Page 1 of 1

Musgrave mini aksies

Posted: Thu Nov 20, 2014 1:02 am
by shanenel
Vir die kenners.Ek verneem musgrave het mini aksies ook ontwikkel vir 223, 222 kal. Hoe goed was die die aksies.en hoe volop is hulle.Wat was die model nommers van die aksies.

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Thu Nov 20, 2014 11:42 am
by Hein M.
Ek is nie 'n kenner nie, maar ek het 'n 223 met die Musgrave Mini 90 aksie.

Hy werk regtig baie mooi en voel soos 'n veel duurder aksie. Ek hou nie van die push-feed aksies van die Mini 90 nie, maar daar het nog nooit 'n dop vasgesit nie.

Die ander swakheid is die spring-tipe magasynveer waarmeer hierdie aksies uitgekom het. Die patrone voer skuins en dus onbetroubaar. Ek het dit laat vervang met 'n staalveer (W VORM).

Moet byvoeg dat hierdie aksies deur Musgrave self vervaardig is en nie ingevoer is, soos die militere Mauser en Spaanse Santa Barbera aksies nie.

Die geweertjie wat ek het is ontsettend akkuraat en sal hom vir niks verruil nie!

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Thu Nov 20, 2014 7:01 pm
by RV
Dit is die mini 90.Ek het n 7.62x39 op so n aksie wat deur musgrave gebou is(sover ek weet die eerste en eenigste een).Dit is n uitstekende aksie en myne voer baie goed en werp ook sy doppies baie goed uit.Daar is nie baie van die aksies gebou nie.Hulle het ook n paar 22-250 s daarop gebou.

Groete

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Fri Nov 21, 2014 1:34 am
by Francois Marais
RV
Wou lang jare terug vi die laaitie so n geweer koop. Ek kon tot vandag nie by die vervaardigers uitvind of hulle n .308 loop of .311 loop gebruik het nie. Weet jy dalk?

Mooi loop
Francois

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Fri Nov 21, 2014 11:16 am
by Frikkie Coetzee
Francios

Ek het destyds n Bushranger in 7.62 x39 geskiet toe ek by SAHARA was in Pta.

Ons kon nooit die ding kry om te skiet met Amerikaanse ammo nie. Die ammo was 308. Die loop was 311

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Fri Nov 21, 2014 6:22 pm
by RV
Francois

My Musgrave is n 308 kalber.Ek skiet tans Sierra 125 gr Prohunters in hom.Hy groepeer ook goed met 150gr Prohunters.

Grommit

Ek het so n Bushranger gehad.Jy is reg die Amerikaanse ammo sowel as verskeie millitere tipe ammo wou nie daarin werk nie want dit was n 311 loop.Die meeste millitere ammo was tussen 309 en 310.Die Bushranger het egter baie goed geskiet met PMC ammo 125gr.Dit was in Korea gemaak.Ek het hulle nooit gemeet nie maar vermoed dit was 311.Daar was ook n plaaslike vervaardiger wat hul gemaak het.Ek het die naam vergeet ,maar hulle was in so rooi plastiek pakkie waarin die patrone los in gele het.Hulle het ook glad nie gegroep nie.

Groete Riaan

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Fri Nov 21, 2014 9:45 pm
by Francois Marais
Tx Riaan/Gromit

Mooi loop
Francois

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Fri Nov 21, 2014 10:02 pm
by RV
Francois

Ek sien jy is van Namibia.Ek het toevallig my Bushranger vir n vriend,Thys Swart, in Koes gegee.Hy staan nog hier Suid-Afrika tot hy sy lisensie kry.

Groete Riaan

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Sat Nov 22, 2014 5:20 pm
by Francois Marais
Riaan
Daai gaan n tammeletjie wees. Ek het dit eenkeer probeer. As hulle weet di gun is in SA moet jy waardasie kry oppi gun. Invoer vooruit betaal en als saam jou aansoek ingee. Dit het my omtrent frustreer want niemand weet hoe dit eintlik werk nie. Customs weet nie hoe wil jy nou invoer betaal op n item wat noggie ingevoer is nie. En al sulke goete. Maar voorspoed aan jou vriend

Mooi loop
Francois

Re: Musgrave mini aksies

Posted: Mon Mar 06, 2023 6:18 pm
by Handgunhunter
Ek kan moontlik my hande lĂȘ op 'n Musgrave Mini 90 met 'n "308 X 1-1/2 Barnes" kaliber loop. (Barreled action).Die geweer was nooit klaar gebou nie. Dit wat blykbaar die eerste van die reeks en was Martin van Tonder gebou.

Die kaliber is baie naby aan die .30 BR en dit behoort ballisties goed te presteer.
Hoe akkuraat is die gewere in algemeen en wat sou 'n billike prys daarvoor wees inaggenome dat daar nie 'n kolf is nie.