Jag geleentheid Afrikaroo safaris Oos kaap

Post Reply
Jonie
Full Member
Full Member
Posts: 229
Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm

Jag geleentheid Afrikaroo safaris Oos kaap

Post by Jonie »

Manne

Ek het die volgende wil beskikbaar vir Julie en Augustus

Koedoe koeie R27 kg , vel aan hartslag in, pens uit , kop en pote af.
Bulle 42 duim en onder R27 Kg vel aan hartslag in , pens uit kop en pote af.
Bulle bo 42 tot 48 duim is R4500 en groter as 48duim is R6500.

Bosbokke ramme R2000
Vlakvarke 0nder 6 duim R500 en bo 6 duim R1500
Bosvarke R1500 , voorsit met lig oor bait.

Ek neem slegs 4 persone uit , alles is walk en stalk en voorsit en dis maklike veld om te loop , , kappaaie met ruie bos en dan bietjie savannah veld , daar is baie aangeplante weiding waar die koedoes in die oggend en middag wei. Manne sal partykeer 2 saamstap afhangend van omstandighede.

Dagfooie en oorslaap is R700 nag/ dag , dan afslag van wild vra ons gee asb n klein fooitjie aand die persoon.

Daar is geen ander kostes betrokke nie.

Alles in die huis word voorsien , jy bring net jou eie vleis en koeldrank. 2 sake hout per dag sal voorsien word.

Hierdie plaas is een van die min plase waar ek koedoes waarborg , daar is regtig baie en elke persoon sal met n per kg prys koedoe wegry indien bulle en koeie geskiet word.
Ons is minder as 100km vanaf Port Elizabeth gelee.

Kontak my 078 twee drie nul 4 vyf 73

Groete

Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
Post Reply