Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am

Ja ek het finaal my m@er gestrip vir my Chrony en gister vir my die nuwe Magnetospeed version 3 gekoop.
Ek was te laat om by die baan ’n draai te maak en kan nie op ’n Sondag gaan skiet nie. Ek vat toe maar my CZ200s en stel die Magnetospeed en die chrony op in die agtererf en speel so bietjie.
Die chrony het nie ’n droom om saam te werk nie, uit 10 skote was daar 5 err2 lesings gewees, die Magnetospeed het al 10 skote gemeet en die konstantheid was baie beter as die Chrony gewees. Die Chrony het party skote tot 25fps of hoog of laag gelees. Die ES van die Chrony was ook heel anders as die Magnetospeed se ES.
Wat snaaks is, is dat die POI nie verander het op die pellet nie, die groepering was ook niks slegter met die Magnetospeed aan die loop nie.
Sovêr is ek baie beïndruk en sal seker in die week by die baan uitkom en bietjie gaan toets. Die opstel van die Magnetospeed is ook baie makliker as die Chrony en die kans dat jy hom raak skiet is ook baie minder alhoewel ek hoor baie ouens skiet die bayonet in sy m@er.
Die V3 kan selfs semi auto gewere se spoed lees teen 1200 skote per minuut en selfs die R.P.M.
Hy kan ook Airguns meet
Lig toestande is nie ’n probleem nie en maak hom klaar ’n wenner vir my.
Prys R6750>>>> bargain!

SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- JTM
- Hero Member

- Posts: 1691
- Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Ek begeer ook een. Gister op die baan het die skut langs my met een geskiet terwyl ek sukkel om lesings met my CED op te têl. Die Magnetospeed stel so vinnig en maklik op dat dit beslis my aandag getrek het. Met die koste en beskikbaarheid van herlaai komponente deesdae, kan mens maar die geld uithaal vir so outjie.
Jannie Welman
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Ek was ook net moeg daarvoor dat my Chrony 3000fps meet op my 30-06 met n 165gr punt en die volgende skoot meet hy nie en en en... En soos jy se..ons kan nie meer punte mors nie.JTM wrote:Ek begeer ook een. Gister op die baan het die skut langs my met een geskiet terwyl ek sukkel om lesings met my CED op te têl. Die Magnetospeed stel so vinnig en maklik op dat dit beslis my aandag getrek het. Met die koste en beskikbaarheid van herlaai komponente deesdae, kan mens maar die geld uithaal vir so outjie.
Nog n voordeel is die feit dat die spoed reg by die loop gemeet word wat Quikload Strelok en Shooter meer akkuraat sal maak.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
-
Joe308
- Full Member

- Posts: 228
- Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Ek het maar die oë toegeknyp en n Magnetospeed gekoop. Hy werk uitstekend. Hier is n paar reviews op die forum. Ongelukkig neuk hy groepering erg op. So ek skiet gewoonlik vir spoed, haal af en dan skiet ek vir groepering.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Ek stem saam daai Chrony is so betroubaar soos natrium op water. Moet se myne is redelik oud. My vriend sukkel vreeslik met sy CED en ons kry nie daai ding om my 375 ruger se koele te meet nie. Ek hoor baie goeie goed van die Steinert akkoustiese super chrono. Wat se julle ouens? Hys darem so bietjie hoedkoper as die bajonet.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Op 'n Amerikaanse forum lees ek van 'n vergelyking van 'n Oehler35P, Steinert en Magnetospeed. Volgens die geskrifte was die Steinert onder aan die lys gewees.
Daar is egter 'n nuwe produk wat by die SHOT Show bekend gestel is , nl. die LabRadar wat jou koeël se spoed op 4 afstande meet (kroon, 50m,100m,150m en 200m) dmv Dopler radar. Die Kanadese maatskappy bou sulke goed (op groter skaal) vir die militer so hulle het die kennis en ondervinding.Radar word ge-aktiveer deur tromp slag (sg. muzzle blast) Jy plaas die eenheid skuins agter die loop en mik hom na jou teiken. As ek reg onthou het die radar "straal" maar 'n 4º divergensie so hy hoort nie jou buurman se koeël spoed op te tel nie, tensy julle reg langs mekaar sit/lê, en dit wil ek nog sien voor ek koop.
Ek gaan 'n bietjie wag en sien wat maak hy. Produksie is begin in Junie2014.

- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Ek het verlede jaar die V2 gekoop, en nog nie eendag spyt nie.
Die prys is bietjie stywer as die gewone chronys, maar as jy eers een verwoes het, dan kom die prys maar baie naby aan mekaar.
Geniet hom

Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Hallo Joe
Dit is vir my snaaks dat jy se die magnetospeed foeter jou groeperings erg op. Kan jy dalk bietjie meer uitbrei hieroor en wat jy dink die oorsaak kan wees.
Groetnis
Wouter
Dit is vir my snaaks dat jy se die magnetospeed foeter jou groeperings erg op. Kan jy dalk bietjie meer uitbrei hieroor en wat jy dink die oorsaak kan wees.
Groetnis
Wouter
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Ek het die Magnetospeed en my gewone chrony saam getoets en die gewone Chrony het my verbaas, op my 223(het ’n Huntbuddy op) was daar maar 10fps verskil in ES wat nie te erg is. Met die 30-06 sonder silencer het ek gesien die Chrony gee partymaal ’n spoed hoër as die Magnetospeed.....juis a.g.v. die snaakse lesings op die groter kalibers het ek gatvol geraak vir die Chrony.
Wat ek wel kan sê is dat die Magnetospeed niks aan my 223 se groepering gedoen het en hy het nog presies in die kol geskiet.
Al hoe ek kan dik dat hy die groepering kan beïnvloed Wouter is as die bietjie ekstra gewig aan die loop veroorsaak dat die loop aan die kolf raak iewers dan sal hy jou groepering rondneuk.
Ek hou baie van die Magnetospeed se LOG wat jy na die tyd kan nagaan op jou laptop wat hy self op die SD card save....
Die opstel en gemaklikheid waarmee die Magnetospeed werk maak hom ’n wenner.
Wat ek wel kan sê is dat die Magnetospeed niks aan my 223 se groepering gedoen het en hy het nog presies in die kol geskiet.
Al hoe ek kan dik dat hy die groepering kan beïnvloed Wouter is as die bietjie ekstra gewig aan die loop veroorsaak dat die loop aan die kolf raak iewers dan sal hy jou groepering rondneuk.
Ek hou baie van die Magnetospeed se LOG wat jy na die tyd kan nagaan op jou laptop wat hy self op die SD card save....
Die opstel en gemaklikheid waarmee die Magnetospeed werk maak hom ’n wenner.
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
waar koop julle manne die ding Ek wil ook een he, maar sien dit in geen winkels nie! is dit slegs aanlyn tekoop?
- maxboostsa1
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Nov 02, 2013 6:11 am
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
Fisher & Shooters in Lichtenburg is die agent
Google dit net en jy sal die nr kry!
Google dit net en jy sal die nr kry!
SAKO 75 SS 30-06
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
MUSGRAVE 223 MINI 90
BRNO .22
Howa 6XC
MOJET 6.5SAUM
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Magnetospeed V3 vs Chrony (M@erstripper)
ek self soek so ene met 'n seer hart maar hy's duur.