So rukkie terug het n vriend uit Ferlach vir my fotos van hierdie geweer gestuur. Die geweer was deur JOHANN FANZOJ van FERLACH gebou. Dit het ongeveer 3 jaar geneem om die wapen te voltooi. Ek heg n link onder aan as julle manne die detail wil gaan lees. Persoonlik is dit een van die mooiste kunswerk in die pasmaak wapen bedryf vir my!
MAAAR - toe ek dit fotos sien toe wonder ek nogal wat die Suid Afrikaanse jagters gaan se van dit - hiers my gedagtes oor wat hulle moontlik gaan se (tong-in-die-kies) want ek sien dit elke dag: Asseblief moet niks van hierdie persoonlik opneem nie - dit is op geen individuele mense gerig nie
- 98% gaan se dat die geweer te SWAAR is en die loop te lank is
- dieselfde 98% gaan se dat hulle nie langer as n week sal wag vir hulle gewere nie
- dieselfde 98% gaan se hy blink teveel
- dieselfde 98% gaan al sy vingers in die loop voor probeer indruk ( dieselfde mense wat by n kar handelaar n nuwe kar sal staan en beloer en dan die nuwe tire van die kar skop om te sien of dit styf gepomp is)
Reg, nou gaan kyk ons na die minderheid van die wat oor bly
-1.999999% sluit jagters soos ek en die Jaracal forum lede in wat n mooi wapen wardeur en oopmond na dit sal staar en drool op die sleutelbord
Die oorblywende - 0.000001% sal jou probeer oortuig dat n Britse geweer beter kwaliteit is en n beter belegging vir die toekoms is
Alle krediet (CREDIT) aan JOHANN FANZOJ - FERLACH (asook fotos)
http://www.fanzoj.com/en/home/index.html
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/29_zps19905276.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/210_zps5ce1bb50.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/26_zps9f60f9db.jpg[/image]
[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/ferlach%20416/3_zps7569567b.jpg[/image]
Groete
Ralph jr.

