Ek het gister weer besef hoe skelm mense kan wees. En hoe wakker jy moet wees as jy n voertuig wil koop wat op die internet( Gumtree, OLX, ens) geadverteer word.
Sondag aand sien ek 'n pragtig enkel kajuit 4x4 Hilux bakkie, met n goeie prys. Ek bel vir "Phillip" in Grahamstown; "ja die bakkie is nog beskikbaar". Ek vra hom om die straat adres vir my te sms >> geen antwoord. Gister aand sien ek weer dieselfde bakkie se foto deur "google images". Volg die draad tot by Gumtree. Toe het "Johan" dieslefde bakkie n maand terug in Oudtshoorn adverteer vir dubbel die prys.
Dis 'n wille wereld die!!!???
Het julle manne ok al sulke ervarings gehad?
Internet voertuig koop.
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Internet voertuig koop.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Internet voertuig koop.
Dagsê Dolf.
Ek loer maar altyd op "Carfind.co.za"
Jy kan die voertuie en al die spesifikasies, sowel as die pryse vergelyk. Winskope is maar min, maar hier en daar is jy gelukkig.
Groetnis.
Ek loer maar altyd op "Carfind.co.za"
Jy kan die voertuie en al die spesifikasies, sowel as die pryse vergelyk. Winskope is maar min, maar hier en daar is jy gelukkig.
Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Internet voertuig koop.
carfind.co.za is 'n goeie bron van inligting en seker een van die enigste webwerwe waardeur ek weer voertuie sal aankoop. Mens moet egter maar altyd wawyd wakker wees en sorg dat jy alle vrae behoorlik beantwoord kry van die verkoper voordat jy enige geld begin betaal. Onthou ook dat so-iets soos "voetstoots" nie meer bestaan nie n.a.v. die nuwe Verbruikersbeskermingswet (Engels "Consumer Protection Act") en dat die verkoper alles moet verklaar van die item/voertuig wat verkoop word. Die koper het nadese baie meer beskerming en moet sorg dat hy hom daarop verlaat tydens so 'n transaksie.
