Brandwonde - (nie-ernstig)

Enige ou beproefde Boere rate sal hier welkom wees....
Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by Stefan764 »

As jy jou vinger of hand of voet brand, se maar met n kooltjie, warm rooster, plaat ens, is die beste manier om die vinger te laat ophou klop en "brand" om jou hand in n wasbak met warm water te druk.

Tap warm water in die wasbak. Tap bietjie koue water ook by. Maak die water so warm dat as jy jou hand wat nie gebrand het daar indruk jy nie seer kry nie. Druk nou die gebrande vinger/palm/hand/voet in die wasbak. Byt op n lappie want dis pis seer die eerste 3 tot 5 sekondes. Daarna raak dit beter. Haal die hand uit na so 20 sekondes en herhaal die proses, sonder om die water warmer te maak.

Die triek eendag met eerstehandse ervaring by my ouma geleer en dit werk soos n bom.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by .220 Swift »

Die amtelike eerste hulp riglyne vir die primere hantering van die tipe brandwonde wat Stefan noem, is om lopende koue water vir 10 - 15 minute oor die area te spoel. (As jy gelukkig genoeg is om naby 'n kraan te wees.)

Navorsing het bevind dat die hitte energie in die selle vasgevang is en die lopende water dien as konduksiemiddel om dit uit die selle te trek via 'n konsentrasie gradient en dan die hitte fisies weg te spoel.

Warm water doen niks om die hitte weg te lei nie en vergroot eintlik die brandwond.

Subjektief gaan jy tog voel dat die warm water werk - want dit werk! Hoe dan nou? Die warm water irriteer 'n groter area op die vel en die groter stroom impulse wat via die sensoriese gedeelte van die senuweestelsel na die brein gaan, oorweldig die pynreseptore in die brein - die pyn impulse is maar net een deel van 'n groter prentjie wat deur die brein interpreteer moet word - die sg "gate theory of pain control".(Dis hoekom dit gewerk het om jou boude te vryf toe 6 van die bestes nog uitgedeel is - die jong ouens weet natuurlik nie waarvan ek praat nie  :)

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by Robert »

Ek gaan met Swift moet saam stem oor die koue water. Warm water gaan die wond vererger.

Die water moet ook nie ys wees nie. Dit brand ook die reeds beskadigde selle verder.

Water van 'n watersak ('n moet op elke jagbakkie) Is voldoende.

Robert
Oorwining deur opleiding
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by Stefan764 »

Manne julle besef ek praat van klein wonde soos aan n warm toeknyp vat of aan n kooltjie vat?

As jy met jou dinges in die vuur val moet jy seker maar koue water en vaseline vat en SLEEP vir die dokter, maar vir die klein irriterende brandwondjies WERK die warm water biesigheid
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by henslin »

EIE ONDERVINDING - Vir enige tipe brandwond waar die velle gaan waai sal ek heuning aanbeveel. Dis 'n taai gemors, maar glo my dit werk ! Vrou het gebrand toe 'n lomp kelner 'n warm driepoot mosselpot op haar hande omgegooi het. Dadelik heuning en lappe. Sy het absoluut geen merke oorgehou nie. Blykbaar is daar een of ander vorm van antibiotika in die heuning  ??? Het dit al ook op kinders met kookwater probeer - weereens gewerk !
Sal bly wees as van die mediese manne miskien 'n verklaring het. Ek weet die ongevalle haat die voorstel !!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by .220 Swift »

Henslin

Jou ervaring is nie so vergesog nie - wikipedia het die volgende te se:" A review in the Cochrane Library suggests that honey could reduce the time it takes for a burn to heal?up to four days sooner in some cases. The review included 19 studies with 2,554 participants. Although the honey treatment healed moderate burns faster than traditional dressings did, the author recommends viewing the findings with caution, since a single researcher performed all of the burn studies."
Daar word steeds navorsing gedoen en daar is reeds "dressings" op die mark wat heuning as basis bevat.

Let wel - heuning is nie die primere eerste hulp behandeling nie - die bly steeds koue, lopende water. Jy kan seker koue lopende heuning/J&B/Tassies/Klippies of wat ookal koud en vloeibaar en beskikbaar is gebruik :)

'n Paar dinge om te doen vir brandwonde - probeer die blase intakt hou. Om "Glad Wrap" om die brandwonde te draai voordat jy die pad hospitaal toe vat, kan baie doen vir die pyn. Dis 'n effektiewe skans wat amper as sintetiese vel dien. Die Israeli's het op die idee afgekom met al hul tenkers en vegvlieeniers wat in hul oorloe lelik gebrand het. Sommer die ouens op die slagveld in Glad Wrap toegedraai en al die fancy dressings vandag is uit daai konsep ontwikkel.

