Lyman DPS 2 besprekings

Post Reply
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Lyman DPS 2 besprekings

Post by Boesman10 »

Ek het presies net so 'n skaal. Enigste problem wat ek ondervind is dat hy gereeld (80%) so 0.1 grein te veel gooi. My oplossing as ek bv 70.0 grein wil gooi dan sit ek 69.9 grein op die skaal dan werk dit perfek. Indien hy dan die geprogrameerde gewig wel gooi dan "trickle" ek net nog by. Great skaal.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Lyman DPS 2 Elektroniese skaal - Splinternuut te koop[

Post by smitjs »

Boesman10 wrote:Ek het presies net so 'n skaal. Enigste problem wat ek ondervind is dat hy gereeld (80%) so 0.1 grein te veel gooi. My oplossing as ek bv 70.0 grein wil gooi dan sit ek 69.9 grein op die skaal dan werk dit perfek. Indien hy dan die geprogrameerde gewig wel gooi dan "trickle" ek net nog by. Great skaal.
Boesman, ek het ook so een. Ek ken die probleem, maar my oplossing is anders.
Onder die regterkant van die skaal sit ek 'n "coaster". Jammer, ek weet nie wat die Afrikaanse naam is nie.
Die een wat ek gebruik is 4mm dik. Dis die goed wat mens 'n glas op neersit.
Dit lig dan die regterkant daardie bietjie, en die kruit loop daardie bietjie stadiger. Dan meet dit perfek.
Groete
Johan Smit
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Lyman DPS 2 Elektroniese skaal - Splinternuut te koop[

Post by PWV »

My Lyman DPS 2 Elektroniese skaal het net 'n jaar gehou. VLT het dit toe vervang met 'n Lyman Gen 6. 'n Jaar later en laasgenoemde werk tans nog goed.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Lyman DPS 2 Elektroniese skaal - Splinternuut te koop[

Post by smitjs »

Ek het vergeet om te skryf dat die kruit buis hopeloos te groot is ook.
Saag dit eenvoudig middeldeur. Dis dan 'n redelike grootte.
Niks meer is nodig nie, mens kan altyd aanvul indien nodig.
Ek gooi in elk geval eers bietjie minder met 'n RCBS Powder measure.
Dan vul die Lyman dit vinnig an tot die regte gewig.
Dis die vinnigste manier om te laai wanneer S355 en growwer gebruik word.
S335 en fyner en balkruite kan direk met 'n powder measure gegooi word.
Nog beter is natuurlik die gekalibreerde volume tipes.
Sommiges beweer die Lee Perfect Powder measure kan ook S365 akkuraat gooi.
Het enigiemand ondervinding daarvan?
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Lyman DPS 2 besprekings

Post by KalahariKlong »

Smitjs, onthou dat dit baie belangrik is vir enige skaal om waterpas te wees.
Ek werk in die laboratorium bedryf en dis een van die kritiese punte vir die akurate bepaling van massa.
Hou dit maar in gedagte,
Groete
KK

Ek gebruik ook die DPS en is baie gelukkig met hom.
Probeer die rubber punt op die einde van die voer pypie so draai en 'n half uitdraai.
Last edited by KalahariKlong on Sat Jan 03, 2015 11:59 am, edited 1 time in total.
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Lyman DPS 2 besprekings

Post by smitjs »

Ek stry nie.
Vir my werk my metode, en ek het die Lyman se gooi so al baiekeer getoets teen my Pacific skaal, en dan stem die twee ooreen.
Nie een van die twee is natuurlik laboratorium kwaliteit nie, en 0.1 grein en minder variasie in kruitlading maak seker minder verskil as al die ander variasies soos dopgewig, nek spanning, voginhoud, temperatuur, ens.
Groete
Johan Smit
Yeager
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Feb 06, 2013 6:44 am

Re: Lyman DPS 2 besprekings

Post by Yeager »

ImageUploadedByTapatalk1420393365.310376.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Yeager
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Wed Feb 06, 2013 6:44 am

Re: Lyman DPS 2 besprekings

Post by Yeager »

Ek het n RCBS Charge master, met die afgesaagde 25-06 doppie oor die pypie gooi hy altyd reg.
Post Reply