Skietstoel draai meganisme.

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Skietstoel draai meganisme.

Post by Pvdw »

Hi Manne ek is aan die speel en kopkrap om vir my 'n stoel te bou 8) 8) 8). Ek wil 'n tipe van tafel/vlak bou wat net ho?r as die bakkie se bak is en dan daarop die 4 pilare om die stoel op te monteer. Bo op die pilare kom 'n 250X250X5mm basisplaat en dan wil ek 'n Lazy Suzan opsit op die basisplaat. Volgende monteer ek nog so 'n basisplaat op die Lazy Suzan. So ek sit nou met 2 basisplate met die LS tussenin nes 'n toebroodjie. Van daaraf kan ek nou 'n stoel/sitplek op die boonste basisplaat sit en dan die geweer rus bysit soos ek verder beplan.

Ek wil die meganisme juis so naby die sitvlak as moontlik sit om hefboom krag te verminder.

Het iemand dalk al met 'n Lazy Suzan gewerk of so iets probeer??

Hier is 'n link vir die wat dink Lazy Suzan is 'n tiener meisie wat heeldag op die bank l? en MIX met haar vriendinne ;) ;) ;)

http://www.instructables.com/id/Interna ... n-Bearing/

Vir die wat nog wil sien Google net Lazy Suzan bearing. Daar is sommer baie resultate daar.

Dankie.

Peet
Last edited by Pvdw on Tue Apr 12, 2011 4:54 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Naas »

Pvdw

Ek het so n paar jaar terug ook vir my n jagstoel probeer bou met daai selfde
bearing.Daai bearing was vir my so bietjie lig in die broek.
Ek het nou so tydjie terug vir my nog n stoel gebou,en het toe van n
gewoonde bearing wat ek sommer by ons engeneering plek gekry het gebruik gemaak.
Die buite deursnee is 47 mm en binne is hy 25 mm.Die bearings pas mooi binne in n
50mmx1.6mm Squere tubing in.Ek het 2 bearings in die pyp omtrent so 20 mm
uitmekaar gesit,en dan het ek die 25mm rod dierek onder my stoel vasgeswies.
Dit werk mooi.Ek het toe sommer n 14mm gar binne in daai 25mm rod geboor waar my
main powersuply opkom stoel toe.nou kan my stoel 10 keer na een kant toe draai voordat
die draad regtag begin opwen.en die draad loop bine in die pyp so niks le tussen jou voette nie.

Ek sal n paar fotos neem en dit dan opsit vir jou om tekek as jy belangstel

Naas.
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Geno »

Die ideaal is 'n taper bearing. Hulle kan die gewig mooi hanteer. Probeer gerus iets soos 'n Citi Golf se agterste hub, Piet Breedt se stoel is op so ene gebou.
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by skaapwagter »

Stem saam met Eugene, moenie sukkel met iets anders as 'n taper bearing, myne is gebou op 'n ford 5000 trekker se voorwiel bearing, jy kan hom ook so styf stel soos wat jy wil. 
Sterkte met die bou, dis lekker om die eerste jakkals van jou eie stoel af plat te trek...
Skaapwagter
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Pvdw »

Dankie manne, Soos gewoonlik is julle flink uit die blokke met raad.

Naas ek sal daai fotos wardeer. Dankie.

Ek het my Venter trailer so gekyk gister en gedink dat daai as mos nou lekker sal werk. Gelukkig het ek 'n dubbel as wa so ek kan seker maar 1 uithaal :D :D :D

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Naas »

Daai assies wer baie mooi,Hulle is net duur in vergelyking met ander patente.
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Pvdw »

Naas 'n vriend van my werk by 'n onderdele winkel. Gou met hom gesels. Hub kos so +- R250, bearing R100 en drom se R250. Als vir 'n Golf. Totaal is so R600 Glo ek sal by scrap yard of rem spesialiste iets goedkoper kan optel??? Wel effe duurder maar enige vettie kan dan in die stoel kom sit.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Naas »

Pvdw

As die prys jou nie pla nie sal ek se,gaan met daai golf hub.
Op die einde is dit n baie beter patent.

Moet nog daai fotos neem.Sal jou e-mail kry dan mial ek dit vir jou.
en sommer n plannetjie wat ek geteken het.

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Pvdw »

Dankie Naas. Sal enige planne/voorstelle mooi deurkyk.

Ek glo as ek hier in Pretoria rondsoek gaan ek hom 2de haands vir onder R350 optel. Vir wat hy moet doen en die plesier wat hy inbring is dit darm nie te erg nie.

Peet
Work to live, don"t live to work
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Freek »

Peet, begroot maar vir so + - R1000 (Golf/TOYOTA stub axle = R350; sny en draaiwerk om gat in as te kry + nuwe moer te draai met as aan vir slip ringe = R400 + 2 plate bo en onder die bearing om die sitplek en poot vas te maak (250mmx250mmx5mm) = R150 elk = R300. Dus bring dit die som op R1050 ( dit sluit nog nie borsels en slip ringe in nie) om net jou bearing op datum te kry vir jou skietstoel. Ek gebruik ook 'n taper bearing op die Bosvark en het nog nie klagtes ontvang van manne wat kla oor hul bearings wat nie hou nie.

As jy al die werk self doen, kan die spul jou heelwat goedkoper uitwerk maar jy boet tyd in. As jy belangstel, kan ek vir jou 'n bearing supply met slip ringe en borsels klaar aan vir R1400.

Groete
Freek
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Pvdw »

Hi manne ek het toe vandag 'n kompleet gebuigde Jetta '85 agter as opgespoor vir R320. Beide hubbs en dromme met bearings is nog op. Remme is verwyder maar l? in 'n boks en kom saam.

Freek ek hoor wat jy vir my s? met al daai goed wat ek nie als van verstaan nie maar gelukkig kan ek soos 'n kraai rondloop en 2de handse goed koop want ek bou net 1 keer. Jy glo ek moet seker nuut koop want jy het 'n produk wat herhaal moet word.

Ek wil net my huiswerk ook doen en kyk of ek daai remme aan die werk kan kry. Wil dan sommer 'n ou handrem hefboom koop en kabel laat korter maak en dan het my stoel 'n handrem ;D ;D 8) 8) 8) Hoop dit sal werk.

Peet
Work to live, don"t live to work
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Freek »

Nie probleem nie Peet. Sterkte met die projek, ek moet erken dit is lekker as jy self beplan en werk maak daarvan.

Mooi dag.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Stefan764 »

Peet

Sit self waar jy is, maar die probleem is ek kry nie tyd om verder te vorder nie!! Ek het n Isuzu bakkie se agteras wat ek gebruik. En ek bou n bankie wat 2x passasiers vat so die ding moet nogals sterk wees. EK het eenmaal n Isuzu (my eie een) se diff/as gebreek maar dit was brannewyn en coke in potch se studentedae, nie jakkalsskiet nie  ;D ;D ;D

Ek gaan ook n Bench-Rest tipe tafeltjie voor my sitplek sit en kyk of dit lekker werk met my Bi-Pod en n sandsakkie. As dit nie werk nie gaan ek dan n klamp bou.

Hel ek moet blerrie werk maak van die ding. Ek KORT my stoel...

Groete
Stef
(PS - O ja nog n ding, die as is mooi skoongemaak so die Isuzu parte sal nie olie op my mooi Mazda  :angel: mors nie...)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
herley

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by herley »

Stefan

Ek het ook eers n stoel gehad wat ek n bank gehad het waarop die bipod was e glo my bou liewer n klamp want as die skoot afgaan al het jy n KD op sal die geweer nie op dieselfde plek bly nadat jy geskiet het. so my raad is bou maar van die begin af n klamp vir jou stoel.
Bradley
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Pvdw »

Hi almal.

Ek het so bietjie begin speel met 'n draaimeganisme vir my stoel. Het die agter as van 'n ou Jetta gekoop vir R350. Vir eers remme uitgehaal maar beplan om dit terug te sit later. Hier is die eerste foto's. Enige raad en komentaar is welkom. Dankie

Die as op die basis plaat

[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0135.jpg[/img]


Die drom op die as


[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0137.jpg[/img]


Stoel op die komleet meganisme.


[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... G_0140.jpg[/img]
Last edited by Pvdw on Sun Apr 17, 2011 3:08 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietstoel draai meganisme.

Post by Christo »

Peet,

lyk my jy's op die regte spoor. Daai planne sal almal werk wat ek daar sien.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply