375 H&H Bolt face

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

375 H&H Bolt face

Post by rudib »

Ek het n vraag aan die gunsmiths op die forum.

Daar is n merk op my 375 Brno 602 se bolt face. Primer blowback het hom so bietjie weggebrand.

Ek skat die merk is so 0.25mm diep.

Kan mens die boltface dieper sny en dan weer headspace oordoen, of is dit te veel om af te haal van die bolt face.

Julle raad sal waardeer word.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: 375 H&H Bolt face

Post by Gert Odendaal »

Ek dink die antwoord is om die geweer self te neem na `n geweersmit dat hy met sy eie oe ln kyk en mooi verduidelik wat jou te doen staan.

Ek is nie `n wapensmit nie:

Die ring op die slot gesig is slagdoppies wat gelek het, dit kom gereeld voor op militere Mauser aksies. Jy sal dit as `n swart ring op die slot gesig waarneem. Dit lyk ook of die oppervlakte gesandblast /pitted is. As dit nie te erg is nie kan dit met baie fyn skuurwerk op `n draaibank gedoen word, moet net nie dieper as 0.10" afhaal nie....
Jy kan net eenkeer so `n slot gesig skoonmaak, nie meer as .010" verwyder nie, en dan sal jy in elke geval weer die kopspasie moet regmaak.Die gelyksny van jou slot gesig moet slegs gedoen word as dit uiters noodsaaklik is, dan is dit ook nodig om jou loop weer uit te draai en korter te sny om die kopspasie weer reg te maak. Die kamer sal weer geruim moet word om die kopspasie reg te kry.

Dit is nie `n proseure wat jy moet probeer self doen nie, kry `n wapensmit wat bekend is met die prosedure, nie alle wapensmit kan die nodige prosedure uitvoer nie....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply