Die Maan

Post Reply
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Die Maan

Post by Kubus »

Ja, ek is n "Rookie" en n Newby, het seker nie mooi na Taffie op kursus geluister nie. Hoor ook dat julle ouens graag raad gee!!
Ek wil graag die volgende weet:
Wanneer is dit nie raadsaam om vir jakkalse en rooikatte in die nag uit te gaan in terme van die maan.
Hoeveel dae voor volmaan ophou, en hoeveel dae na volmaan weer begin uitgaan?
Groot seblief, ek leer graag.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Die Maan

Post by Cobus(Cobb) »

Gauteng jakkalse skiet ek met alle maan toestande, ek het my al verbeel die maan pla, maar volgende keer val hulle mooi en baie. Ander kere skiet ons baie en vinnig tot maan opkom, dan raak dit weer stadig daarna, soms is dit weer anderson.
Die laaste Ops in Ooskaap, het die manne bakkies vol geskiet en die maan was vol..Ek glo vas as jou staanplek(kerngebied) reg is,sal hulle inkom. Soos Taffie se kurses leer....as daar lawaai naby sy huis is, of hy nou by Kentucky is of nie, sal hy kom kyk...

Ek sal my nie uitspreek oor Karoo jakke nie...geen ondervinding daar nie.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die Maan

Post by tafjak »

Kubus

Die maan kan pla, veral in baie plat - en oop areas. So 3-4 dae voor volmaan en so 4dae na volmaan is vir my heel lekker. As ek nie die area ken nie sal ek eerder wegbly

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die Maan

Post by Louis102 »

Ek probeer dink altyd so daaraan: Dis nie die jakkalse wat ek doodgeskiet het, wat my lammers vang nie. Dit is daardie jakkalse wat nie
doodgeskiet is nie, wat die skade maak. Op my plaas probeer ek myself die beste kans gee om met die eerste probeer slag die ou jakkalsies te dood (soms sonder sukses, maar steeds). Ek raak ongemaklik as die maan te vol raak en bly dan eerder by die huis en spandeer so bietjie tyd saam met die gesin en ander onderhouds werkies. My reel is 2 dae voor volmaan, volmaan en 2 dae na volmaan jag ek nie. D.w.s 5 dae oor volmaan, maar gewoonlik is dit 'n dag of 2 meer as dit.

MAAR, ek het al op volmaan jakkalse geskiet. Ons weet dis heel moontlik.

Mooiloop
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Die Maan

Post by Cobus(Cobb) »

Louis, nou 'n ander vraag....
die 2-3 dae voor en 2-3 dae na volmaan, is die veld ewe opgehelder, selfs op halfmaan is die veld lekker helder en is cammo vir my deesdae belangrik.....dit gaan dus nie oor helderheid van die maan nie....
kan julle bietjie meer uitbrei dan oor wat nou eintlik die effek het...

Ek luister graag
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Die Maan

Post by johans »

Cobus(Cobb) wrote:Louis, nou 'n ander vraag....
die 2-3 dae voor en 2-3 dae na volmaan, is die veld ewe opgehelder, selfs op halfmaan is die veld lekker helder en is cammo vir my deesdae belangrik.....dit gaan dus nie oor helderheid van die maan nie....
kan julle bietjie meer uitbrei dan oor wat nou eintlik die effek het...

Ek luister graag
goeie vraag,ek sal self wil weet.dis omtrent ewe lig in daai paar dae.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die Maan

Post by tafjak »

cobus

Nooit, die maan verloor baie lig in die dae na volmaan dink daar sal maklik 30% minder wees as op die nag van volmaan.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die Maan

Post by tafjak »

sorrie, op die 3 en 4 de dag na volmaan
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Die Maan

Post by pieter h »

Het dalk te doen met kort tyd perk v donkerte .So 5 dae na volaan kom die maan bv eers 21hoo op so daars so n uur of 2 wat dit lekker donkerte is.My tyd is dalk nou nie so presies nie.
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Die Maan

Post by Kubus »

Taffie,
Lees my eerste sukses onder "nuwe aansluitings" "Nuut aangesluit.
Sal graag wou he jy moet weet.
Reino.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Die Maan

Post by NicoSmit »

Saterdag is volmaan so dan vang ek die maan op die regte tyd as ek die volgende Saterdag aand wil uitgaan
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die Maan

Post by Louis102 »

Cobus(Cobb) wrote:Louis, nou 'n ander vraag....
die 2-3 dae voor en 2-3 dae na volmaan, is die veld ewe opgehelder, selfs op halfmaan is die veld lekker helder en is cammo vir my deesdae belangrik.....dit gaan dus nie oor helderheid van die maan nie....
kan julle bietjie meer uitbrei dan oor wat nou eintlik die effek het...

Ek luister graag
Seker so, Cobb. Ek voel maar net nie gemaklik met 'n vollerige maan reg bo-kant my kop nie. Vroeg aand / vroeg oggend, 2/3 dae na of voor volmaan gee die maan my darem so kansie. Al kom hy op of al is hy nie heel onder nie, die maan laag bo die horison pla my nie so baie nie en dan kan man darem so paar triekse uithaal. (onthou ek bly op die plaas en het nie nodig om heel nag te roep nie)

Maar as jy sukses het in helder maan, doen beslis so voort. Ek is die laaste een wat jou gaan kritiseer daaroor. Maar net genoem hoe ek op my plaas maak.

Mooiloop
Louis
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Die Maan

Post by Louis102 »

Terloops, as goeie kamoeflering in volmaan werk, dan kan dit mos in die dag ook werk? Weet van manne wat jakkalse ("met sukses") van die bakkie af geroep het in die dag, sonder om te kamoefleer, maar dit is goeters wat ek met my eie jakke nie sal probeer nie.

Sou reken as die kamoeflering-proses 'n tydjie vat, moet man seker net weet dat die rooi natneuse jou nie staan en dophou terwyl jy besig is nie, maar daardie afdeling het jy darem seker mooi uitsorteer Cobus?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Die Maan

Post by Cobus(Cobb) »

Bakkie is net jagvoetuig, so hy is maar permanent gecammo, met houlym, groen bruin en swart...selfs die vensters kry ook 'n "kous" wat ook tel as muskiet nette in somer....
Stop en roep, niks voorbereiding nodig nie...
Die bakkie is sigbaar, natuurlik, net soos bosse en bome, maar niks reflekteer nie...hy is heeltemal weg donkermaan
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: Die Maan

Post by Abrie Smit »

Vir die wat dit nuttig sou vind. Daar is 'n App met die naam Phases of the Moon. Laai dit op jou foon af. Ek vind dit baie nuttig, selfs as jy sou wou vooruit beplan vir jagte. Ek gebruik dit en Windfinder op die internet.

Lekker jag.
Tallies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Sat Aug 18, 2012 10:04 pm

Re: Die Maan

Post by Tallies »

Kubus

Ek stem saam met Taffie. Die groot probleem met 'n plat wereld soos in die Suid Vrystaat(met volmaan) is dit baie belangrik dat jou voertuig nie 'n struktuur skep wat nie normaalweg daar is nie. 'n Jakkals ken sy gebied baie beter as wat ons dink.As jy kan moet jy by een van Niel Viljoen se kursusse bywoon dan sal jy presies verstaan wat ek probeer verduidelik.
As dit volmaan se kant toe staan werk ek 'n dagroep deur wat nogal goed vir my werk.

Groete
Tallies
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Die Maan

Post by Pieter »

Kubus, met jong en dommes maak dit nie saak nie, ek het al redelik geskiet met volmaan, jou staanplek moet goed "gekamo" wees, en waak om nie jou lig te skerp te draai nie, 'n mens is geneig om dit te doen omdat die heldermaanlig die fokuspunt van lig "doodmaak'' en jy dit nie sien nie, ek gebruik rooilig in maanskyn, rooikatte in donkermaan, maar as hy pla moet jy hom jag, en dit neuk maar in volmaan.

Groetnis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Die Maan

Post by BLOK »

Die naweek weer gesien dat as jou staanplek reg is die terrein dit toelaat en jou lig reg is jy selfs in volmaan die jecole gerol kan kry.
Plase waar ek geskiet het was redelik bosveld en ek kom elke keer onder n groot boom of langs n bos stop waar die takke skaduwee van maan kon gooi op die bakkie. die roeper kon ek nie een keer te ver uitsit nie met maksimum seker so 50m en nie een keer kon ek sien dat n jakkals die bakkie gesien het nie. In drie aande kon ek darem tien lift gee.
Last edited by BLOK on Mon Jul 14, 2014 3:07 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Die Maan

Post by NicoSmit »

Abrie Smit wrote:Vir die wat dit nuttig sou vind. Daar is 'n App met die naam Phases of the Moon. Laai dit op jou foon af. Ek vind dit baie nuttig, selfs as jy sou wou vooruit beplan vir jagte. Ek gebruik dit en Windfinder op die internet.

Lekker jag.
Ek het dit ook afgelaai sê hoe laat kom die maan op hoe ver die maan is watter fase is hy ek gaan hom defnitief gebruik om my jagte te beplan hy is baie beter as die kerk almanak
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Die Maan

Post by Arno Pienaar »

Staanplek reel 1...

Tallies van waar in die Suid Vrystaat is jy ?

Groete Doons
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Die Maan

Post by Riaan Kriel »

Abrie Smit wrote:Vir die wat dit nuttig sou vind. Daar is 'n App met die naam Phases of the Moon. Laai dit op jou foon af. Ek vind dit baie nuttig, selfs as jy sou wou vooruit beplan vir jagte. Ek gebruik dit en Windfinder op die internet.

Lekker jag.
Ek het app afgelaai, dit is nou 'n gawe ding. Dankie daarvaar, dit het my ook gehelp ><)
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Die Maan

Post by NicoSmit »

Ek gaan more aand weer 'n draai ry nou sien ek die maan is 83% helder maw hy het 17% helderheid verloor in 4 dae dis maar ook amper volmaan sal mooi stil moet sit
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Die Maan

Post by pieter h »

Nico Maandag kom die maan eers 23h30 op so jy het lekker tyd om te roep.Groete
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Die Maan

Post by Jan-Hendrik »

Blerrie interesante draad die.....die staanplek ding maak my net skrikkerig.Klink vir my of dit sukses gaan maak of breek...
JAN-HENDRIK
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Die Maan

Post by BLOK »

Jan-Hendrik wrote:Blerrie interesante draad die.....die staanplek ding maak my net skrikkerig.Klink vir my of dit sukses gaan maak of breek...

Maak nie saak wat die maan is nie, staanplek is die belangrikste in enige omstandighede en maak enige plek of breek hom
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply