Ghong getoets

PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Ghong getoets

Post by PWV »

Ek het hierdie ghong gekry om te toets. Dit is 200 mm x 10 mm van Bennox.
Het Saterdag geskiet op 350 meter. A op die foto is 4 uit 5 skote wat ek met die Tombi geskiet het en B is 4 uit 7 met die Howa 308. In beide gevalle was die eerste skote te hoog en mis. Albei my gewere is op 100 m ge-"zero". Albei gewere het Nikon Monarchs 5-20 op. By die Tombi het ek 5 MOA opgestel en by die 308, 6 MOA.
Die ander skote op die ghong is ander ouens wat geskiet het.
Soos julle kan sien, het die Bennox darem gehou.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by PWV on Mon Apr 28, 2014 2:36 pm, edited 1 time in total.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Ghong getoets

Post by henning »

Pieter, ek sien jy skiet nogal nie so sleg soos die koerante se nie. Mooi man

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Ghong getoets

Post by Chevvy SS »

Netjies my oom.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ghong getoets

Post by Gawie(13mm) »

Die toets wys ook duidelik dat "quick dry sanding sealer" nie die aangewese verf vir gongs is nie. 8)

Ons sal iets anders moet probeer Oom.

Mooi gegooi, soos altyd.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Ghong getoets

Post by Heinz Petersen »

Die toets wys ook duidelik dat "quick dry sanding sealer" nie die aangewese verf vir gongs is nie.

Jy moet net die taai kant teen die ghong sit, anders val die verf af
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ghong getoets

Post by Gawie(13mm) »

Heinz, jou ou grapgat ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ghong getoets

Post by Arnold »

Hy maak darem taamlike duike as ek die foto so kyk?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Ghong getoets

Post by cassie_calvinia »

Arnold wrote:Hy maak darem taamlike duike as ek die foto so kyk?
+1
HOU HOM DAAI DIKTE
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ghong getoets

Post by PWV »

Heinz, ek dink jy moet nou jou lorrie gaan pak. Jy raak nou baie slim hier. :) Lekker jag!

Arnold en Cassie, ja daar is duike, maar as ek nou in die toekoms alleen skiet op die ghong, sal hy seker 'n tydjie hou.
Ek besef Bennox is seker nie die antwoord nie. Wag vir die wat Julian vir my gaan stuur.

Arnold, as ek nou bietjie oefen, kan ek dalk op 600 en 700 probeer - soos wat julle maak. Dan moet die kondisies net so goed wees soos wat dit Saterdag was - geen luggie nie!

Madako beweer my pogings was nie goed genoeg om springbokke se koppe op 350 meter aan te durf nie. Hy sal vir my tennisballe ophang op daardie afstand en as ek dan die toets slaag, sal hy vir my 'n bevoedheidsertifikaat gee. Gawe vriende wat mens hier op die forum ontmoet! 8)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ghong getoets

Post by Arnold »

Oom Pieter, soos oom sê as dit oom alleen is wat op die gong gaan skiet sal hy 'n hele tydjie hou.
'n 8" gong op 500m is nie maklik nie ...
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ghong getoets

Post by PWV »

Arnold wrote:Oom Pieter, soos oom sê as dit oom alleen is wat op die gong gaan skiet sal hy 'n hele tydjie hou.
'n 8" gong op 500m is nie maklik nie ...
Baie dankie vir hierdie aanmoediging.
Watter grootte ghongs skiet julle op die verskillende afstande?
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Ghong getoets

Post by junglejulian »

Oom pieter ek kom nou uit die jagveld uit.ons het n paar varke gaan afknou.Oom se ghongs ry more oggend.Die agterkleinkinders sal hopenlik nog met hul kan skiet.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ghong getoets

Post by PWV »

junglejulian wrote:Oom pieter ek kom nou uit die jagveld uit.ons het n paar varke gaan afknou.Oom se ghongs ry more oggend.Die agterkleinkinders sal hopenlik nog met hul kan skiet.
Hoor julle wat se Julian! Kry by hom ghongs vir die nageslag!!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ghong getoets

Post by Arnold »

Oom, ons skiet op 300x300mm op 500m tot so 650m daarna slaan ons oor na 500x500mm gongs tot net so anderkant 900m en dan vat ons 700x700mm gongs vir die lang skote.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Ghong getoets

Post by Chevvy SS »

Oom, ons skiet op 300x300mm op 500m tot so 650m daarna slaan ons oor na 500x500mm gongs


Oom Pieter, geen druk- dis so groot soos 'n huis.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ghong getoets

Post by Christo »

Chevvy SS wrote:Oom, ons skiet op 300x300mm op 500m tot so 650m daarna slaan ons oor na 500x500mm gongs


