Manne
As mens wil lang afstand skiet wat het jy nodig soos bv skiet sak windmeters ens
Beretta
Lang afstand toeristing
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: Lang afstand toeristing
Wat is langafstand vir jou? Dit verskil van persoon tot persoon. Ek sou seê vir verder as 500m die volgende:
1. Geskikte geweer/kaliber - hieraan kan ons hele forum wy! Algemeenste is een van volgende kaliber klasse: 6mm (Dasher/Br ens. - maar bietjie lig in broek vir ver skiet op wild), 6,5mm (.260 Rem, 6,5x55, 6,5 creedmoor ens), 7mm, .338 Lapua ens. Daar is legio keuses. Kies punt met die hoogste ballistiese koeëffisient in die kaliber klas. Op lang afstand klop hoë BC altyd spoed.
2. Gepaste scope - vergroting > 14, verstelbare turrets vir elevasie en wind, parallaks verstelling.
3. Windmeter - Kestrel maak van die bestes. Eintlik hele weerstasie wat lugdruk, temp, humiditeit, density altitude ens. gee.
4. Goeie range finder - Leica 1600 redelik gewild. Die beste rangefinders se pryse begin hier so by die R20 000 plus (vectronix terraping ens.)
5. Ballistiese sagteware - Shooter, Bulletflight, Ballistic AE ens.
6. Goeie "rear bag".
7. Goeie bipod - verkieslik Harris of iets soos Atlas Bipod.
8. Geweersak - lekker om sak te hê wat jy soos rugsak kan dra, maar nie essensieel nie. Eberlestock is seker een van die bestes, maar met 'n prys wat daarby pas...
9. Presisie herlaai toerusting - Reddings Bushing dies, runout gauges, goeie case trimmer (Forster, Wilson), goeie doppe (verkieslik lapua). Bestel ook maar solank nuwe loop vir jou roer...
10. Belangrikste - baie tyd, baie trigger time, baie skiet in verskillende omstandighede.
En o ja, diep sakke - alles is duur: geweer so R20-60 000, scope R13 000 - 45 000, Kestrel R5000, Leica R8000, Bipod R2000, Nuwe loop R6500, Herlaai toerusting >R6000, punte en doppe (wie weet???). Koste van ammo en loop, reiskoste ens. sal eindelik die koste van die res van die geweer oorskry.

- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Lang afstand toeristing
DS ek het nou lekker gelees aan jou post. Als het mooi geloop tot en met punt nommer 10. Daai laaste stukkie oor die diep sakke het my sommer naar kol op my maag gegee. Ek kan my laaitie 2 jaar op varsity hou met daai geld

-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Lang afstand toeristing
Dankie vir die post dit is presies wat ek wil hoor ja geweer sal altyd n stryd wees maar soos bv die kestrel meters ens is vir my baie intersant. Dit kan n man so met die tyd koop ssos wat jy spaar geld het
Beretta
Beretta
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Lang afstand toeristing
Ludwig
Wat is die basiese toerusting behalwe n gweer wat jy moet he.

- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Lang afstand toeristing
Hallo Beretta,
Begin deur om saam F-TR te begin skiet, ons skiet vanaf 300 - 900m. Dit sal jou aanvanklik n goeie idee gee hoe ver jy wil skiet en begin dan jou verskiet skills ontwikkel. Jy sal baie gou agterkom wat is wat. Bring die 223Rem met die nuwe langloop en jy kan begin. As jy n 308W het met n 26" loop kan jy ook al ver gaan. Alternatiewelik wees net n goeie sportman en oefen op waaierstert meerkatte oor langafstande. Die boere in jou omgewing sal nie kla nie.
Die belangrikste is egter dat jy jou geweer moet ken en die regte afstand na die teiken. Dit gaan jou aanvanklik egter n goeie klompie geld kos om te begin.
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Lang afstand toeristing
Dankie vir die reply sal solank begin spaar vir van die goed
Beretta
Beretta
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lang afstand toeristing
Beretta, uit 'n beginner (myself) se oogpunt, het jy die volgende nodig:
Akkurate geweer, hoef nie custom te wees nie, maar moet kan sub-MOA skiet op elke afstand;
Teleskoop met taktiese turrets wat maklik en betroubaar kan stel;
Sterk en betroubare bi-pod soos Harris;
Weerstasie wat meer as net die windspoed kan meet;
Baslistic solver soos Shooter of Bulletflight;
Ordentlike rangefinder wat ten minste tot 1000y kan meet onder swak omstandighede;
Beter as intreevlak herlaaitoerusting;
Hoe BC koeels;
Ordentlike skietmat;
Scope level;
Chrony, chrony, chrony;
Baie tyd en geduld en die begeerte om te leer.
Natuurlik hoef jy nie die beste van alles te hê nie, maar dis beter om een keer te huil en klaar te huil, as wat jy weer moet koop, alles raak net duurder....

Aim small, miss small
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Lang afstand toeristing
Eugene dankie het strelok pro op my foon waar kry jy die ander programme
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lang afstand toeristing
Beretta, ek gebruik iStrelok vir algemene jag en Shooter vir LA. Ek het dit by die App store gekoop en gedownload op my foon.
Aim small, miss small