Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Ek is besig om op QL rond te speel vir ladings vir die 416 rigby met barnes tsx 400gr
Loop lengte : 593 mm
Maksimum TPL : 93.6 mm
Dop volume : 97.5 gr
S365 lot 74
CCI 250 primer
Hornady doppe
Ek het gedink om te begin laai op TPL van 92 mm en 82grein S365. Dit gee n teoretiese node om en by 2265 vps volgens QL. Let wel ek het nog nie deur chrony geskiet nie.
Is daar dalk iemand wat my kan help en net op QL bevestig of ons ooreenstem. Ek het gister die geweer gekry, en dit is my eerste kennismaking met die kaliber.
Groetnis
Martin

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Opmerkings :-
1. Kyk na S385 synde dit beter dopvulling sal gee.
2. Stem saam met TPL - Barnes sien ek beveel minimum van 0,5 duim = 1,27mm aan.
3. Volgens QL is dopvolume 127,5 vir 416 Rigby
4. Pasop vir Lot 74 van S365 - met 243 gee hy BRF van 0,5 - sal laer wees in die groter doppe, maar bou veiligheidsfaktor in met beginlading

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Dankie Oom Tripod
Ekskuus, die dopvolume is die "usable case volume" na koeel geseat is.
Groetnis
Ekskuus, die dopvolume is die "usable case volume" na koeel geseat is.
Groetnis
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Ek sal liefs op 78gr begin en dan kyk na drie skote oor die chrony. Nou kan jy begin kalibreer om met iets konkreets te werk. S385 lyk nog steeds na 'n opsie met die beter dopvulling.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Oom Maruis en Smitstertjies
Ek skiet ook die 400gr Barnes TSX eksklusief in my 416 Rigby. Wat interessant was is dat die lott S365 wat ek gebruik het wat normaal(0.4400) gebrand het in ander kalibers vir my n BR van 0.4150 gegee het in die Rigby. Hierdie was teen druk van 44 000psi en n nodespoed van 2380ft/sek uit my 24 duim loop. My dopvolume met Hornady doppe is 132gr en my TPL is ook 92mm.
Ek vind dat poeiers oor die algemeen n laer BR lewer in hierdie groot volume kalibers teen laer druk. Hierdie was ook die geval met Stevan Fouche en Ferdie Koekemoer se 450 Rigby's en het eers in lyn begin kom toe hulle drukvlakke oor 54 000psi begin gaan het. Ek beveel ook ten sterkste Fed 215 primers aan met die kalibers. Die magnesuim wat in die primer gebruik word veroorsaak dat die vlam dieper in die dop ingeblaas word om sodoende die groot hoeveelhede kruit linnieer aan die brand te kry. CCI 250 is net te flou. Winchester se magnum primer of PMP s'n is ook n opsie.
Uit ondervinding met Barnes weet ek ook hulle hou van spoed. Ja hulle werk nog steeds uitstekend teen laer snelhede maar dit is asof hulle tot hulle reg kom teen hoer inpaksnelhede. Hierdie ondervinding is gebasseer op die groot kalibers en dus sal ek aanraai jy mik vir die hoer node. Jy sal sien waarvan ek praat as jy dit self toets. Penetrasie verhoog ook dramaties teen die hoer snelhede. Druk is nog steeds 100% aanvaarbaar. Dopvulling verbeter ook wat hangfires ook normaalweg uit die prentjie haal. Daar is werklik ook nie n noemenswaardige verskil in reciol nie. Ja by die bench kom jy dit dalk agter maar nie in die veld nie.
Ek stem dat S385 na die beter poeier lyk op QL. Ek het die S365 gelaai want op daai staduim het die S385 lott baie vinniger verbrand as wat hy moes(0.4600) en ek het toe maar die S365 gebruik om die 250 rondtes te laai want ek het genoeg daarvan gehad. Hy het perfek gewerk met amper 100% dopvulling en 20mm groepering(5 skote met n 6 x vergroting op 110m). Ek gaan hierdie selfde batch S365 ook gebruik in die 505 Gibbs waar S385 ook teoreties die beter poeier is.
Smitstertjies baie geluk met die 416 en ek weet sommer hy gaan jou oneindige plesier verskaf.
Groetnis
Wouter

Heng Wouter
Baie dankie vir die waardevolle inligting. My gat juk nou behoorlik om hom te gaan toets.My plan is om hom oop visier te jag, so ek gaan NABY aan die wild moet kom. Nie noodwendig groot 5 jag nie, miskien eendag n buffel.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Wouter, ondervinding is altyd maar die beter leermeester. Ek sien die maks druk op QL is 47K psi. Hou jy daarby of vat jy 60K as norm met die meer moderne gewere?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Oom Maruis
Oom is reg hier het die prakties en teorie so bietjie van mekaar verskil. Ek sou ook verseker die S385 roete gegaan het maar ek het nie genoeg gehad op daai staduim nie. Gelukkig het ek die nuwe beskikbare lott getoets in n pel se 7mm Rem Mag en agter gekom hy is warmer as S365. Vandaar my eksperiment met S365 wat toe uitstekend gewerk het. Maar Oom is reg deur te se lott 74 is aan die warm kant en dus moet daar maar so bietjie laer begin word en kyk of hy ook dieselfde doen as wat ek bevind het. Ek glo nog steeds n mens gaan dieselfde tendens beleef want ek het dit ook in ander kruite ervaar in hierdie kalibers.
Oom Maruis ek sal nie n probleem he om in die 416 Rigby en nuwe slotaksie gewere na 60 000psi toe te laai nie. Ferdie gebruik 416 Hornady doppe in sy 450 Rigby met hierdie drukvlakke en hy trek al oor die 12 herlaaisiklusse met hulle. So die doppe kan dit vat sowel as die CZ aksie wat hy gebruik. Die vraag is wil n mens 2600-2700ft/sek hardloop met n 400 greiner? Ek weet nie of die kool die sous werd is nie. Ek het al so paar skote geskiet met n klient se 416 Weatherby teen hierdie snelhede en dit was nie n plesier nie! Soos reeds gese kan ek nie vir meer vra as wat die Barnes doen teen bykans 2400ft/sek nie. Die trajek is ook vir my heel aanvaarbaar tot by 250m.
As ek verder wil skiet sal ek na die 350gr Barnes toe gaan wat ook nog heel aanvaarbaar sal wees in die reciol departement. Ek het gelukkig nie nodig om die kaliber tot daarvoor te gebruik nie, want daar is ander wat meer geskik is daarvoor. Maar hierdie is wel n oorweging vir iemand wat sy 416 so wil toepas.
Ek hou wel van die laer drukvlakke van die 416 Rigby en die 505 Gibbs as dit kom by die hoe temperature waar n mens hulle soms in gebruik. Ek het n beplande buffeljag in November die jaar en ons weet wat die maand kan oplewer in temperature. Uit die aard van die saak voel n mens baie meer gemaklik met n 40 000 of 50 000psi lading as met n 60 000psi lading. Ons weet ook teen die tyd dat n 60 000psi lading maklik kan klim met 5000-7000psi in hierdie temerature waar die laer druk ladings nie so vatbaar is daarvoor nie. En al klim hulle dramaties het n mens darem n baie groot margin vir safety voordat n slot nie meer wil oop maak nie.
So terloops beplan ek om die nodespoed van die 505 gibbs met 525gr Barnes TSX ook basies dieselfde te maak as die 416 wat dan n uitstekende kombinasie sal wees. Wanneer skaf Oom ook nou n oordentlike meneer kaliber aan? Oom se arsenaal skree vir iets lekker soos n 458 Lott.
Groetnis
Wout

Dankie vir die omvattende antwoord. Hoop dit is van nut vir ander wat wel met 416 skiet. Ek sal ook nie die hoogste node jaag nie, maar 47K is laag vir 'n moderne geweer en ek wou nie dat Smitstertjies in koue sweet uitslaan as 50K sy gemaklikste node is nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Barnes TSX 400gr vir 416 rigby
Dankie Wouter en oom Marius.
Volgens QL is druk 40500psi as ek die normale burning rate factor gebruik op 82 grein S365.Ek wil graag vanaand bietjie laai, sommer net om n paar koele te skiet in die week, en ek het nie S385 nou by my nie. Ek sal dan later ordentelike lading ontwikkeling doen.
Volgens julle skrywes hierbo lyk dit darem of ek meer as voldoende veiligheids marge het om met 82 grein te laai, al is dit lot 74.
Dankie weereens vir wel deurdagte antwoorde. Dit is wat hierdie forum so waardevol maak.