Savage Accustock

Post Reply
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Savage Accustock

Post by henning »

Ek het met my Savage geweer nou al 200 skote geskiet. Vandag haal ek die aksie uit die accustock en sien dat die alluminium bedding het geskuur teen die aksie tot so n mate dat dit n lagie alluminium poeier op die aksie gelos het.
Die aksie skroewe was definitief reg vas want ek het dit 3 keer nagegaan vandat ek die geweer gekry het.
Ek was redelik verbaas om dit te kry want almal praat goed van die accustock.
Nou wonder ek of die 300 wsm nie n bietjie te veel is vir die accustock patent.

Het enige van julle al probleme gehad met die accustock?

Ek het toe vandag aksie gebed. Om die plastiek en aluminium stock te bed was n bietjie meer tricky as om met hout te werk maar ek het reg gekom. Eintlik gee ek nie om dat dit gebeur het nie want ek geniet sulke werkies en nou voel ek saam met die geweer sommer weer reg.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Post Reply