Page 1 of 2
Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 12:00 pm
by PWV
Ek het hierdie ghong gekry om te toets. Dit is 200 mm x 10 mm van Bennox.
Het Saterdag geskiet op 350 meter. A op die foto is 4 uit 5 skote wat ek met die Tombi geskiet het en B is 4 uit 7 met die Howa 308. In beide gevalle was die eerste skote te hoog en mis. Albei my gewere is op 100 m ge-"zero". Albei gewere het Nikon Monarchs 5-20 op. By die Tombi het ek 5 MOA opgestel en by die 308, 6 MOA.
Die ander skote op die ghong is ander ouens wat geskiet het.
Soos julle kan sien, het die Bennox darem gehou.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 12:15 pm
by henning
Pieter, ek sien jy skiet nogal nie so sleg soos die koerante se nie. Mooi man
Groete
Henning
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 12:36 pm
by Chevvy SS
Netjies my oom.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 1:33 pm
by Gawie(13mm)
Die toets wys ook duidelik dat "quick dry sanding sealer" nie die aangewese verf vir gongs is nie.
Ons sal iets anders moet probeer Oom.
Mooi gegooi, soos altyd.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 2:10 pm
by Heinz Petersen
Die toets wys ook duidelik dat "quick dry sanding sealer" nie die aangewese verf vir gongs is nie.
Jy moet net die taai kant teen die ghong sit, anders val die verf af
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 3:09 pm
by Gawie(13mm)
Heinz, jou ou grapgat

Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 3:26 pm
by Arnold
Hy maak darem taamlike duike as ek die foto so kyk?
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 4:41 pm
by cassie_calvinia
Arnold wrote:Hy maak darem taamlike duike as ek die foto so kyk?
+1
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 5:27 pm
by PWV
Heinz, ek dink jy moet nou jou lorrie gaan pak. Jy raak nou baie slim hier.

Lekker jag!
Arnold en Cassie, ja daar is duike, maar as ek nou in die toekoms alleen skiet op die ghong, sal hy seker 'n tydjie hou.
Ek besef Bennox is seker nie die antwoord nie. Wag vir die wat Julian vir my gaan stuur.
Arnold, as ek nou bietjie oefen, kan ek dalk op 600 en 700 probeer - soos wat julle maak. Dan moet die kondisies net so goed wees soos wat dit Saterdag was - geen luggie nie!
Madako beweer my pogings was nie goed genoeg om springbokke se koppe op 350 meter aan te durf nie. Hy sal vir my tennisballe ophang op daardie afstand en as ek dan die toets slaag, sal hy vir my 'n bevoedheidsertifikaat gee. Gawe vriende wat mens hier op die forum ontmoet!

Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 5:29 pm
by Arnold
Oom Pieter, soos oom sê as dit oom alleen is wat op die gong gaan skiet sal hy 'n hele tydjie hou.
'n 8" gong op 500m is nie maklik nie ...
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 5:34 pm
by PWV
Arnold wrote:Oom Pieter, soos oom sê as dit oom alleen is wat op die gong gaan skiet sal hy 'n hele tydjie hou.
'n 8" gong op 500m is nie maklik nie ...
Baie dankie vir hierdie aanmoediging.
Watter grootte ghongs skiet julle op die verskillende afstande?
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 5:45 pm
by junglejulian
Oom pieter ek kom nou uit die jagveld uit.ons het n paar varke gaan afknou.Oom se ghongs ry more oggend.Die agterkleinkinders sal hopenlik nog met hul kan skiet.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 5:52 pm
by PWV
junglejulian wrote:Oom pieter ek kom nou uit die jagveld uit.ons het n paar varke gaan afknou.Oom se ghongs ry more oggend.Die agterkleinkinders sal hopenlik nog met hul kan skiet.
Hoor julle wat se Julian! Kry by hom ghongs vir die nageslag!!!
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 6:17 pm
by Arnold
Oom, ons skiet op 300x300mm op 500m tot so 650m daarna slaan ons oor na 500x500mm gongs tot net so anderkant 900m en dan vat ons 700x700mm gongs vir die lang skote.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 6:22 pm
by Chevvy SS
Oom, ons skiet op 300x300mm op 500m tot so 650m daarna slaan ons oor na 500x500mm gongs
Oom Pieter, geen druk- dis so groot soos 'n huis.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 8:06 pm
by Christo
Chevvy SS wrote:Oom, ons skiet op 300x300mm op 500m tot so 650m daarna slaan ons oor na 500x500mm gongs
Oom Pieter, geen druk- dis so groot soos 'n huis.
Chevvy, glip gou Saterdag oor die berg en kom kyk hou klein raak hulle op 800, dan praat ons nie eens van 1200 nie.
ps: daai skouer is seker verskoning genoeg

Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 8:27 pm
by Heinz Petersen
Oom Pieter.
Ek wil hê Dawie moet vir ons kom wys hoe skiet hy daai tennis balle. Ek sal hom aanvat met die TOMBI.
Die lorry is klaar gepak. Ek sit nou net en wag vir die tyd om spoed op te tel.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon Apr 28, 2014 9:06 pm
by DawieKotze
Wag nou bietjie Heinz!!!
Dis nie ek wat kopskote op 350 meter wil skiet nie. My gewere kan miskien, maar ek definitief nie!
Kopskote en breinskote is 2 heeltemal verskillende goed. Vandaar die tennisbal uitdaging aan Oom Pieter.
Maar bygesê - Oom Pieter het Saterdag 4 skote in een gat geskiet met sy Tombi op 100 meter, so ek is seker hy kan met so bietjie meer oefening

daai skote op die gong foto van hom laat krimp na tennisballe toe en dan sy springbokkies se breine uithaal
Lekker jag Heinz!! Ek is lekker jaloers, want my wagtyd is nog bietjie lank!!
Groetnis julle twee!!
Dawie
Re: Ghong getoets
Posted: Sat May 17, 2014 3:41 pm
by PWV
Nou die tennisbal-storie.
NBa aanleiding van Madako se uitdaging om die tennisbal vir 'n springbok se brein aan te sien, het ek die bal op 350 meter gehang. Thomast se seun Jurie, het die bal so 'n skrams klap gegee, mooi in die middel. Ek het twee skote geskiet, maar kon nie raak nie, want die wind het hom teen die tyd, soos 'n pedulum laat swaai.
Het vandag die tennisbal op 200 meter gehang en weer twee skote geskiet. Eerste het net sy hare gebrand en die ander een was hoog aan die bopunt waar die "probe" dit aandui.
So ek sal met vrymoedigheid en selfvertroue op 200 vir 'n springbok se kop gaan met die .308.
Re: Ghong getoets
Posted: Sat May 17, 2014 11:55 pm
by LongWolf
Gawie(7mm) wrote:Die toets wys ook duidelik dat "quick dry sanding sealer" nie die aangewese verf vir gongs is nie.
Ons sal iets anders moet probeer Oom.
Mooi gegooi, soos altyd.
Oom PW
Baie mooi gedoen, dis darm blerrie lekker as daai gong van so ver af begin terug gesels ne!!!!
Die beste verf vir die gongs is gewone wit PVA,
die truuk is jy moet net eers die gesig van die gong met suur behandel dat hy roes,
dit maak hom skurf en die PVA klou soos k1k in n wol kombers, hy skilfer nie af nie.
Re: Ghong getoets
Posted: Sun May 18, 2014 8:14 am
by Marc
Pieter Willem Vorster wrote:
Baie dankie vir hierdie aanmoediging.
Watter grootte ghongs skiet julle op die verskillende afstande?
By ALRHA se fun shoot het dit so gewerk:
450m - 150mm
550m - 200mm
600m - 200mm
700m - 250mm
850m - 450mm
1000m - 450mm
850 en 1000 werk omtrent 2MOA uit en die res is so 1,3MOA gemiddeld.
Daai gong van Oom vat maar erg pakslae sien ek.
Re: Ghong getoets
Posted: Sun May 18, 2014 12:41 pm
by Stefan764
Marc wrote:
By ALRHA se fun shoot het dit so gewerk:
450m - 150mm
550m - 200mm
600m - 200mm
700m - 250mm
850m - 450mm
1000m - 450mm
850 en 1000 werk omtrent 2MOA uit en die res is so 1,3MOA gemiddeld.
Appels.....
Re: Ghong getoets
Posted: Mon May 19, 2014 7:37 am
by Gawie(13mm)
Dagsê Oom Pw.
Het Oom die nuwe ghonge en staanders getoets Saterdag, of is dit by die skrootwerf afgelaai na die tyd en swyg Oom maar om my gevoelens te spaar?

Re: Ghong getoets
Posted: Mon May 19, 2014 8:16 am
by NEGE3
Mooi gedoen Pieter. Daai Springbokke het nie 'n kans nie.
Re: Ghong getoets
Posted: Mon May 19, 2014 9:05 am
by PWV
Gawie(7mm) wrote:Dagsê Oom Pw.
Het Oom die nuwe ghonge en staanders getoets Saterdag, of is dit by die skrootwerf afgelaai na die tyd en swyg Oom maar om my gevoelens te spaar?

Gawie, jou staanders het weonderlik gewerk. Ek het opgemerk daar is ouens wat die goed ondersoek en afmetings neem. Sal volgende keer agent speel en die goed vir jou bemark.
Selfde met Jungle Julian se ghongs. Daai staal waarvan hy die goed maak is "yster" en toon net verfaf-merkies.
Sal later foto's plaas.
Groetnis