Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek was baie bevooreg om die laaste twee groot kaliber shoots S&O en die laaste BASA shoot met 'n kompleet custom handgemaakte ammo belt te kon deelneem. Dit alles te danke aan ons eie "Homer" Jaco le Roux op die forum se handewerk. Na die laaste S&O DGS shoot ek het hom gevra om asb. die ene vir my uit te hou want hy het my naam op hom.
Die belt werk soos 'n droom en is gemaklik van die oomblik wat jy hom drae en verstel het met jou regte mate as ek reg onthou is die belt gemaak vir 36" tot 44" mate. Jy kan natuurlik nog spesiale sakkies laat maak uit leer wat agter op die belt aangesit kan word soos byvoorbeeld vir 'n GPS of sakkie vir Leatherman ek het sommer my eie mes en skede opgesit as voorbeeld.
Die loopholes word per kaliber gedoen en afhangende hoe dik die doppe is myne is vir 375 H&H maar sal ook natuurlik werk vir 458 Win mag, 458 lott, 458 3" express asook 404 Jeff en al ander grootwild kalibers van dieselfde dop groote. Op die belt kan ek 14 rondtes drae en die gewig oor die belt is mooi versprei sodat die belt nie noodwendig te veel aftrek nie seker omdat dit so lekker breed is.
Dit is nou wragtig 'n baie lekker vroee kersgeskenk vir my en ek weet die klink soos 'n advertensie maar ek kon nie laat die man se handewerk stil gehou word nie. Noem dit 'n resensie vir iets wat ek nog my hele lewe gaan gebruik vorentoe top produk van 'n top kalant.
Dit is nou regtig iets om op trots te wees. Geniet hom.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Nico, soos Hugo noem hy is nog lekker besig met die leerwerk kontak hom direk hy is baie min hier op Jaracal.
5 jaar later en nog geen probleme met my belt nie werk nog net so goed op die baan en die veld.
Dankie manne, ek gaan hom kontak. Ek het iewers sy nommer in die hande gekry, maar van die laaste syfers was omgeruil. Die terugvoer op my navraag (op die verkeerde nommer) het n BAIE onbevredigende antwoord meegebring.
Groete