Oom Pieter, geen druk- dis so groot soos 'n huis.
Chevvy, glip gou Saterdag oor die berg en kom kyk hou klein raak hulle op 800, dan praat ons nie eens van 1200 nie.

ps: daai skouer is seker verskoning genoeg ><)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Ghong getoets

Post by Heinz Petersen »

Oom Pieter.
Ek wil hê Dawie moet vir ons kom wys hoe skiet hy daai tennis balle. Ek sal hom aanvat met die TOMBI.
Die lorry is klaar gepak. Ek sit nou net en wag vir die tyd om spoed op te tel.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Ghong getoets

Post by DawieKotze »

Wag nou bietjie Heinz!!! ;D ;D

Dis nie ek wat kopskote op 350 meter wil skiet nie. My gewere kan miskien, maar ek definitief nie! :laugh: :laugh:

Kopskote en breinskote is 2 heeltemal verskillende goed. Vandaar die tennisbal uitdaging aan Oom Pieter.

Maar bygesê - Oom Pieter het Saterdag 4 skote in een gat geskiet met sy Tombi op 100 meter, so ek is seker hy kan met so bietjie meer oefening >:D daai skote op die gong foto van hom laat krimp na tennisballe toe en dan sy springbokkies se breine uithaal ++>: ++>:

Lekker jag Heinz!! Ek is lekker jaloers, want my wagtyd is nog bietjie lank!!

Groetnis julle twee!!

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ghong getoets

Post by PWV »

Nou die tennisbal-storie.
NBa aanleiding van Madako se uitdaging om die tennisbal vir 'n springbok se brein aan te sien, het ek die bal op 350 meter gehang. Thomast se seun Jurie, het die bal so 'n skrams klap gegee, mooi in die middel. Ek het twee skote geskiet, maar kon nie raak nie, want die wind het hom teen die tyd, soos 'n pedulum laat swaai.
Het vandag die tennisbal op 200 meter gehang en weer twee skote geskiet. Eerste het net sy hare gebrand en die ander een was hoog aan die bopunt waar die "probe" dit aandui.
So ek sal met vrymoedigheid en selfvertroue op 200 vir 'n springbok se kop gaan met die .308.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Ghong getoets

Post by LongWolf »

Gawie(7mm) wrote:Die toets wys ook duidelik dat "quick dry sanding sealer" nie die aangewese verf vir gongs is nie. 8)

Ons sal iets anders moet probeer Oom.

Mooi gegooi, soos altyd.
Oom PW

Baie mooi gedoen, dis darm blerrie lekker as daai gong van so ver af begin terug gesels ne!!!!

Die beste verf vir die gongs is gewone wit PVA,
die truuk is jy moet net eers die gesig van die gong met suur behandel dat hy roes,
dit maak hom skurf en die PVA klou soos k1k in n wol kombers, hy skilfer nie af nie.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Ghong getoets

Post by Marc »

Pieter Willem Vorster wrote:
Baie dankie vir hierdie aanmoediging.
Watter grootte ghongs skiet julle op die verskillende afstande?

By ALRHA se fun shoot het dit so gewerk:

450m - 150mm
550m - 200mm
600m - 200mm
700m - 250mm
850m - 450mm
1000m - 450mm

850 en 1000 werk omtrent 2MOA uit en die res is so 1,3MOA gemiddeld.

Daai gong van Oom vat maar erg pakslae sien ek.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Ghong getoets

Post by Stefan764 »

Marc wrote:
By ALRHA se fun shoot het dit so gewerk:

450m - 150mm
550m - 200mm
600m - 200mm
700m - 250mm
850m - 450mm
1000m - 450mm

850 en 1000 werk omtrent 2MOA uit en die res is so 1,3MOA gemiddeld.
Appels.....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Ghong getoets

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Oom Pw.

Het Oom die nuwe ghonge en staanders getoets Saterdag, of is dit by die skrootwerf afgelaai na die tyd en swyg Oom maar om my gevoelens te spaar? ???
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Ghong getoets

Post by NEGE3 »

Mooi gedoen Pieter. Daai Springbokke het nie 'n kans nie.
Groete,
Koos de Beer
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Ghong getoets

Post by PWV »

Gawie(7mm) wrote:Dagsê Oom Pw.

Het Oom die nuwe ghonge en staanders getoets Saterdag, of is dit by die skrootwerf afgelaai na die tyd en swyg Oom maar om my gevoelens te spaar? ???
Gawie, jou staanders het weonderlik gewerk. Ek het opgemerk daar is ouens wat die goed ondersoek en afmetings neem. Sal volgende keer agent speel en die goed vir jou bemark.
Selfde met Jungle Julian se ghongs. Daai staal waarvan hy die goed maak is "yster" en toon net verfaf-merkies.

Sal later foto's plaas.

Groetnis
Post Reply