Verder is heuning die veiligste en effektiefste hoesmiddel - die WGO beveel dit aan as hoesmiddel vir kinders.

Suiker werk definitief vir diep, chroniese ulkusse en gedreineerde absesse. Maak 'n pasta van suiker en koekie seep en druk dit in die wond in. Ook maar morsig en die wond moet maar stil gehou word. Die vliee is 'n irritasie - selfs in die hospitaal! Maar dit werk as die pasient die geduld het om die gemors uit te staan.

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by fanie17 »

My vrou het so 3 jaar terug gebrand met 2000 ltr petrol wat oor haar ondplof het by haar fulstasie.Sy het 70%brandwonde gehad en was vir 5 weke in entensiewe sorg.Dit is n wonderwerk dat sy leef.Die eerste noodhulp is om soveel mootlik koue ys water oor die wonde te gooi,dit stop die brand proses,al is n persoon weg van die brand hou die vel aan hou brand tot jy dit stop met ys water.Dit beteken dat jy n moontlike 2de of 3de graatse brandwond kan stop by n eerste graadse wond.Sy het ook sintetiese vel oor planting gekry wat beter was as al die ander prosedures.Een van die goed wat aan haar wonde gesmeer was het soos heuning geproe en gelyk.In die tyd was sy 12 keer in die teater onder narkose,waar haar wonde geskrop was om die laag bo af te haal,dan groei die vel van onder sonder om letsels te los.Daar is geen manier wat n brand wond met warm water behandel kan word nie, dit sal die situasie net versleg.Jagtersdok waar is jy op die onderwerp
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by .220 Swift »

Fanie

Dit is voorwaar 'n wonderwerk dat sy leef - sy moet 'n baie sterk mens wees en 'n baie goeie span moes na haar gekyk het.

Koue, lopende water is beter as warm water, soos wat dit ook beter is as ys water - ys water kan ongelukkig vriesbrand veroorsaak.

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by Coenie (Swift) »

Hi Almal,

Ek stem saam met die koue water wat al die prosesse stop. Maar vir klein brand wondjie sit "Deepheat" op binne minuut is brandpyn weg en blasie vorm nie sommer nie.
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
Biltongjagter

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by Biltongjagter »

Ek weet nou nie hoe waar dit is nie ..... gaan myself ook nou nie brand om die raat te toets nie, maar dalk kan dit iemand help!
Hi all...this is very interesting especially if you have young kids or grandchildren. Accidents do happen and burn marks are ugly...take a look


Sounds like this person found a new cure? 

Once I was cooking some corn and stuck my fork in the boiling
water to see if the corn was ready.  I missed and my hand went
into the boiling water....

A friend of mine, who was a Vietnam vet, came into the house, just
as I was screaming, and asked me if I had some plain old flour...I
pulled out a bag and he stuck my hand in it.  He said to keep my hand
in the flour for 10 mins. which I did.  He said that in Vietnam , this guy
was on fire and in their panic, they threw a bag of flour all over him to
put the fire out...well, it not only put the fire out, but he never even had
a blister!!!!

SOOOO, long story short, I put my hand in the bag of flour for 10 mins,
pulled it out and had not even a red mark or a blister and absolutley NO
PAIN.  Now, I keep a bag of flour in the fridge and every time I burn myself,
I use the flour and never ONCE have I ever had a red spot, a burn or a blister!
*cold flour feels even better than room temperature flour.

Miracle, if you ask me.  Keep a bag of white flour in your fridge and you will be
happy you did.  I even burnt my tongue and put the flour on it for about 10 mins.
and the pain was gone and no burn.  Try it!  BTW, don't run your burn area under
Cold water first, just put it right into the flour for 10 mins and experience a miracle.
grumpy

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by grumpy »

Also go get a tube of Flamazene. I burnt with phosferous and that is all they put on my wounds and it worked. It eases the burn and the pain.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Brandwonde - (nie-ernstig)

Post by Christo »

grumpy wrote: Also go get a tube of Flamazene. I burnt with phosferous and that is all they put on my wounds and it worked. It eases the burn and the pain.
Dit werk baie goed ook as jy met die teer kennis maak en so LEKKER tarburn opdoen. Kos net 'n fortuin. Woodward's se "barrier cream" (baby) het ook Zincoxide in en ek gebruik dit met groot sukses vir dieselfde doel.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply