Burris QR ringe.

Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Burris QR ringe.

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê manne.

Soos baie van julle jeuk my gat gedurig, maar die fondse bly maar skraps. Ek is besig met 'n 7mm projek en die idee is om my twee wapen platforms identies te hou. Ek het egter nie nou die fondse vir 'n tweede MK 4 nie en van daar die idee om QR ringe te gebruik

Ek het die stel ringe deur Monrique bekom en dit solank op my 243 monteer met 'n 20 MOA "rail".

Die Howa was toegerus met 'n "straight rail" en Warne "clam-shell" ringe. Niks daarmee verkeerd nie, maar die teleskoop moes elke keer van voor af opgestel word indien dit van die "rail" afgehaal is.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20141119_101455.jpg
Last edited by Gawie(13mm) on Wed Nov 19, 2014 4:20 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Gawie(13mm) »

Gaping tussen loop en teleskoop.

Image

So vergelyk die twee verskillende ringe. Links is die Warne en regs die Burris.

Image

Dikte van Warne ringe.

Image

Die Burris ringe se dikte

Image

Die Burris ringe lyn amper perfek op.

Image

Ek het die ringe egter vir my eie gemoedsrus die ringe "ge-lap"
Image

Image

Image

Lyn alles mooi op en monteer teleskoop.

Image

Image

Die hoogte tussen die loop en teleskoop met die Burris ringe.

Image

So lyk die Burris ringe van bo op die Howa.

Image

Ek gaan Vrydag middag die platform op die skietbaan toets deur op 100, 300 en 600m te skiet. As my wiele nie afval nie sal ek op 1085m ook lood stoot.

Ek sal op vier verskillende mikpunte op 100m skiet en tussen elke skoot die teleskoop afhaal en weer monteer.

Ek sal kom deel as ek klaar is.

Groetnis.
Last edited by Geno on Wed Nov 19, 2014 2:41 pm, edited 1 time in total.
Reason: Fotos Reggemaak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Burris QR ringe.

Post by JTM »

Jou tweede post se pics werk nie Gawie.
Jannie Welman
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Geno »

JTM wrote:Jou tweede post se pics werk nie Gawie.
Fixed
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Arnold »

Prys?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Gawie(13mm) »

Dankie Geno.

Arnold, die prys was drie maande terug net onder R900 as ek reg onthou. Ek het 'n maand gewag vir voorraad, maar toe gooi Monrique 'n 100mm gong saam in die pakkie.
Last edited by Gawie(13mm) on Wed Nov 19, 2014 4:18 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Arnold »

Ek dink die Burris ringe is goeie waarde vir geld.

Sal seker binnekort na so outjie kyk vir die AR :)
http://www.burrisoptics.com/images/PEPR-QD-mount.jpg
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Kalahari »

Baie mooi Gawie!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Burris QR ringe.

Post by JTM »

Daarshy nou. Dankie Geno.

Lyk baie goed Gawie. My stel Burris lê op rak en wag vir my. Net nie die QR weergawe nie.

As my bonus verbykom sal ek my huidige reguit Baboonstalker rail verander na 'n 20MOA en dan die Burris mounts opsit.

Nou nie dat ek juis vreeslik lang afstande gaan aanpak nie, maar dit bly lekker om geweer aan te pas na mens se sin.
Jannie Welman
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Capt. Yoda »

Baie netjies Gawie

Al my gewere het nou Burris se XTR low Tac ringe op en ek is meer as gelukkig met hulle. Vir die prys twyfel ek of jy baie beter ringe gaan kry
Ek het ook al daar aan gedink om een monster scope te koop en dan die Burris QD ringe te gebruik en hom so rond te skuif so sal goed wees om te hoor of dit mooi werk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
mariojacobs1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri Feb 28, 2014 9:04 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by mariojacobs1 »

Waar kan ek van daai QR ring kry in 35mm ASB
270 Sako
222 Sako
22 Mauser
9mm Tupperware gun (Glock)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê.

Ek het ongelukkig nie al sy kontak besonderhede hier by my nie, maar Monrique sal jou heel moontlik kan help. Sy sel no. o82 956 2645.

Whatsapp hom of los 'n boodskap. Hy is heel moontlik besig om te werk of hard te speel.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Dries101 »

Is die Xtr ringe staal of aluminiuum?
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Burris QR ringe.

Post by JTM »

Alu
Jannie Welman
mariojacobs1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri Feb 28, 2014 9:04 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by mariojacobs1 »

Gawie(7mm) wrote:Dagsê.

Ek het ongelukkig nie al sy kontak besonderhede hier by my nie, maar Monrique sal jou heel moontlik kan help. Sy sel no. o82 956 2645.

Whatsapp hom of los 'n boodskap. Hy is heel moontlik besig om te werk of hard te speel.
Baie dankie sal hom kontak
270 Sako
222 Sako
22 Mauser
9mm Tupperware gun (Glock)
mariojacobs1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri Feb 28, 2014 9:04 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by mariojacobs1 »

Hoe goed is die QD ringe hou hulle die zero as jy hulle afgehaal het
270 Sako
222 Sako
22 Mauser
9mm Tupperware gun (Glock)
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Burris QR ringe.

Post by Gawie(13mm) »

Jammer manne.
Ek skuld julle nog 'n verslag mbt. die ringe, maar hou nog eers lekker vakansie by die see. Ek sal na die 12de fotos van die teiken plaas wat ek met die toets geskiet het.

Wat ek wel kan sê is dat ek drie skote geskiet en tussen die skote die teleskoop verwyder het en weer monteer het. Ek moet nog meet, maar op 100m was die groep onder 'n duim. Die toestande was nie ideaal nie met 'n lastige 10mph wind. Daarna het ek die ghong op 600m aangedurf en na 'n gesukkel om die regte BC in my selfoon app te kry kon ek die ghong 4 keer binne 30 sekondes raakskiet. Daarna was dit 2 uit 5 op die 1085m ghong.

My geweer weeg 7kg en ek skiet 85gr koeëls @ 3150v/sek met 'n ERC demper. Terugskop is werklik min op my roer.

Tyd sal egter leer wanneer die 7mm in die nabye toekoms land.

Tot dusver is ek baie tevrede en teen die prys is ek meer as gelukkig.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply