
Wanneer ingespuit word, moet die toerniket eers afgehaal word. Netso wanneer ?n
bloedmonster geneem word, moet die toerniket afgehaal word voordat die naald
uitgetrek word om onderhuidse bloeding te voorkom. Hou ?n vinger oor die
inspuitplek en vryf saggies vir ?n paar sekondes. Dit mag nodig wees om ?n die wol
van ?n klein area af te knip, maar dit word onnodig soos wat ervaring toeneem.
Die tweede metode word toegepas as die skaap in ?n sittende posisie is. Die kopaar
loop dikwels in ?n area waar daar geen wol groei nie, dus word geen tyd verspil om
eers die wol te sny nie.
Post Reply